IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 GROOT KOMMER OMDAT WERKLOOSHEID TOENEEM IN SUID-KAAP

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000021142



Aantal posstukke : 121
Join date : 2010-02-13
Age : 37
Ligging : Mpumalanga

PosOnderwerp: GROOT KOMMER OMDAT WERKLOOSHEID TOENEEM IN SUID-KAAP   Fri Aug 13, 2010 7:51 am

Groot kommer omdat werkloosheid toeneem in Suid-Kaap
2010-08-13 00:31
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Die Burger op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Jackie Kruger

George

Byna 800 mense het aansoek gedoen om ’n enkele tiksterspos by ’n hospitaal in dié dorp.

Só het Die Burger gister verneem toe daar ondersoek ingestel is na die kommerwekkende werkloosheidsituasie in die Suid-Kaap.

Werkloosheid in die streek is besig om drasties toe te neem.

Tussen 20 en 50 mense klop daagliks by ’n werkverskaffingsagentskap in George aan, het me. Cathy Bailey, ’n werknemer van die onderneming, George Employment Consultants, gesê.

Die resessie het meegebring dat talle maatskappye in die Suid-Kaap hul deure gesluit of werknemers afgedank het, het sy bygevoeg.

“Bitter min personeel word tans gewerf en werksgeleenthede in die Suid-Kaap is so skaars soos hoendertande.

“Werkloosheid het ook ’n nadelige invloed op ’n werkverskaffingsagentskap. As daar nie werksgeleenthede is nie, het óns nie werk nie.”

In die Mosselbaai-omgewing sorg die Helpende Hand-tak van Solidariteit tans vir 68 wit gesinne, het me. Hettie van Jaarsveld, ondervoorsitter van die tak, gesê.

“Ons sukkel om werk vir die werkloses te kry en bekostigbare verblyf vir diegene wat wel ’n salaris verdien.

“Werkers aan kusgebiede verdien oor die algemeen laer salarisse as elders in die land. Veral enkelma’s leef swaar.”

Werkloosheid in die Suid-Kaap is tans op sy ergste, het mnr. Buyile Yalezo van die Men on the Side of the Road-projek in George gesê. Dié projek – wat in 1999 in Kaapstad ontstaan het – poog om werklose mans wat op straat sit en wag vir deeltydse werk toe te rus met vaardighede wat hulle kan help om meer permanente werk te kry.

Volgens Yalezo word hulle oorval deur mense wat desperaat is vir werk. “Baie mans het aan die begin van die jaar hul werk verloor. Die prentjie lyk regtig donker.”

Mnr. Andile Makhubu (24) het gesê hy het twee maande gelede van Kaapstad na George gekom om werk te soek.

“Dit is moeilik, want soms kry jy werk vir een dag, soms nie.

“Jy kan enigiets tussen R80 en R100 per dag verdien, maar jy gaan dikwels met leë hande terug huis toe.”

Volgens nog ’n werklose, mnr. Yalusa Lucango (27), word Xhosasprekende werksoekers soms weggejaag omdat hulle slegs Engels, pleks van Afrikaans, magtig is. Dit maak ons situasie baie moeilik.”

Volgens personeel by die George-munisipaliteit is daar die afgelope paar weke ’n merkbare toename in hoopvolles wat daagliks die kennisgewingbord by die munisipale kantore in Yorkstraat fynkam vir vakante poste.

’n Armoedeberaad het verlede jaar aan die lig gebring dat Eden, wat ’n groot deel van die Suid-Kaap beslaan, een van die armste streke in die Wes-Kaap is. In die Eden-streek is daar tans meer as 87 000 mense wat maatskaplike toelaes ontvang.

Daar was verlede jaar bykans 21 000 gesinne op die behuisingswaglys in George.


- Die Burger


e-pos artikel Druk artikel KRY DIE BURGER OP: Jou selfoon Jou Facebook-profiel
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
GROOT KOMMER OMDAT WERKLOOSHEID TOENEEM IN SUID-KAAP
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: