IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Oor 41 jaar soek jy ver na 1 Afrikaanse op skool

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Oor 41 jaar soek jy ver na 1 Afrikaanse op skool   Sun Jul 25, 2010 10:18 pm


2010-07-24 14:40
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Rapport op
Jou selfoon


Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's


Christo van der Rheede

Volgens Unesco is daar sowat 6 802 tale in die wêreld, waarvan 2 058 (30%) in Afrika voorkom. Baie van hierdie tale, insluitende Afrikaans, gaan egter ’n onsekere toekoms binne en kenners meen dat tot 90% binne die volgende 100 jaar gaan uitsterf.

Ten einde dit te voorkom, is talle instellings en organisasies besig met velerlei projekte om die toekoms van hierdie tale te verseker. Dit behels die bevordering van die tale as onderrigmedium in die onderwys, die kulturele sektor en die kommersialisering daarvan deur middel van die elektroniese en gedrukte media en verwante bedrywe.

Wat Afrikaans betref, is daar sterk kommersiële entiteite, universiteite en die lede-organisasies van die Afrikaanse Taalraad wat meehelp om Afrikaans se posisie in die samelewing te beskerm, handhaaf en bevorder.

Is dit egter genoeg om Afrikaans en ons ander inheemse tale se toekoms te verseker?






Volgens die jongste statistieke van die nasionale onderwysdepartement was daar in 2008 altesame sowat 12 043 595 leerlinge in Suid-Afrikaanse staatskole. Sowat 1 156 826, of 9,6%, van die leerlinge was Afrikaanssprekend, waarvan die meerderheid, of sowat 491 576, in Wes-Kaapse skole was, gevolg deur Gauteng, wat oor 286 430 Afrikaanse leerlinge beskik.

Die getal Afrikaans-moedertaalsprekers het egter vanaf 2007 tot 2008 met 2,4% gedaal. Dis ’n aansienlike afname in leerlingtal wat kan beteken dat, sou die tendens voortduur, daar oor 41 jaar geen Afrikaans-moedertaalsprekers in ons staatskole teenwoordig sal wees nie.

Die “goeie nuus” is egter dat Afrikaans in 2008 ook die voorkeuronderrigtaal van 11% van leerlinge was. Dit wil sê 191 871 nie-Afrikaans-moedertaalsprekers het ook verkies om in Afrikaans onderrig te word. Hierdie getal het egter met 56 638 leerlinge tussen 2007 en 2008 gedaal.

Dit verteenwoordig ’n daling van 4,2% en, sou die tendens voortduur, kan dit beteken dat Afrikaans se status as voorkeuronderrigtaal oor 23 jaar uitgedien sal wees.

Van die faktore waaraan hierdie dalings toegeskryf word, is ’n afname in geboortesyfer, ouers wat verkies om hul kinders by private skole in te skryf, emigrasie, siektes soos MIV en vigs en die toenemende voorkeur vir onderrig in Engels deur ouers en leerlinge self.

Ons sien dit ook in die statistieke van die onderwysdepartement. Engels was die moedertaal van slegs 801?391, of 6,6%, leerlinge in 2008, maar vir 65,9% van leerlinge was dit die onderrigtaal.

Die geweldige voorkeur vir Engels as onderrigtaal plaas dus inheemse tale soos Zoeloe, Xhosa en Afrikaans se status as onderrigtale voortdurend onder geweldige druk. Uit die 3 053 434, of 25%, van Zoeloe-moedertaalsprekers in openbare skole het slegs 931 244, of 7,7%, in Zoeloe onderrig ontvang. En uit die 20% Xhosa­sprekendes in die skoolstelsel het slegs 5,4% in Xhosa onderrig ontvang. Onderrig in moedertale in Suid-Afrikaanse skole voer dus ’n opdraande stryd, wat nié die geval behoort te wees nie.






Wat word tans gedoen om die agteruitgang van Afrikaans se status as voorkeur-onderrigtaal teen te werk?

Talle rolspelers in die hoëronderwys-, private en nie-regeringsektor stuur jaarliks ’n wye verskeidenheid opvoedkundige en vaardigheidsontwikkelingsprojekte van stapel. Dit het ten doel om jong mense voor te berei vir verdere opleiding aan die een of ander hoëronderwys-instelling en ook om geldelike selfstandigheid en welvaartskepping aan te moedig. Daar word ook heelwat kulturele projekte in elke provinsie aangepak om Afrikaanse drama, musiek, skryfkuns en ander genres te bevorder. Ook bied die verskeie kultuurfeeste ’n sterk ekonomiese basis vir die handhawing en bevordering van Afrikaans.

Help hierdie projekte egter mee om Afrikaans se gesogtheid as voorkeur-onderrigtaal te bevorder? En vind ons dat meer en meer Afrikaanse moedertaal- sowel as tweedetaalsprekers wel Afrikaans as onderrigtaal bo Engels begin verkies?

Ja, sou van ons wat daarby betrokke is, toegee. Die statistieke bewys egter die teendeel. Ons slaag nie daarin om Afrikaans se gesogtheid te bevorder nie en die redes hiervoor het onder andere te doen met die wyse waarop ons Afrikaanse projekte aanpak, die hoë uitvalkoers op skoolvlak en toeganklikheid van Afrikaanse hoëronderwysinstellings.






Wat die aard en omvang van Afrikaanse projekte betref, bereik baie van die projekte nie alle Afrikaanse gemeenskappe nie, veral nie die arm “bruin” lande­like gebiede nie.

Dit is hoofsaaklik gekonsentreer in groot dorpe en stedelike gebiede waar dit ook nie noodwendig vir almal toeganklik is nie omdat dit soms op ’n sterk klasse- en etniese grondslag bedryf word. Duisende Afrikaanssprekendes bly dus vreemdelinge vir mekaar en hoewel hulle Afrikaans met mekaar praat, het veral bruin mense weinig of selfs geen belang by die behoud en bevordering van Afrikaans as voorkeur-onderrigtaal nie.

Ook ondermyn die hoë uitval-koers van veral arm bruin Afrikaanssprekende jeugdiges op skoolvlak die handhawing van Afrikaans as voorkeur-onderrigtaal.

Volgens die nasionale onderwysdepartement se statistieke het 29% van hierdie jong mense van die ouderdomme van 16 tot 18 reeds die skool op ’n vroeë ouderdom verlaat.

Op plase en in landelike gebiede word die uitvalkoers selfs op 48% geskat. Hierdie leerlinge kan tereg as ’n “verlore” generasie beskou word, want nie net kom hulle die akademiese begronding kort om suksesvol verder te studeer nie, hulle het ook nie die nodige vaardighede om suksesvol tot die arbeidsmark toe te tree nie.






Van hulle wat wel hul skoolloopbane voltooi, sukkel om toegang tot veral Afrikaanse tersiêre inrigtings te verkry, want toelatingsvereistes en studiegelde van dié instellings is hoog. Én terwyl daar ’n groot gewag gemaak word van hierdie potensiële studente om transformasie deur Afrikaans te help bewerkstellig, besit hulle nie die geldelike vermoë om verder te studeer nie en kry slegs ’n handjievol beurse by die staat óf die private sektor.

Volgens die nasionale staatsbeursskema is 15 954 beurse in die Wes-Kaap in 2009 beskikbaar gestel. Altesame 11 079, of 69%, van dié beurse is aan swart studente toegeken; 3 613 beurse, of 22,6%, is aan bruin studente en 1 059, of 6%, is aan wit studente toegeken.

Die impak hiervan is verreikend. Groot getalle potensiële Afrikaanse universiteitskandidate sal nooit die voorreg hê om verder aan een van twee oorblywende Afrikaanse kampusse in die Wes-Kaap te studeer nie. En dit hou beslis implikasies in vir Afrikaans se status as voorkeur-onderrigtaal op skool- en tersiêre vlak.

Al hoe meer ouers gaan aandring op Engels as onderrigtaal, juis omdat Afrikaans steeds gesien word as ’n taal van uitsluiting en wat dus vir hul kinders geen toekoms op opvoedkundige, ekonomiese en kulturele terrein bied nie.






Waar lê die oplossing dus?

Eerstens moet ons as Afrikaanssprekendes mekaar in die oë kyk en erken dat die soort gefragmenteerde bemagtigingsaksies in Afrikaans waarmee ons almal besig is nie die knoop gaan deurhak nie.

Tweedens moet ons besef dat transformasie deur Afrikaans wat nie hand aan hand gaan met die skepping van gelyke geleenthede nie, net die elite tot voordeel strek.

Derdens moet ons begin saamwerk om ’n omvattende rekonstruksie-en-ontwikkelingsplan te konseptualiseer wat die skepping van gelyke opvoedkundige, ekonomiese, kulturele en sosiale geleenthede deur middel van Afrikaans ten doel het.

Vierdens moet so ’n plan deur omvangryke finansiering gerugsteun word en deur kundige mense geïmplementeer en gemoniteer word.

En laastens: Kom ons plaas Afrikaans in diens van Afrika deur baie nouer saam te werk met ander inheemse tale. ’n Voorbeeld van sulke samewerking is die stigting van die XhosAfrika-netwerk, wat onlangs onder leiding van Pansalb die lig gesien het in die Wes-Kaap. Dit het ten doel om geïntegreerde Xhosa- en Afrikaanse projekte van stapel te stuur en die twee tale in die Wes-Kaap saam-saam te bevorder.

So help ons mee om Afrikaans en ook ons ander inheemse tale van ondergang te red.

* Christo van der Rheede is uitvoerende hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans.


- Rapport
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Oor 41 jaar soek jy ver na 1 Afrikaanse op skool
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kuns en Kultuur-
Spring na: