IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 HOE OM BY 'N VOLKSTAAT UIT TE KOM

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: HOE OM BY 'N VOLKSTAAT UIT TE KOM   Sat Jul 24, 2010 11:00 am

Om by ‘n volkstaat uit te kom



Baie Afrikaners praat lukraak van ‘n volkstaat, so asof mens ‘n kleinhoewe gaan koop na waar jy van die werklikhede van die nuwe Suid-Afrika kan ontsnap.

Ons is almal bewus van die wrede werklikhede.

Maar hoeveel van ons weet wat die werklikhede vir die verkryging van ‘n Volkstaat is?

Gedurende die apartheidsjare was dit ‘n relatief maklike opsie vanuit ‘n magspolitieke oogpunt gesien. ‘n Tuisland was vir vir alle etniese groepe geskep, behalwe vir Afrikaners. Laasgenoemde kon net nooit binne die politieke tydsgees van destyds verwerklik word nie.

Tydens die laaste twintig jaar van die Nasionale Party se bewind was die etniese Afrikaner gedeelte van die blanke bevolking as die opposisie beskou. Hul idees van ‘n Afrikanertuisland was toe as ‘n naïewe politieke foefie bestempel. Die HNP het bonop beweer dat hulle nie bereid sou wees om een vierkante duim van Suid Afrika prys te gee nie, wat nog van die oorgrote deel van die land aan die swartes oordra.

Polities was dit derhalwe net nie haalbaar nie.

Prakties sou ‘n Afrikanervolkstaat egter net so maklik opgerig kon word as die swart tuislande, mits dieselfde politieke wil daarvoor bestaan het.

Ek wil nie weer daarvan beskuldig word dat ek die volkstaat idee afskiet nie, maar voel tog geroepe om die werklikhede weer onder lesers se aandag te bring.

Volgens my siening, wat gebaseer is op die VSR se ondersoeke, is daar basies vier streke waar Afrikaners ‘n eie hartland of polities outonome gebiede sal kan uitkerf, naamlik:

die Pretoria Oos, Centurion, Pretoria Noord gebied wat Kleinfontein insluit en tot naby Witbank kan strek. Vanweë die omliggende gebiede se swart inwoners se afhanklikheid van Afrikaners se belastings sal dit polities onwaarskynlik wees. Nogtans sou daar hoogstens tot op derde vlak regeringstatus gevorder kon word, maar met sekere addisionele magte t,o.v onderwys, polisiëring en gesondheidsdienste. Binne hierdie gebied woon daar tans meer as 300,000 Afrikaners en maak dit reeds ‘n meerderheid van die bevolking uit. Net soos die Weskaap, sal dit egter nog onder ‘n ANC-regering sorteer. ‘n Sterk plaaslike volkswil hiervoor is egter ‘n voorvereiste. Die tydskaal hiervoor behoort nie langer as tien jaar van intense politieke aktivisme plaaslik en in die buiteland te neem nie. Of Pretoria se inwoners die nodige volkswil het om vir hul selfbeskikking te stry is egter onwaarskynlik, aangesien verreweg die meerderheid van hulle tans DA-gesind is.
Die Noordwes Kaap wat vanuit Orania kon uitkring deur stelselmatige besetting en ontwikkeling van ‘n altyd groter wordende streek (die oliekol-op-water-gedagte). Om ‘n meerderheid te word sal daar nuwe privaat dorpe gestig moet word wat soos sekuriteitsoorde funksioneer, met gepaardgaande infrastrukturele behoeftes soos skole, winkelsentra, water, krag en rioleringvoorsiening. Hierdie opsie is fisies haalbaar oor ‘n tydperk van 40 tot 50 jaar, mits die ekomnomie sodanige gestimuleer kon word dat minstens 4,000 families jaarliks soontoe sal trek om uiteindelik 300,000 siele te huisves. Met die nodige politieke wil en ondersteuning van buiite die groeiende gebiedsekonomie sal staatstatus teoreties bereik kon word.
Die Suidwes Kaap wat net soos Orania kan ontwikkel, maar sou dit met Orania meeding, dan vetraag dit laasgenoemde se groeipotensiaal, tensy die twee polities gekoppel kan word. Die tydskaal sal dieselfde wees. In beide gevalle moet daar eers ‘n volk gestig word voordat sy volkstaat geëis kan word.
Die kanton-gedagte waar Afrikaanse wyke en dorpe polities afillieer om ‘n outonome gebied te vorm. Soos in Pretoria sal daar hoogstens tot derdevlak regering gevorder kan word.

Natuurlik kan ons aangaan en verder spekuleer, maar hieruit kan mens aflei dat, soos ek vantevore geskryf het, die volkstaat nie vanuit die hemel sal neerdaal nie.

Nou wat maak mens as:

Pretoria se Afrikaners wil nie stry vir hul politieke outonomie nie?
Afrikaners wil nie na die Orania of Suidwes Kaap trek nie?
Die jonger geslag word al sterker deur die nuwe nasiebouproses gebreinspoel om te integreer?
Daar ‘n sterk gesagsowerheid vir Afrikaners, wat die dryfkrag agter die program moet wees, weens verdeeldheid en verdagmakery nie tot stand kan kom nie, of dat mededingende “Volksrade” mekaar se pogings in die wiele sal ry?

En hierdie faktore het eintlik niks met die ANC te doen nie, maar is onder beheer van Afrikaners self. Sou die vier faktore egter wel genoegsaam bestuur kon word en konsensus verkry word, dan moet mens nog rekening hou met die antagoniste binne die parlement.

Eers dan bring dit ons by die regte van ‘n volk onder die Volkereg. Ons moet in gedagte hou dat gebiedsoutonomie slegs geeïs kan word deur die inwoners van daardie gebied. Volkstaters sal, oud en jonk, moet begin om ekonomiese ontwikkeling tin die bestemde gebied te doen sodat voldoende ekonomiese suigkrag opgewerk kan word om mense te lok. As die wil bestaan, sal dit nie onmoontlik wees nie. Daarsonder sal dit ‘n droom bly.

Alternatiewelik kan die stadstaat-gedagte uitgebou word met selfbeskikking op kulturele sake en vir plaaslike dienste. Daardie opsie kan relatief maklik onder die bestaande internasionale protokolle en handveste verkry word, mkits die volkswil daarvoor bestaan. Niemand sal dit egter by Afrikaners se keelgate afdruk nie.

En waar pas die VF+ by al die bogenoemde in? Heel eenvoudig: Hierdie is ‘n buite parlementêre aangeleentheid wat buite parlementêr nagestreef moet word. Die VF+ het egter ‘n baie belangrike funksie om in die parlement te vervul as spreekbuis vir die gedagte van selfbeskikking vir Afrikaners en ook om na die belange van Afrikaners in die algemeen om te sien. Hy kan egter moeilik voorgee om namens alle Afrikaners vir ‘n volkstaat te stry terwyl so min Afrikaners vir daardie party stem.

Of wat dan van die man in die bruin pak wat op messiaanse manier die volk sal kom lei en vryheid te bewerkstellig? Sonder mag, hetsy militêre mag of mag deur ‘n sterk volkswil aan hom verleen, sal so iemand nie gou op die toneel verskyn nie. Self sterk leiers sal as swakkelinge gesien word.

Dit moet baie mooi verstaan word dat slegs ‘n buite-parlementêre gesagsowerheid sal kan stry vir Afrikaners se selfbeskikking, en nie professionele party politici nie. Laasgenoemde moet ongelukkig altyd die maksimum stemme vir hul party werf om te kan voortbestaan, self vanuit die geledere van nasiebou Afrikaners. As ‘n politieke party slegs op volkstaters fokus is sy einde naby.

Ek hoop dat bogenoemde ontleding en uiteensetting ‘n bietjie meer klarigheid by my volksgenote sal; bring, aldan nie woede nie. Waarvoor ek baie, baie behoedsaam is, is vir mense wat nou reeds wil voorgee dat ons deur ‘n geskietery ons vryheid sal kan bekom of dat ons net daarvoor moet bid en dat die Voorsienigheid self vir ‘n volkstaat sal sorg.

Dikwels wonder ek of die Afrikanervolk hoegenaamd in staat is om weer soos sy voorsate vir hul onafhanklikheid te stry. Ek het die gevoel dat mense eerder hul volkie van allerlei godsdienstige dwalings wil suiwer as om weer as ‘n volk met al sy vratjies, vry te wees.

http://www.praag.co.za/johann-wingard-magazine-419/8554-om-by-n-volkstaat-uit-te-kom.html


POS GEPLAAS DEUR: NUUSKANTOOR OOS-KAAP
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
HOE OM BY 'N VOLKSTAAT UIT TE KOM
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: