IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Truman: Is dit die einde?

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Truman: Is dit die einde?   Sun Aug 08, 2010 10:39 pm


2010-08-07 17:20
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Rapport op
Jou selfoon

Die flambojante mnr. Truman Prince. I Foto: Peter Abrahams/son

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's


Julian Jansen
Die politieke toekoms van Truman Prince, die selfaangestelde kroonprins van Beaufort-Wes, hang aan ’n baie dun draadjie.

Die omstrede burgemeester van die Sentraal Karoo-distriksmunisipaliteit word deur ’n klag van dronkbestuur in die gesig gestaar. Meer nog is dat die klein streeksparty waarvan hy lid is hom wil uitskop.

Die “nasionale” uitvoerende komitee van die Independent Civic Organisation of SA (Icosa), ’n party wat net in ’n paar dorpe in die Klein-Karoo steun het, ontmoet vanmiddag in Mosselbaai. Volgens die partyleier, Jeffrey Donson, gaan hulle koppe stamp oor “meer as net brood-en- brood-issues­”.

Luidens sommige berigte gaan die feit dat Prince nagelaat het om sy R2-partylidmaatskapsgeld vir die jaar te betaal gebruik word om hom te skors.

Hy is ook verlede naweek op Laingsburg aangekeer nadat hy na bewering dronk en onverskillig deur die dorp gejaag het. Hy is op borgtog van R2 000 vrygelaat en moet in Desember weer in die hof verskyn.

Slaag Icosa daarin om Prince van sy partylidmaatskap te stroop is Prince in die politieke wildernis. Volgens die kiesstel behoort sy setel op die distriksraad aan die party en nie aan hom as kandidaat nie.

Hy sal dus die posisie (en sy salaris van R70 000 per maand) kwyt wees en Icosa sal ’n ander lid in sy plek kan aanstel.
Vrydag tydens ’n onderhoud met KaapRapport wou Prince egter nie besgee dat sy politieke opsies besig is om min te raak nie.

“Die einde van Truman Prince? Nooit! At every setback, I take a step back. God is planning my comeback.”

En sy comeback, so reken hy, lê waarskynlik by die ANC – die einste party wat hom in Januarie 2006 geskors het nadat hy vir die soveelste keer vir die verkeerde redes in die nuus was.

“My roots lê by die ANC. Daar is ek gebou, om rigorous , radical en robust in debatte te wees.”

Hy sê noudat die OD in die DA opgaan, “soek die Coloureds ’n politieke tuiste”. “Die Kleurling se politieke toekoms lê nie by die DA nie, maar voordat ek na ’n ander party sal oorstap, sal ek eers met my mense konsulteer.

“ ’n Sterk politieke voertuig is noodsaaklik. As ons lede dan nie met die ANC se BMW wil ry nie, moet ons ’n soortgelyke motor bou.”

Of die ANC egter weer kans sien vir die onvoorspelbare “prins van varke”, soos die poniekoerante hom gedoop het, is ’n ope vraag.

Toe die ANC hom destyds uitgeskop het, het verskeie ANC-grootkoppe in die Wes-Kaap hulle sterk uitgespreek teen sy geskiktheid om enige openbare amp te beklee.

Die party se provinsiale sekretaris, mnr. Mcebisi Skwatsha, het gesê Prince hoort tot die “politieke geskiedenis se vullisblik” en dat hy hopelik daar sal bly.

“Geen regering by sy volle verstand, op watter vlak ook al, kan mense se lewens en belastingbetalersgeld in die hande van ’n persoon soos Prince plaas nie.”
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Truman: Is dit die einde?
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: