IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

  Krisis dreig as hospitale se personeel staak

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
kvb000021146



Aantal posstukke : 19
Join date : 2010-08-05
Ligging : Mpumalanga

PosOnderwerp: Krisis dreig as hospitale se personeel staak   Tue Aug 10, 2010 6:46 pm

n Krisis dreig vandag by staatshospitale in verskeie provinsies indien verpleegsters en hulppersoneel besluit om te staak.

Meer as 1,3 miljoen staatsdienswerkers begin vandag met ’n landwye staking, nadat die regering geweier het om toe te gee aan hul looneise.

Hoewel verpleegsters nie mag staak nie, omdat hul werk as ’n noodsaaklike vaardigheid geklassifiseer is, is daar sprake dat sommige van hulle wel vandag aan die landwye optogte sal deelneem en hulle dus nie vir werk sal aanmeld nie.

Mnr. Noel Desfontaines, hoofsekretaris van die Health and Other Services Personnel Trade Union of South Africa (Hospersa), sê die vakbond het hul lede aangeraai om nie aan die staking deel te neem nie.

Lede uit sommige provinsies het egter laat weet dat hulle nie op dié waarskuwing sal ag slaan nie, en wel sal staak.

Die provinsies is die Wes-Kaap, Gauteng, KwaZulu-Natal en Vrystaat.

Volgens Desfontaines verteenwoordig Hospersa ongeveer 9?000 lede in die Vrystaat. Die getal sluit nie lede van ander vakbonde, wat onder die vaandel van Cosatu is, in en dalk ook vandag sal staak nie.

Sou verpleegsters in die Vrystaat wel vandag begin staak, sal veral die Nasionale , Pelonomi- en Universitas-hospitaal in Bloemfontein erg geraak word. Klinieke regoor die provinsie sal ook nie sonder die werkers kan funksioneer nie.

Volksblad kon nie gister kommentaar van die departement van gesondheid kry oor watter maatreëls getref is indien die verpleegsters wel sou staak nie.

Lede van Cosatu en ander vakbonde wat by die Onafhanklike Arbeidskoukus (Independent labour caucus) geaffilieer is, beplan vandag massa-optogte in al die groot sentra landwyd.

Dit kom nadat hulle en die regering nie tot ’n vergelyk oor loonverhogings kon kom nie.

Die vakbonde het Vrydag die besluit geneem ná weke se onderhandelinge waarin die regering geweier het om in te stem tot ’n verhoging van 8,6% en ’n behuisingstoelae van R1?000 per maand.

Die regering het Donderdag sy finale aanbod van 7% – 0,5% meer as sy vorige aanbod – en ’n onveranderde behuisingstoelae van R630 ter tafel gelê. Al die vakbonde het die aanbod verwerp.

Vakbondlede in Bloemfontein begin vanoggend om 09:00 by die ou Ramskraal-gevangenis in Dr. Belcherweg na die Lebohang-gebou stap waar hulle ’n memorandum aan ’n verteenwoordiger van mnr. Richard Baloyi, minister van die staatsdiens en administrasie, sal oorhandig.

Ander groot optogte vind ook in Pretoria, Durban, Kaapstad en ander groot stede plaas.

Die memorandum beskryf die regering se aanbod as “onredelik”, veral as dit vergelyk word met verhogings wat ander staatsinstellings se werkers ontvang het.

Hulle noem spesifiek die verhogings van 10% tot 13% wat aan werkers van die Vereniging vir Plaaslike Owerhede (Salga) toegestaan is.

Luidens ’n verklaring wat deur die vakbonde uitgereik is, sal die regering 24 uur kans gegun word om aan hul eise te voldoen.

Hoewel die staking net vir vandag beplan is, sal die vakbonde later hul verdere planne bekend maak, afhangend van die regering se reaksie.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Krisis-dreig-as-hospitale-se-personeel-begin-staak-20100810

KVB Nuuskantoor
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Krisis dreig as hospitale se personeel staak
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: SA Nuus en Aktueel-
Spring na: