IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 PROJEK DOULOS- HELPENDE HAND VIR WIT KINDERS

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: PROJEK DOULOS- HELPENDE HAND VIR WIT KINDERS   Tue Jul 20, 2010 11:12 pm


Projek wil wit kinders wat nie skoolgaan só help

7/13/2010 11:18:27 PM

Tussen 3 000 en 6 000 skoolpligtige kinders in wit plakkerskampe waar die Pretoriase Doulos-gemeenskapsprojek uitreikingswerk doen, kry tans geen onderrig nie.

Dit is om dié rede dat mnr. Hans Janse van Rensburg, beter bekend as “Hans Plakker”, direkteur van Doulos, wil toesien dat ’n rekenaarsentrum so gou moontlik open om dié krisis te pak.

Doulos het reeds begin om volwassenes van plakkerskampe in rekenaarprogramme in Waverley, Pretoria, op te lei.

Ná ses weke kan hulle sertifikate of diplomas kry wat hulle in staat stel om te gaan werk soek.

39 rekenaarprogramme, wat wissel van internetgebruik tot gevorderde programme, is beskikbaar en opleiding word deur kundiges gegee wat by universiteite betrokke is.

Volgens Janse van Rensburg kry die vroue ook opleiding in administrasie en sekretariële werk.

Doulos wil binnekort ’n program vir skoliere van gr.1 tot gr.12 by die Sonop-nedersetting in Brits begin waar daar 157 kinders is wat glad nie skoolgaan nie.

Op die oomblik word mense opgelei wat self na die Doulos-sentrum kan kom, maar weens vervoer- en ander probleme word na aandklasse gekyk.

Volgens Janse van Rensburg is dit skokkend hoeveel mense nie lopende water, elektrisiteit of selfs kos het nie.

Benewens rekenaaropleiding is Doulos besig met die inrig van naaldwerksentrums en wasserye waar mense in die toekoms ’n inkomste kan verdien. Die skenkings daarvoor is reeds gedoen.

Volgens Janse van Rensburg kry Doulos baie skenkings, maar dit is nie genoeg om in die nood te voorsien nie.

Doulos het al R278 000 per maand net aan kruideniersware bestee wat aan behoeftiges uitgedeel word.

Wat dié uitreikwerk van Doulos uniek maak, is die herverpakking van produkte sodat dit nie herverkoop kan word nie en wat mense noop om met ’n sekere hoeveelheid uit te kom.

Tientalle vrywilligers meld daagliks by Doulos aan om te help met verpakking, die sortering van klere of selfs bouwerk.

Maar, soos Janse van Rensburg sê, die behoefte en nood word daagliks groter namate meer mense hul werk verloor.

Volgens hom is die jongste aanduidings dat sowat 833 000 wit mense landwyd sonder werk, inkomste of heenkome is.

Hy beklemtoon dat Doulos nié net nog ’n hulpverlenigingsorganisasie is wat kos uitdeel nie.

“As jy nie met die mens self werk en hom ophef, opbou en oplei nie, help jy nie regtig nie.

Die meeste mense wat so ver geval het dat hulle geen hoop meer in die lewe het nie, het meer as ’n kospakkie nodig.

Hulle moet hul menswaardigheid terugkry en gehelp word om hulself weer te help.

“En dit is hoekom ’n mens by die kinders moet begin. Ons moet help en toesien dat hulle nie grootword om in afhanklikheid van ander te leef nie.”

Vir meer inligting, besoek www.armoedeverligting.co.za.


Me. Mary Olckers (39) besig met rekenaaropleiding in die Doulos-gemeenskapsprojek in Pretoria. Dit gaan binnekort na kinders uitgebrei word wat in plakkerskampe grootword en nie skoolopleiding kry nie.


Me. Sarie Smal (77) help met die verpakking van lewensmiddele by die Doulos-gemeenskapsprojek in Pretoria.


POS GESTUUR DEUR: R. JENKINS- VAALDRIEHOEK
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: PROJEK DOULOS- HELPENDE HAND VIR WIT KINDERS   Thu Aug 12, 2010 1:18 pm


Tshwane: Meer wit plakkerskampe

12/2/2009 8:32:42 AM

Die getal wit huishoudings in Suid-Afrika wat in plakkerskampe woon, het die afgelope elf jaar byna verdriedubbel.
Pretoria is dan ook geen uitsondering nie.

Tshwane-Beeld het verlede week van dié kampe in die noorde van die stad gaan besoek en die verval en armoede was duidelik sigbaar.

Volgens Heleen*, ’n liefdadigheidswerker wat betrokke is by Doulos, ’n nie-winsgewende organisasie wat kos, klere en ander noodsaaklikhede aan sowat 72 van dié kampe voorsien, is daar veral oor die Kerstyd ’n groot toename in mense wat geen heenkome het nie.

“Ons probeer maar help waar ons kan. Dit is egter moeilik om die mense regtig weer op hul voete te kry, omdat die meeste van hulle nie langer as drie maande in een kamp bly nie.”

Volgens haar word inwoners ook uitgebuit deur sommige grondeienaars op wie se grond die plakkerskampe is.

“Ek sê nie al die grondeienaars is sleg nie. Sommige help met werkskepping en het werklik ’n passie om die mense uit hul moeilike omstandighede te lig. Maar daar is ongelukkig ’n paar wat mense as ’n inkomste beskou en nie regtig omgee wat met hulle gebeur nie.”

Sy vertel dat sommige van die eienaars die inwoners dwing om op straathoeke te gaan bedel en dan ’n sekere hoeveelheid van die bedrag wat daagliks ingesamel word, vat.

“As een van die inwoners nie genoeg geld insamel nie, word hy en sy gesin summier uitgesit.”

Heleen sê verder dat baie van die vroue in sommige kampe ook in prostitusie gedwing word om hul huurgeld te betaal.

“Hierdie mense moet tussen R400 en R800 betaal om in ’n sinkhuisie te bly. Van die groter kampe het tot soveel as 100 huisies.”

By die kampe wat Tshwane-Beeld besoek het, was daar duidelike nood. Mense bly in sinkhuisies. Al die kinders in een van die kampe het masels, maar daar is nie geld om hulle dokter toe te vat nie.

Die kampe is gewoonlik ook ver van skole af en volgens Heleen trek die gesinne so rond dat die kinders baie selde in ’n klaskamer kom. “Ons vat elke dag maar soos hy kom,” vertel Tokkie Labuschagne (31).

Sy en haar gesin bly al vir die afgelope sewe maande in een van die kampe. “Dit voel of die res van die wêreld van ons vergeet het. Hier kry ons darem ’n dak oor ons kop en drie etes ’n dag. Ek kan regtig nie kla nie.”

*Heleen verkies om nie haar van te gebruik nie weens die aard van haar opheffingswerk.

Doulos hou op 5 Desember in Silverton ’n Kerspartytjie vir ongeveer 1?000 mense van dié informele nedersettings. Enigiemand wat betrokke wil raak, kan Doulos bel by 012 755 8199.


POS GESTUUR DEUR: KVB NUUSKAMER- VAALDRIEHOEK

Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
PROJEK DOULOS- HELPENDE HAND VIR WIT KINDERS
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Welsyn Draad-
Spring na: