IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 COSATU STEL ULTIMATUM

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000021142



Aantal posstukke : 121
Join date : 2010-02-13
Age : 37
Ligging : Mpumalanga

PosOnderwerp: COSATU STEL ULTIMATUM   Wed Aug 11, 2010 7:52 am

Die Burger

Kaapstad - Cosatu dreig nou met ’n totale aanslag indien die regering nie teen môre met ’n beter aanbod vir staatsamptenare na die onderhandelingstafel toe kom nie.

Die eerste sarsie “waarskuwingskote” is Dinsdag afgevuur toe sowat 15?000 staatsamptenare in die Wes-Kaap, meestal geklee in rooi T-hemde, aan ’n vreedsame optog van twee uur in die Kaapstadse middestad deelgeneem het.

Optogte is ook in ander stede gehou.

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het die skare voor die parlement toegespreek en gewaarsku as ’n beter aanbod nie voorgelê word nie, gaan ’n volskaalse staking volg.

Vavi het boonop ’n hou na pres. Jacob Zuma gemik toe hy die president se salaris as ’n voorbeeld voorgehou het.

“Hy verdien meer as R2,2 miljoen (per jaar),” het hy aan die groep brommende stakers gesê.

“Hy het bloed soos ons. Hy het ’n familie, ’n groot familie. Hy het kinders soos ons wat moet eet. Ons sóék geld.

“Ons is nie apies nie. Ons eet nie peanuts nie. Hou julle 7%!”

Werkers eis onder meer ’n verhoging van 8,7%, ’n behuisingsubsidie van R1 000 en dat alle substantiewe vakante staatsdiensposte onmiddellik gevul word.

Die regering se aanbod op die tafel is ’n salarisverhoging van 7% met ’n behuisingsubsidie van R630
.
Die optog het in Keizersgracht begin. Stakers het met Adderley- en Pleinstraat tot voor die parlement geloop, waar ’n memorandum aan Kenny Govender, hoofonderhandelaar van die staat, oorhandig is.

Metro-verkeersbeamptes het verskeie strate vir verkeer afgesper, terwyl polisiebeamptes te voet saam met die golf van stakers tot voor die parlement se hekke gestap het.
Geen voorvalle is aangemeld nie. Nie een motor of vullisdrom is glo beskadig nie.

Organiseerders van die optog het aangevoer 98% van alle staatsamptenare het landwyd aan die staking deelgeneem.

By hospitale en ander openbare gesondheidsinstellings in die Wes-Kaap was daar teen omstreeks 14:00 slegs 329 van die totale werkmag van 27 000 afwesig, het me. Hélène Rossouw, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, gesê.

Mnr. Theuns Botha, Wes-Kaapse minister van gesondheid, het gesê: “Ons opnames dui daarop dat dienslewering nie geraak is nie. Een tandarts en 16 verpleegsters het aan die staking deelgeneem.

“Die res was administratiewe personeel en skoonmakers.”

Onderwys is egter kwaai geraak. Sowat 8 300 Wes-Kaapse onderwysers het aan die staking deelgeneem en duisende kinders het nie vir skool opgedaag nie.

Bronagh Casey, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het gesê 102 skole – sowat 7% – van reg oor die provinsie moes hul deure sluit nadat 26% van die provinsie se 31 808 onderwysers ook gestaak het.

Vavi is tydens sy toespraak luid toegejuig toe hy staatsamptenare se salarisse hardop uitgelees het.

Die minimum salaris van ’n polisiebeampte is R7 000 per maand, ’n tronkbewaarder s’n R6 750, ’n onderwyser met ’n driejaar-kwalifikasie verdien R9 271, ’n staatsaanklaer kry R9 700 en ’n landdros R15 700.

In skerp kontras hiermee verdien direkteur-generaals meer as R100 000 per maand en ministers R143 000.

“Hoe praat of slaap ons leiers met ’n skoon gewete?” wou Vavi weet.

Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van Cosatu, het gesê: “Gaan terug na die minister en sê ons klop nou net aan die deur om te praat, maar ná Donderdag gaan ons die deur afskop en julle kom uithaal.”

* Verslagspan: Rajaa Azzakani, Jana Breytenbach, Aldi Schoeman, Marelize Potgieter, Ilse Krige en Jackie Kruger.

Volg Nuus24 op Twitter




- Die Burger

Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: COSATU STEL ULTIMATUM   Wed Aug 11, 2010 9:27 pm

South Africa hit by massive public sector strikePlay in either Real OR Windows Media players
In South Africa more than a million workers are on strike today to demand higher wages and housing subsidies.

The protest will be seriously disruptive as public sector workers like teachers, nurses, immigration officers and customs officials are expected to take part in the action.

South Africa is no stranger to strikes and the unions have been threatening to take to the streets for weeks.

Dumisani Nkwamba speaks for the Public Service and Administration Ministry.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
COSATU STEL ULTIMATUM
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: