IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 OPERASIES GESTAAK BY HOSPITAAL

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000021142



Aantal posstukke : 121
Join date : 2010-02-13
Age : 37
Ligging : Mpumalanga

PosOnderwerp: OPERASIES GESTAAK BY HOSPITAAL   Thu Aug 12, 2010 7:23 pm

Operasies gestaak by hospitaal
2010-08-12 01:14
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Volksblad op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Marietjie Gericke



’n Kragprobleem by die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein waar die noodkrag van die kragopwekkingsmasjien nie aanskakel nie en gewone elektrisiteit ook van tyd tot tyd uitskop, het veroorsaak dat alle groot operasies die afgelope sowat twee maande uitgestel moes word.

Dit is ondanks ’n 11 jaar lange waglys by die departement ortopediese chirurgie wat op 1 495 pasiënte staan.

Een van die pasiënte wat teen groot koste al twee keer van Viljoenskroon na Bloemfontein laat kom is vir ’n heupvervangingsoperasie, moes onverrigtersake huiswaarts keer omdat die operasie telkens op die laaste nippertjie afgestel moes word. Sy is nie die enigste met wie dit gebeur het nie.


Gefrustreerde dokters moes ook al in die teater kleiner operasies noodgedwonge met koplampe en flitsligte voltooi omdat daar nie elektrisiteit was nie.

Hulle is ontsteld omdat dit glo teen die wet is om só te opereer en hulle die risiko loop van groot eise teen die Vrystaatse departement van gesondheid en teen hulself, sou iets verkeerd loop.

Een van die personeellede verduidelik: “Koplampe en flitsligte se lig is baie flouer as dié van normale elektrisiteit. ’n Dokter kan maklik toerusting in ’n pasiënt se liggaam vergeet óf nie ’n aar toemaak nie omdat hy dit nie sien nie. ’n Pasiënt sou hom op dié manier van binne kan doodbloei.”

Prof. J.A. Shipley, hoof van die departement ortopediese chirurgie, sê daar word hoofsaaklik heup-, knie- en kankerchirurgie by die Nasionale Hospitaal gedoen.

“Ons het in Junie agtergekom die noodkrag werk nie. Daar is toe reëlings getref dat die narkose-masjien noodkrag kry.” Dit is batterye in die teater.

“Maar kort-kort het die hoof-elektrisiteit ook begin uitskop. Ons het begin besef dit is nie veilig om só te opereer nie. Groot operasies is van toe af gekanselleer.

“Daar was ’n stadium wat ons weer vir so twee weke lank begin opereer het, maar die elektrisiteit het met tye afgegaan. Ons het gedink daar was noodkrag, maar daar was net noodkrag vir die narkose-masjiene.

“Ons was bang iets kan gebeur. Ons het ander planne begin maak deur dringende operasies by Pelonomi of Universitas te doen. Heup- en knievervangings kan ons egter net by die Nasionale Hospitaal doen omdat ’n mens ’n spesiale teater hiervoor nodig het. Ons doen vandag ’n beenkanker-operasie by Universitas.”

Op ’n vraag na die oorsaak, sê hy: “Die kragopwekker was stukkend. Hulle het dit probeer regmaak. Elke keer as die kragopwekker getoets word, veroorsaak dit dat die normale krag van die hospitaal uitgedoof word.”

Shipley sê hy het die saak met eerw. Moshi Musapelo, uitvoerende hoof van die Universitas-?Akademiese Hospitaal, bespreek aan wie hy ook ’n verslag gegee het. Musapelo het onderneem om die aangeleentheid dringend met dr. Sipho Kabane, hoof van die departement van gesondheid in die Vrystaat, te bespreek.

Shipley sê hy en sy departement se chirurge wil al die pasiënte verskoning vir die ongerief vra.)?Mnr. Jabu Mbalula, woordvoerder van die departement van gesondheid in die Vrystaat, sê dokters is deur die departement gevra om nie te opereer voordat die probleem met die kragopwekker opgelos is nie. Die kragopwekker is modern, maar het ’n tegniese probleem. Ongesteurde kragtoevoer is egter vir die hospitaal aangekoop wat gebruik moet word in tye van kragonderbrekings.

Die probleem met die kragopwekker behoort volgende Vrydag iets van die verlede te wees.


-
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
OPERASIES GESTAAK BY HOSPITAAL
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: