IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 N 40-DAG LIEFDESUITDAGING

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000021142



Aantal posstukke : 121
Join date : 2010-02-13
Age : 37
Ligging : Mpumalanga

PosOnderwerp: N 40-DAG LIEFDESUITDAGING   Tue Aug 10, 2010 9:53 am

DAG 1
Ef. 4:2
Alhoewel die liefde op verskillende wyses gekommunikeer word, weerspieel ins woorde die toestand van ons harte. Besluit vandag om geduldig te wees en om niks negatief vir jou geliefde te se nie. Indien die versoeking kom, bly by jou keuse en se niks. Dis altyd beter om stil te bly as om iets te se waaroor jy later gaan spyt wees.

DAG 2
Ef. 4:32
Jy word weereens uitgedag om geen negatiewe woord teenoor jou geliefde te spreek nie. Doen ook vandag ten minste een onverwagse daad van goedhartigheid vir jou maat.

DAG 3
Rom. 12:10
Wanneer jy jou tyd, energie of geld in iets bele, sal vir jou meer belangrik word, Dis nie maklik om vir iets om te gee as jy nie daarin bele nie. Moet steeds geen negatiewe opmerkings teenoor jou geliefde maak nie en koop vandag iets vir jou geliefde wat wys dat jy aan hom/haar gedink het.

DAG 4
Ps. 139:17-18
Kontak jou geliefde deur die loop van jou besige dag, slegs om te vra hoe dit gaan en of daar enige iets is wat jy vir hom of haar kan doen.

DAG 5
Spr. 27:14
Vra jou geliefde om vir jou drie dinge te noem wat hom/haar omtrend jou irriteer of ongemaklik laat voel. Doen dit sonder om aan te val of jouself te regverdig. Dit is slegs vanuit jou geliefde se perspektief.

DAG 6
Spr. 16:32
Kies vandag om tydens enige moeilike situasie in liefde te reageer in plaas van om geirriteerd te raak. Begin deur n lys te maak van areas waar jy jou skedule moet inperk. Stel dan n lys op van enige verkeerde motiewe wat jy uit jou lewe moet verwyder.

DAG 7
1 Kor. 13:7
Neem twee velle papier. Skryf op die een papier n lys van positiewe eienskappe van jou maat en op die ander n lys van negatiewe eienskappe. Bere die lysie op n geheime plek vir n ander dag. Kies dan deur die dag een goeie eienskap van die eerste lys en bedank jou geliefde vir hierdie goeie eienskap van hom/haar.

DAG 8
Hoog. 8:6
Raak vasbeslote om jou geliefde se grootste aanhanger te wees en weerstaan enige gedagtes van jaloesie. Om jou te help om jou hart op jou geliefde te rig en op sy/haar suksesse te fokus, neem gister se negatiewe lys en verbrand dit. Vertel dan jou geliefde hoe bly jy is oor n sukses of oorwinning wat hy/sy die afgelope tyd behaal het.

DAG 9
1 Pet. 5:14
Dink aan n spesiale manier hoe jy jou geliefde vandag gaan groet. Doen dit met n glimlag en entoesiasme. Besluit dan om die manier waarop jy jou maat groet, te verander om daardeur vir hom/haar jou liefde te wys.

DAG 10
Rom 5:8
Doen vandag iets buitengewoon vir jou geliefde, om daardeur vir hom/haar te wys dat jou liefde gebasseer is op n keuse en nie op gevoel nie. Was haar kar, maak die kombuis skoon, koop sy/haar gunsteling nagereg, of vou die wasgoed op. Betoon jou liefde aan jou lewensmaat bloot om te wys dat jy hom/haar waardeer.

DAG 11
Ef. 5:28
Het jou geliefde vandag enige behoefte waarin jy kan voorsien? Kan jy vir hom/haar n guns doen, n rug- of voetmassering gee of met werk in die huis help? Wat ookal jy doen, doen dit met n glimlag en n gesindheid wat wys dat jou maat vir jou kosbaar is.

DAG 12
Fil. 2:4
Bewys jou liefde aan jou maat deur doelbewus te kies om die minste te wees in n area waar julle van mekaar verskil. Se aan jou geliefde dat jy sy/haar voorkeur wil eerste plaas.

DAG 13
Mark. 3:25
Praat met jou geliefde oor gesonde reels t.o.v. konflikhantering. Indien hy/sy nog nie daarvoor gereed is nie, skryf n paar reels vir jouself neer en kom die reels na wanneer n konfliksituasie weer opduik.

DAG 14
Pred. 9:9
Vermy doelbewus n aktiwiteit wat jy gewoonlik doen om kwaliteit tyd met jou geliefde te spandeer. Doen iets wat hy/sy graag sou wou doen. Die belangrikste is om by mekaar te wees.

DAG 15
1 Pet. 3:7
Kies n manier om eer en respek aan jou geliefde te toon wat nie deel van jou gewone roetine is nie. Dit mag wees om die deur vir haar oop te hou, sy klerekas reg te pak, of selfs net die wyse waarop jy luister of praat terwyl julle kommunkeer. Wys vir jou geliefde dat jy agting en waardering vir hom/haar het.

DAG 16
3 Joh. 2
Begin vandag om vir jou geliefde se hart te bid. Bid dan vir drie spesifieke areas in jou maat se lewe of in julle huwelik waar jy die Here vertrou om te werk.

DAG 17
Spr. 17:9
Wees vasbeslote om jou geliefde se geheime te bewaar en daaroor te bid (tensy dit vir een van julle potensieel gevaarlik is). Praat met jou geliefde en neem jou voor om jou hom/haar ten spyte van hierdie dinge lief te he. Luister aandagtig na jou maar wanneer hy/sy persoonlike uitdagings op gedagtes met jou deel en laat jou maat veilig voel.

DAG 18
Spr. 3:13
Berei n spesiale ete voor, net vir julle twee. Dit kan enigiets wees wat julle geniet. Fokus in hierdie tyd daarop om jou geliefde beter te leer ken, dalk in areas waaroor julle selde praat. Besluit om dit n genotvolle aand vir jou en jou geliefde te maak.

DAG 19
1 Joh. 4:7
Kyk terug na die uitdagings van die vorige dae. Was daar sommige wat wat vir jou onmoontlik gelyk het? Besef jy hoe nodig jy die Here het om jou hart te verander en jou in staat te stel om jou maat lief te he? Vra die Here om jou te wys waar jy met Hom staan en vra Hom vir die krag en genade om jou ewige bestemming in Hom te vestig.

DAG 20
Rom 5:6
Waag om God op Sy Woord te neem en om Jesus Christus vir verlossing te vertrou. Waag om te bid: "Here Jesus, ek is n sondaar. Maar U het U liefde aan my bewys deur vir my te sterf om my sonde te vergewe. U het U krag bewys deur my te red van die dood deur U opstanding. Here, verander my hart en red my deur U genade."

DAG 21
Jes 58:11
Maak vandag tyd om jou Bybel te lees en te bid. Probeer om elke dag n hoofstuk uit Spreuke te lees (daar is 31 - een vir elke dag van die maand.)Of lees n hoofstuk uit die Evangelies ( Matteus, Markus, Lukas en Johannes). Soos wat jy die Woord lees, verdiep jouself in God se liefde en beloftes oor jou lewe. Dit sal bydra tot jou groei soos wat jy met Hom wandel.

DAG 22
Hosea 2:20
Liefde is n keuse en nie n gevoel nie. Dit is n doelbewuste aksie, nie n gedwonge aksie nie. Kies vandag om jou maat getrou lief te he, al het hy/sy belang verloor om liefde te ontvang. Se vandag vir jou maat:"Ek het jou lief. Ek kies om jou lief te he/ selfs al ontvang ek nie liefde terug nie."

DAG 23
1 Kor 13:7
Verwyder enige iets wat jul verhouding belemmer, enige verslawing of invloed wat jou liefde vir jou maat steel en jou hart van jou geliefde af wegdraai.

DAG 24
1 Joh 2:17
Identifiseer enige voorwerp van wellus in jou lewe en verwyder dit nou! Identifiseer elke leuen wat jy aanvaar het terwyl jy verbode plesier nagejaag het, en verwerp dit! Wellus kan nie in die `agterste slaapkamer` toegelaat word nie - dit moet vandag nog vernietig word en vervang word met God se beloftes en n hart gevul met sy perfekte liefde.

DAG 25
2 Kor 2:10
As daar enigiets is waarvoor jy jou maat nog nie vergewe het nie, vergewe hom/haar vandag! Laat dit gaan! Net soos wat ons Jesus elke dag vra om ons "skulde te vergewe", moet ons Hom ook elke dag vra om ons te help om "ons skuldenaars te vergewe". Onvergifnis het jou en jou maat vir te lank gevange gehou. Se uit jou hart:"Ek kies om te vergewe".

DAG 26
Rom 2:1
Neem tyd om die areas waarin jy oortree het, deur te bid. Vra God vir vergifnis en verneder jouself deur dit aan jou geliefde te bely. Doen dit opreg en eerlik, en vra jou geliefde ook om vergifnis. Selfs al reageer hy/sy met kritiek, ontvang dit as inspraak.

DAG 27
Ps 25:20
Verwyder die `gif` van onrealistiese verwagrings in jou huis. Dink aan een area waarin jy n onrealistiese verwagting teenoor jou geliefde het en vra hom/haar om verskoning daarvoorl Belowe jou maat dat jy sal probeer verstaan en verseker jou maat van jou onvoorwaardelike liefde vir hom/haar.

DAG 28
1 Joh 3:16
Wat is op die oomblik een van die grootste behoeftes in jou geliefde se lewe? Is daar n las wat jy vandag van sy/haar skouers kan aflig deur n daad van opoffering van jou kant af? Of jou maat se behoefte groot of klein is, doen alles in jou vermoe om daarin te voorsien.

DAG 29
Ef 6:7
Voordat jy weer vandag jou geliefde sien, bid dat elkeen van sy/haar hartsbegeertes in vervulling kom. Of dit vir jou maklik is of nie, se: "Ek het jou lief", en bewys dit dan op n tasbare wyse. Bid weer en dank die Here dat Hy jou die voorreg gegee het om hierdie een, spesiale persoon onvoorwaardelik lief te he - soos wat Hy jul albei liefhet.

DAG 30
Joh 17:11
Identifiseer een area van verdeeldheid in julle huwelik, en beskou vandag as n nuwe geleentheid om daaroor te bid. Vra die Here om enigiets in jou eie hart te openbaar wat die eenheid met jou huweliksmaat bedreig. Bid ook dat Hy dieselfde vir jou maat sal doen. Indien dit vanpas is, bespreek die saak openlik, terwyl jy God vir eenheid tussen julle vertrou.

DAG 31
Gen 2:24
Is daar n area waarin jy nog nie jou ouers "verlaat" en jou maat "aangekleef" het nie? Bely dit vandag teenoor jou maat en besluit om dit reg te stel. Die eenheid in jul huwelik hang daarvan af. Maak dan n verbintenis teenoor jou maat en die Here om jou huwelik die eerste prioriteit bo alle ander verhoudings te maak.

DAG 32
1 Kor 7:3
Indien moontlik, probeer vandag om seksuele intimiteit met jou geliefde te inisieer. Doen dit op so n manier dat jy jou geliefde se seksuele behoeftes eer. Vra die Here om dit vir julle albei genotvol te maak sodat julle in intimiteit sal groei.

DAG 33
Pred 4:11
Erken dat jou geliefde n integrale deel van jou toekomstige sukses uitmaak. Se vandag vir jou maat dat dit jy begeer om hom/haar in al jou toekomstige besluite in te sluit en dat jy sy/haar raad en inspraak benodig. Indien jy jou maat se inspraak in die verlede geignoreer het, erken dit en vra jou maat om jou te vergewe.

DAG 34
1 Kor 13:6
Dink aan n spesifieke, onlangse voorbeeld waar jou geliefde se gedrag Christelike karakter weerspieel het. Onthou om jou maat vandag daaroor te prys.

DAG 35
Spr 5:22
Kry n huweliksmentor - iemand wat n sterk Christen is en eerlik en liefdevol teenoor jou sal wees. Indien jy voel dat berading nodig is, neem die eerste stap en maak n afspraak. Vra die Here gedurende hierdie proses om jou in jou keuse en onderskeiding te lei.

DAG 36
Ps 119:104
Verbind jouself daartoe om elke dag jou Bybel te lees. Kry n boek of ander hulpmiddel met dagstukkies, wat jou sal riglyne gee tydens jou stiltetyd. Indien jou geliefde bereid is, verbind julself daartoe om daagliks saam Bybel te lees. Onderwerp elke area van jou lewe aan die onderwysing van die Woord en begin om op die Rots te bou.

DAG 37
Matt 18:19
Vra jou geliefde of julle saam kan begin bid. Bespreek watter tyd julle die beste sal pas, of dit soggens, oor middagete of voor slaaptyd is. Gebruik hierdie tyd om jul verskille, bekommernisse en behoeftes aan die Here toe te vertrou. Onthou om Hom te dank vir sy voorsiening en seen. Selfs as jou maat weier, besluit om self hierdie daaglikse stiltetyd te hou.

DAG 38
Ps 37:4
Vra jouself af wat jou geliefde sou wou he - indien dit bekombaar is. Dra dit aan die Here op in gebed en begin om n plan saam te stel om, om sover dit moontlik is, in jou maat se behoeftes te voorsien.

DAG 39
1 Kor 13:8
Spandeer tyd in persoonlike gebed en skryf dan n brief van verbintenis aan jou huweliksmaat. Skryf waarom jy jouself tot die dood toe aan julle huwelik verbind en dat jy jou voorneem om jou maat lief te he, al gebeur wat in die lewe. Los die brief op n plek waar jou geliefde dit sal kry.

DAG 40
Rut 1:16
Skryf n hernude verklaaring van jou geloftes en plaas dit op n veilige plek in jou huis. Miskien kan jy selfs reelings tref om jou huweliksgeloftes voor n pastoor (en met familie teenwoordig) te bevestig. Maak dit n lewende getuienis van die waarde van die huwelik in God se oe en die spesiale eer om een te wees met jou maat.

Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
N 40-DAG LIEFDESUITDAGING
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: