IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 ANC FINANCIAL FATCAT FLAWS/ANC FINANSIELE VETKAT FLATERS

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: ANC FINANCIAL FATCAT FLAWS/ANC FINANSIELE VETKAT FLATERS   Sun Jul 18, 2010 10:44 am

Premier kry nuwe kar ná ligte stamp
2010-07-17 23:41


GERSHWIN CHUENYANE IN PRETORIA

Me. Maureen Modiselle, premier van Noordwes, kry binnekort ’n splinternuwe BMW 750i, terwyl haar ou BMW by ’n paneelklopper stof opgaar.

Die odometerlesing op dié BMW 730d (registrasienommer ONE NW) is 93 085 km en is in 2008 teen sowat R900 000 gekoop.

Dié motor was in ’n geringe botsing betrokke en sou R117 438 kos om te herstel, maar dit staan al vyf maande by Brian’s Auto Body Shop in Mafikeng. Die stoorkoste beloop reeds R21 600.

Die ongeluk op 16 Februarie was so gering dat die lugsakke nie eens geaktiveer is nie. Die voorste buffer, rooster en hoofligte is beskadig.

Die BMW 730d was die amptelike voertuig van Modiselle se voorganger, me. Edna Molewa.

Die premier gebruik tans ’n Audi Q7.

’n Tweede verslag van die DA se verkwiste-uitgawe-monitor is die afgelope week bekend gestel. Luidens dié verslag het regeringsamptenare en -entiteite reeds R1,5 miljard vermors op luukse motors, vyfster-verblyf, Wêreldbeker-kaartjies, partytjies en advertensies wat individue verheerlik.

Dr. Benjani Chauke, Modiselle se spesiale raadgewer, het gesê dit is nie ’n vermorsing om ’n motor van R1,1 miljoen te koop nie aangesien dit gedoen word “om die premier se lewe te beskerm”.

“Selfs voor die ongeluk wou ons die BMW vervang het, want dit was ver verby die 120 000 km-merk.”

City Press, susterskoerant van Rapport, het die motor nagegaan en die lesing was 93 085 km.

Chauke het gesê die Audi Q7 waarmee die premier nou ry, word hoofsaaklik in die landelike gebiede gebruik en is “ook oud en ver verby die 120 000 km-merk”.

Me. Adele Caetano, bestuurder van Brian’s Auto Body Shop, het gesê hulle het die kwotasie vir die herstelwerk op 17 Februarie na die departement van openbare werke, paaie en vervoer in Noordwes gestuur, maar dit is geïgnoreer. “Meer as twee maande later wou hulle die voertuig wegsleep sonder om die R2 062 te betaal wat ons vra vir die uitmekaarhaal om ’n kwotasie te gee.”

Mnr. Luis Caetano, die eienaar, het gesê die motor staan onderdak, waar dit R120 per dag kos. Hy weier om die voertuig te laat verwyder voordat die rekening betaal is.

Mnr. Matshube Mfoloe, departementele woordvoerder, het gesê die voertuig is van die ongelukstoneel in Rustenburg na hul kantore in Mafikeng bestuur.

“Ingevolge die ministeriële handboek mag lede van die uitvoerende raad, ministers en premiers ’n voertuig van hul keuse tot 70% van hul bruto salaris koop en dié voertuie moet gebruik word vir 120 000 km of vyf jaar, wat ook al eerste is.”

Volgens hom het ONE NW “reeds of amper” die kilometer-merk gehaal en tree hulle daarom proaktief op.

Die departement weier om die stoorgeld te betaal omdat Brian’s Auto Body Shop ’n regeringsgoedgekeurde handelaar van WesBank First Auto is en glo ’n ooreenkoms aangegaan het om nie die regering stoorgeld te vra nie.

Me. Caetano verskil hiermee en sê sy het nooit so ’n ooreenkoms geteken nie. Sy meen hulle word geboelie.


http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Premier-kry-nuwe-kar-na-ligte-stamp-20100717
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: ANC FINANCIAL FATCAT FLAWS/ANC FINANSIELE VETKAT FLATERS   Sun Jul 18, 2010 10:46 am

2 onderwys-hoës moes nooit poste beklee het – hof
2010-07-17 23:41




HERMAN SCHOLTZ IN PRETORIA

Twee top-onderwysamptenare in KwaZulu-Natal het die afgelope vyf jaar dieselfde pos beklee en salarisse getrek.
Boonop is albei onregmatig tot dié pos bevorder, het die arbeidshof bevind.

Regter Dhaya Pillay sê in haar uitspraak dat die hof nie die “skokkende gebrek aan goeie regering in die departement” kan ignoreer nie.

Luidens haar uitspraak is mnr. N.L. Khumalo in April 2004 bevorder tot die pos van hoofpersoneelbeampte in eThekwini (Durban). Dié bevordering was onregmatig omdat hy nie aan die minimum vereistes voldoen het nie.

Mnr. Krish Ritchie het dié aanstelling bevraagteken en is in Julie 2005 tot dieselfde pos bevorder. Sy aanstelling was óók onregmatig omdat hy nie tydens die aanvanklike onderhoude die kortlys gehaal het nie.

Drie maande later het ’n vakbond me. Ina Cronjé, destydse LUR vir onderwys, ingelig dat 11 van hul lede óók op die bevordering aanspraak maak.

Cronjé het ’n taakspan aangestel om die aantygings te ondersoek. Ná meer as ’n jaar het die taakspan bevind Khumalo én Ritchie is onwettig aangestel.

Die taakspan kon egter nie sê wie vir die fiasko verantwoordelik is nie.

Cronjé het later die arbeidshof gevra om in te tree en die situasie reg te stel.

Ritchie en Khumalo het aangevoer dat hulle nou ’n gevestigde reg op die pos het, maar Pillay het dit verwerp.

Sy het ook harde woorde vir Cronjé en senior amptenare gehad.

Volgens Pillay moes Cronjé en die superintendent-generaal lankal die situasie uitgesorteer het.

“In hierdie saak… het die LUR en amptenare van die staat as werkgewer elke beginsel van wettigheid en elke leerstelling van etiese, verantwoordbare en deursigtige openbare administrasie verbreek.

“Nóg die taakspan, nóg die LUR identifiseer ’n enkele amptenaar as die persoon wat verantwoordelik is vir die ontvouende fiasko. Dat niemand geïdentifiseer word nie, is ongelooflik,” het Pillay gesê.

Maar Cronjé, nou LUR vir finansies, het aan Rapport gesê sy meen sy word onregverdig uitgekryt.

Sy sê sy het juis die hof genader om “bystand en leiding” om dit reg te stel.

“Verder het ek die hofaansoek gebring op die advies van ’n senior advokaat wat my geadviseer het dat so ’n aansoek die enigste manier is om die onwettigheid wat plaasgevind het om te keer.”

Dít is omdat die LUR appèlle moet oorweeg en dus nie persoonlik betrokke kon raak by die tersydestelling van die bevorderings nie. In so ’n geval sou sy die speler én skeidsregter gewees het.

Sy meen dat sy juis onwettig sou opgetree het deur persoonlik betrokke te raak.

“Indien ek enigiets wou wegsteek… sou dit inderdaad baie vreemde optrede aan my kant gewees het om ’n hof te nader waar die aangeleenthede openbaar sou word.”

Pillay het bevind dat die LUR se weergawe nie die lang tydsverloop voordat die hof genader is, kon verduidelik nie.

Die departement van onderwys is gelas om ’n ondersoek te doen na die voorval en aan die hof verslag te doen.

Me. Muntu Lukhozi, onderwys-woordvoerder, het onderneem om kommentaar te lewer, maar het nie.

- Cronjé se volledige reaksie lui as volg:

Gedurende my termyn as LUR vir Onderwys het ek ter goeder trou die arbeidshof genader om bystand en leiding te soek om ’n verkeerde situasie rakende die onreëlmatige bevordering van twee amptenare wat tot my aandag gekom het, reg te stel. Ek neem my verantwoordelikhede as ’n openbare verteenwoordiger en my ampseed om die Grondwet en ander wette te gehoorsaam, te respekteer en te handhaaf baie ernstig op en al my aksies was gerig op die begeerte om die regte ding te doen.

Dit is baie ongelukkig dat die manier waarop die saak ontwikkel het om die een of ander rede die punt mis dat ek die een was wat die hof genader het in ’n poging om geregtigheid te herstel en die integriteit van die departement te beskerm.

Verder het ek die hofaansoek gebring op die advies van ’n senior advokaat wat my geadviseer het dat so ’n aansoek die enigste manier was om die onwettigheid wat plaasgevind het, om te keer. Ek was ook geadviseer dat my amptenare en ek functus officia was; Dat ons geen verdere mag of outoriteit gehad het om die saak self te hanteer nie en dat as ons probeer het om die bevorderings tersyde te stel, dit beveg sou word. Ek is ’n baie versigtige persoon en nadat ek die saak deeglik met die advokaat bespreek het, het ek opdrag gegee om met die hofaansoek voort te gaan.

Indien ek enigiets wou wegsteek, my verantwoordelikhede ontduik en beginsels van wettigheid oortree, sou dit inderdaad baie vreemde optrede aan my kant gewees het om ’n hof te nader waar die aangeleenthede openbaar sou word. Inteendeel, ek sê in my funderende verklaring dat die besluit om die hof te nader nié ligtelik geneem is nie aangesien dit sekere “tekortkominge (in die departement) ontbloot”. Ek sê verder: “Ek meen egter dat dit my allereerste taak is om die integriteit van die departement te beskerm en vertroue in te boesem en ons sal nie toelaat dat ongrondwetlike aksies in plek bly waar daar behoorlike bewyse daarvoor is nie.” Ek was heeltemal oop en eerlik met die hof, alles in die belange van geregtigheid en goeie regering wat my na aan die hart lê.

Soortgelyk is my besluit om te reageer op mediaberigte nie ligtelik geneem nie, aangesien dit nie behoorlik van my is om te reageer op sake wat op ’n ander departement betrekking het nie. My besluit om te reageer spruit uit die feit dat die berigte baie persoonlik word. Dit is nie my bedoeling om oor die besonderhede van die saak uit te wei nie, aangesien dit ’n departement aangaan waaroor ek geen jurisdiksie het nie en dié departement (van onderwys) in die beste posisie is om kommentaar te lewer sou hulle wou.

Ek wil egter die volgende op rekord plaas in soverre dit my persoonlike betrokkenheid by die saak behels:

- Ek verstaan die betrokke amptenare was nie nuut aangestel van buite die departement nie, maar is “bevorder” van binne die departement en ook nie na dieselfde posisie soos beweer nie.

- Die saak is onder my aandag gebring deur NUPSAW wat daarop aangedring het dat dit ondersoek word omdat hulle geglo het dat sekere onreëlmatighede plaasgevind het.

- In daardie stadium het ek geen inligting oor die saak tot my beskikking gehad nie en ek het saamgestem dat die kwessies van so ’n aard is dat dit ’n deeglike ondersoek regverdig. Ek het daarom ’n taakspan saamgestel uit beide departementele amptenare en lede van die unie om die ondersoek te doen. Die insluiting van unie-lede in die taakspan is gedoen in die belang van deursigtigheid en om enige skimpe van ’n “toesmeerdery” te voorkom.

- Dit moet genoem word dat ek as LUR nie persoonlik by sulke ondersoeke betrokke kon raak nie, aangesien appèlle – waar dit nodig word – deur die LUR oorweeg en beslis word en ek daarom nie ’n speler en skeidsregter kan wees nie.

- Die taakspan het ’n lang verslag aan my oorhandig aan die einde van hul ondersoek. Hulle het aangeteken dat hul pogings om die geldigheid van die klagtes behoorlik te oorweeg gekompromitteer is deur inter alia die feit dat die dokumente wat lig kon werp op die eerste “bevordering” verlore geraak het.

- Wat die tweede “bevordering” aanbetref, het die saak tot arbitrasie gevorder, maar die proses is weer belemmer deur die nie-beskikbaarheid van dokumente wat gelei het tot die duidelik foutiewe besluit om ’n sogenaamde “beskermde bevordering” aan die tweede respondent toe te staan.

- In die verslag het die taakspan verskeie opsies voorgelê, maar my geadviseer om regsadvies in te win. Dit het ek gedoen omdat ek besef het dat die saak reeds besoedel en kompleks is, wat vererger is deur die vermiste dokumente. Soos reeds gestel, was dit op grond van die regsadvies wat ek die hof genader het.

DIE UITSPRAAK

Ek het die uitspraak met groot belangstelling maar ook ‘n mate van kommer gelees. Ek aanvaar ten volle dat die hof die reg het om ‘n opinie te lug en ’n uitspraak na goeddunke te lewer. Ek aanvaar ook ten volle die hof se reg om te verskil van die regsadvies wat ek gekry het en waarop ek ter goede trou gereageer het. Maar aangesien ek geadviseer was dat my amptenare en ek functus officia was, het ek die hof genader in die hoop dat dit my en die department sou bystaan in die situasie wat klaarblyklik ’n ernstige ongeregtigheid was wat ek nie by magte was om op te los nie. In hierdie verband glo ek die bevel wat die hof gemaak het help inderdaad baie om finaliteit in die saak te bring, al val dit nou buite my jurisdiksie. Terselfdertyd kan daar nie van my verwag word om sekere opmerkings in die uitspraak oor te sien nie wat duidelik problematies of selfs onakkuraat is:

- Die mees fundamentele gebrek in die uitspraak, in my respekvolle opinie, het betrekking op die oënskynlike misverstand oor die verskillende rolle en verantwoordelikhede van die Lede van die Uitvoerende Raad (LUR’e) as uitvoerende gesagte en die departementshoofde as rekenpligtige beamptes (“accounting officers”). Hierdie fundamentele misverstand deurtrek die uitspraak en kleur die opmerkings van die hof. ’n Vinnige blik na die definisies in die Wet op Openbare Finansiële Bestuur nr. 1 van 1999 (PFMA) sou voldoende gewees het. ’n LUR is nié die hoof van die departement of die rekenpligtige beampte (“accounting officer”) nie. Tog verwys die hof na my as die LUR op minstens twee geleenthede in die uitspraak as die “departementshoof” terwyl dit duidelik nie so is nie.

- Die ergste voorbeeld van die oënskynlike verwarring van die rolle van die LUR en die departementshoof is wanneer die hof in die uitspraak na my verwys as “departementshoof en sy rekenpligtige beampte” (“accounting officer”) (my beklemtoning); en dan voortgaan om te verwys na my beweerde “algemene verantwoordelikhede” ingevolge artikel 38 van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur! Die regsfeit is dat artikels 38 tot 45 spesifiek handel met die “Algemene verantwoordelikhede van rekenpligtige beamptes” (“accounting officers”) – nié LUR’e s’n nie.

- Die hof stel dit ook dat “sy” (die LUR) verantwoordelik is om “effektiewe en toepaslike dissiplinêre stappe te doen teen enige amptenaar wat die bepalings van die PFMA oortree...” Hier steun die hof weer verkeerdelik op art. 38(h) van die Wet wat, soos reeds gestel, nie op LUR’e van toepassing is nie. Tog verwag die hof snaaks genoeg van my om op te tree ingevolge daardie artikel wat my aksies ultra vires sou laat.

- Dit is ’n regsfeit dat hoofstuk 7 van die PFMA handel oor die LUR’e as Uitvoerende gesagte (artikels 63-65). Hierdie hoofstuk maak dit duidelik dat die finansiële verantwoordelikhede van die LUR’e fundamenteel en substansieel verskil van die van departementshoofde en rekenpligtige beamptes (“accounting officers”) s’n.

- Laastens is daar geen bewys in die uitspraak dat die hof in ag geneem het dat die LUR moet beslis oor appèlle voortspruitend uit dissiplinêre verhore nie en daarom nie persoonlik betrokke kan wees by die ondersoeke of ander prosesse wat tot ’n dissiplinêre verhoor of appèl mag lei nie, aangesien dit duidelik die onpartydigheid van die LUR in gedrang bring. Die LUR kan wel ’n ondersoek gelas en dit is presies wat ek gedoen het. Weereens lyk dit of die hof van my verwag het om op ’n manier op te tree wat die basiese beginsels van geregtigheid en regverdigheid sou skend deur tergelykertyd ’n speler en skeidsregter te wees.

Ek glo vas dat geregtigheid blind moet wees, maar ook dat dit regverdig moet wees. Ek glo nie dat ek regverdig behandel is in hierdie saak nie.


http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/2-onderwys-hoes-moes-nooit-poste-beklee-het-hof-20100717
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: ANC FINANCIAL FATCAT FLAWS/ANC FINANSIELE VETKAT FLATERS   Thu Jul 22, 2010 8:09 pm

Arms deal: New evidence to be tested
July 22 2010 at 11:48AM

By Gaye Davis and Carien du Plessis
Political Bureau

The arms deal is back on the agenda of parliament's public spending watchdog, the standing committee on public accounts (Scopa), which has set down three days of hearings to probe continuing investigations into the controversy-ridden defence package.

DA MP and defence spokesperson David Maynier said on Wednesday a meeting on August 4 would discuss the handover of cases from the National Prosecuting Authority to the Hawks.

Scopa chairperson Themba Godi has confirmed that hearings at parliament have been set down for August 10, 11 and 13.

Maynier said the hearings would give Scopa the opportunity to probe "mysterious changes" made to the joint investigation report presented to Parliament in 2001. It exonerated the government of any wrongdoing.



...AND SO THE GREMLINS CREATED BY ZUMA, SHAIK- AND SELEBI...WILL COME AND HAUNT THEM NIGHT AND DAY....LIKE DE KLERK , MEYER, WESSELS AND BOTHA...THE BOERS WILL COME BACK AND HAUNT THEM. ONE THING THE AFRICAN IS YET TO LEARN- CORRUPTION IS LIKE A SHADOW- NO MATTER HOW FAR YOU RUN- HOW HARD TO DUCK....WHEN THE LIGHT SHINES ON YOU- IT STILL WILL BE THERE!


Efforts by the DA to rekindle scrutiny of the deal in Scopa ground to a halt in 2008, when it was agreed any fresh probe would depend on whether new evidence was brought before the committee.

"There is quite unambiguous evidence available in the public domain that the draft version of the joint report was substantially altered, to radically change the nature of the report's findings," Maynier said.

This refers to documents provided by Richard Young, director of a company that lost a bid in the deal to African Defence Systems - in which Schabir Shaik's Nkobi companies had a stake - which show how a draft version of the joint report was altered.

ANC MP and whip on the committee, Mandla Mbili, said Scopa members would need to scrutinise the report and the documents provided by Young to decide whether they in fact amounted to new evidence.


http://www.iol.co.za/index.php?from=rss_South%20Africa&set_id=1&click_id=13&art_id=vn20100722045311277C263619

POST SENT BY: CFC NEWSROOM- E.CAPE
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
Sponsored content




PosOnderwerp: Re: ANC FINANCIAL FATCAT FLAWS/ANC FINANSIELE VETKAT FLATERS   Today at 2:26 pm

Terug na bo Go down
 
ANC FINANCIAL FATCAT FLAWS/ANC FINANSIELE VETKAT FLATERS
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: