IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Optog ‘begin van oorlog’

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Optog ‘begin van oorlog’   Wed Aug 11, 2010 11:14 pm

2010-08-11 10:02
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Volksblad op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel

Stakende staatsdienswerkers aan die dans gister op ’n vergadering in Galeshewe in Kimberley. Foto: Hannatjie van der Merwe

Foto's · Lesersfoto’s · Volksblad in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's


Hannatjie van der Merwe
KIMBERLEY. – Die volle impak van die staatsdiensstaking kan die Noord-Kaap vandag tref wanneer volgens vakbondleiers duisende staatsdienswerkers aan ’n provinsiale optog in Kimberley deelneem en dienste verlam kan word.

Dié optog word as die begin van die “oorlog” teen die werkgewer beskou.

Frans Coetzee berig dit kan ’n groot invloed op gesondheidsdienste in die Noord-Kaap hê wanneer werkers in provinsiale hospitale saam met kollegas in die staatsdiens aan dié optog teen “armlastige besoldiging” deelneem. (Lees berig op bl. 4.)

Dié staking het reeds gister ’n groot invloed op onderwys in dié provinsie gehad toe onderwysers wat lede van die SAOU is, by die huis gebly het.

Dié optog is deel van die nasionale staking van staatsdienswerkers nadat vakbonde en die regering nie op ’n geskikte salarisverhoging kon ooreenkom nie.

Sowat 500 stakende werkers het gister ’n vergadering in die ontspanningsaal hier in Galeshewe bygewoon waar leiers van vakbonde wat by Cosatu geaffilieer is, dit duidelik gestel het dat die werkers “gatvol” is en oorlog teen die werkgewer verklaar het.

Buiten die vakbonde, het verteenwoordigers van die SAKP en die mynwerkersvakbond (NUM) ook boodskappe van ondersteuning gelewer.

Dit is duidelik gestel dat ’n besering vir een ’n besering vir almal is en dat staatsdienswerkers – “wit, bruin en pienk” – vandag aan dié optog deelneem om ’n versoekskrif by die kantoor van die Noord-Kaapse premier te oorhandig.

Mnr. Duma Lebakeng, provinsiale sekretaris van Samwu, het gesê as ’n beroep van Samwu op nasionale vlak gekry word dat dié vakbond vir ’n sekondêre staking aansoek moet doen, sal dit gedoen word. Lede sal hieroor ingelig word.

Sprekers het die aanbod om die maandelikse behuisingstoelae van R620 tot R630 te verhoog – terwyl werkers ’n toelae van R1 000 vra – as die “voertsek vir ’n shanty-toelae” beskryf. Die ander eise van die werkers is steeds dieselfde – ’n salarisverhoging van 8,6% terugwerkend tot 1 April en werkers moet dieselfde subsidie vir siekefondse ontvang.

Dit is onregverdig dat werkers wat dieselfde werk doen, verskillende mediese subsidies ontvang afhangende van die siekefondse waartoe hulle behoort.

Mnr. Anele Gxoyiya, provinsiale sekretaris van Cosatu, het gesê meer as 2 000 mense word vir vandag se optog verwag.
Hy het gesê elke dag word ryk mense ryker en arm mense armer.

Van die werkers word verwag om elke oggend ’n pak klere en ’n das werk toe te dra omdat hulle professioneel is, maar waar is die geld om dit te doen?

“Ons regering het met WB 2010 gewys hy het miljoene rande vir stadions, maar het nie geld om staatsdienswerkers te betaal nie.”

Hy het gesê staatsdienswerkers raak korrup en neem omkoopgeld dat tenders goedgekeur moet word, omdat hul salarisse nie voldoende is nie.

Ontevredenheid het gister bestaan oor vakbondlede wat nie aan die staking deelneem nie, maar dan voordeel trek as aan die stakers se eise voldoen word. ’n Bywoningsregister moet ontwikkel word vir almal wat aan die staking deelneem.

Intussen het mnr. Justice Bekebeke, Noord-Kaapse direkteur-generaal, in ’n verklaring gesê die Noord-Kaapse regering erken en respekteer die grondwetlike reg van georganiseerde arbeid om met industriële aksie te begin, maar dié regering vermaan werkers om nie dade van vandalisme op openbare en private eiendom te pleeg nie; nie in strate en ander openbare plekke te mors nie en hulle moenie kollegas intimideer wat nie aan die staking deelneem nie.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Optog ‘begin van oorlog’
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: