IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Ek het R30,’ sê 7-jarige vir aanvaller

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Ek het R30,’ sê 7-jarige vir aanvaller   Sun Aug 08, 2010 10:58 pm


2010-08-08 22:17
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Hilda Fourie
’n Pretoriase ma het kort voordat sy verkrag en met ’n tuinvurk aangerand is, vir haar sewejarige seuntjie gesê om sy baba-worshond styf vas te hou en ’n kombers oor sy kop te trek.

Die seuntjie het die aanvallers R30 uit sy beursie aangebied toe hulle geld geëis het.

Meer as twee weke ná dié aanval in The Orchards, in die noorde van Pretoria, het die polisie nog nie die ma (35) besoek of ’n verklaring by haar afgeneem nie.

Die vrou is deur haar verkragter ontvoer en het vermoedelik uit die bewegende voertuig gespring.

Sy kan dit nie onthou nie, maar is langs die pad gevind met ’n gebreekte regterarm en -been en ’n gebreekte kakebeen.

Sedert die voorval was niemand van die Akasia-polisiekantoor nog by haar om ’n verklaring af te neem nie.

Die ondersoekbeampte, ’n manlike konstabel, beantwoord nie haar familie se oproepe nie.

Haar skoonsuster, ’n polisiebeampte, het toestemming by die polisie gekry om haar verklaring af te neem.

Dié is meer as ’n week later nog nie by hulle afgehaal nie.

Lt.kol. Eugene Opperman, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die saak word op “hoë vlak” ondersoek nadat hy dit onder die provinsiale speurhoof se aandag gebring het.

Dié ma, wat volgens wet nie geïdentifiseer mag word nie, het vroegoggend wakker geword toe ’n man met ’n tuinvurk in die hand haar kamerlig aangeskakel het.

Haar seuntjie, wat langs haar gelê het, het ook wakker geword.

“Ek het yskoud geword. Hy het gesê ek moet na hom toe kom en het my uit die bed geruk.

Ek het vir my seuntjie gesê om sy baba-worshondjie, Kassie, styf vas te hou en die kombers oor sy kop te trek.”

Die aanvaller het haar met die tuinvurk oor die kop geslaan en geld geëis.

Die seuntjie het vir die aanvaller gesê het hy het R30 in sy beursie wat in die kombuis is.

Die aanvaller het haar op die plaveisel by die swembad verkrag.

“Terwyl hy my verkrag het, het ek hardop gebid: ‘Here, vergewe hom, want hy weet nie wat hy doen nie.’

Hy het heeltyd ‘shut up, shut up’ geskree.”

Die rower het haar seun se R30 en haar bankkaart geneem, haar in haar motor gedwing en gery.

In ’n stadium het sy ligte gesien en begin skree, waarna hy haar weer oor die kop geslaan het.

“Ek kan nie onthou wat toe gebeur het nie. Al wat ek weet, is dat ek die grond gevoel het. Toe is ek weg.

“God was goed vir my. Hy het my lewe gered,” het sy gesê.

“Dis vir my ’n wonderwerk om te lewe. Ek kry wonderlike ondersteuning van mense wat omgee. Wat van daardie arme vroue wat dit nie het nie?”

Pretoria se vroue loop deur

Mev. Riana Schoeman (35) is Donderdag voor haar twee seuns, Martin (6) en Johan (4), op ’n kleinhoewe in Brandbach, buite Cullinan, doodgeskiet.

Me. Thifhelimbilu Mashau (28) en haar twee dogters, Adivhaho (3) en Avheani (8 maande), is twee weke gelede in hul huis in Theresapark in die noorde van Pretoria vermoor.

Me. Elrene Jones (40) is op 11 Junie tydens ’n rooftog in Willowbray in die ooste van Pretoria twee keer raakgeskiet. Mnr. Rudolph Terblanche (47), haar lewensmaat, is weens ’n skietwond verlam terwyl mnr. Gerhard van Jaarsveld (48), hul vriend, doodgeskiet is.

Me. Madeleine Kleinhaus (21) is op 9 Junie in die arm en die been geskiet toe haar pa in Centurion stilgehou het by ’n man wat tafels verkoop.

Mev. Barbara Eagar (74) en haar man, kol. (afg.) Thys Eagar (78), is aangerand, geskop en met messe gesteek tydens ’n rooftog by hul huis in Wierdapark, Centurion, op 5 Junie.

Mev. Suna Steenberg (45) is steeds in ’n koma nadat sy op 16 April in Kameelfontein, noordoos van Pretoria, in die kop geskiet is.

Mev. Wilna Prinsloo (71) en haar seun, Ben (45), is op 25 Maart deur aanvallers in hul huis in Boschkop in die ooste van Pretoria aangerand.

Mev. Suzie Venter (83) is verwurg en haar man, Theunis, (85) doodgeslaan tydens ’n rooftog by hul huis in Mayville, Pretoria, op 11 Februarie.

Mev. Hettie Brittz, vrou van die gospelsanger Louis Brittz, is op 8?Februarie in haar huis in ’n veiligheidskompleks in Centurion verkrag.

Mev. Elsa Blignaut (83) is op 25 Januarie dood in haar bed in haar huis in Nieuw-Muckleneuk gevind nadat sy met haar nagklere verwurg is.

Me. Ria van den Bergh (65) is op 13 Januarie in haar huis in Hermanstad in die weste van Pretoria doodgeslaan.

Mev. Kitty Botha (83) is op 8 Januarie in Lyttelton, Centurion, oorval, vasgebind, gewurg en doodgeslaan en toe is haar huis aan die brand gesteek.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Ek het R30,’ sê 7-jarige vir aanvaller
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Aanval op ons mense / Attack on our people-
Spring na: