IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Diewe sny vleis uit bees ná kar dit tref

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Diewe sny vleis uit bees ná kar dit tref   Mon Jul 19, 2010 9:26 pm


2010-07-18 22:12
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel
Verwante skakels
Barbaarse beesslagting
Daniëlla du Plooy
Die bende veediewe wat Fochville se boere terroriseer, het die naweek weer derduisende rande se beeste gesteel.

In een geval het hulle onder meer die vleis van ’n bees afgesny en daarmee gevlug kort nadat die dier deur ’n motor getref is.

Beeld het sowat ’n week gelede berig 140 beeste is die afgelope drie maande in die gebied gesteel en wreedaardig vermink.

Die diefstalle verteenwoordig ’n gesamentlike verlies van sowat R1 miljoen net aan beeswaarde onder agt boere in die Fochville-omgewing – dis sonder die inkomste­verlies, het mnr. Carl van Heerden, een van die boere, toe aan Beeld gesê.

Volgens hom steel die diewe die beeste snags en jaag hulle dan sowat 45 km tot by Lawley, ’n plakkerskamp suid van Johannesburg.

Sommige van die diere vrek langs die pad weens uitputting.

“By die plakkerskamp kap die diewe die beeste se pote stukkend sodat hulle nie kan weghardloop nie. Dan lê hulle die hele dag daar en bulk van pyn voordat die diewe vroegaand terugkom en hulle slag.”

Toe mnr. Barry van Wyk van die plaas Rietfontein buite Fochville Vrydagaand ná ’n ete by vriende tuiskom, was 26 van sy beeste skoonveld.

Eergisteroggend het Van Wyk saam met ander boere die spoor gevolg en 20 van die beeste naby die Kloof-myn by Westonaria teruggevind.

“’n Motoris het omstreeks 05:30 in een van die beeste vasgery. Toe die polisie omstreeks 07:00 opdaag, was daar reeds vleis uit die dier gesny waarmee die booswigte weggekom het.”

Saam met die ses beeste wat nog soek is, het Van Wyk skade van sowat R36 000 gely.

Mnr. Org van der Westhuizen, wat verlede week agt van sy beeste verloor het, het eergisteraand ook amper weer deurgeloop.

“Ek het ná verlede week se voorval ’n wag aangestel. Hy het gisteraand (Saterdagaand) gesien iets is nie reg by die skape nie en alarm gemaak. Hy het gesien mans hardloop weg – hulle het reeds agt skape aan mekaar vasgebind.”

Sedert einde Mei is 23 van Van der Westhuizen se beeste gesteel.

Die polisie se veediefstal­eenheid het ’n beloning van R50 000 uitgereik aan enigiemand wat inligting verskaf wat tot die skuldigbevinding van veediewe lei.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Diewe sny vleis uit bees ná kar dit tref
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: