IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Ramp dreig aan Weskus weens twis

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Ramp dreig aan Weskus weens twis   Sat Jul 17, 2010 9:41 am


2010-07-17 00:46
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Die Burger op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Aldi Schoemanan en Francois Williams
Kaapstad. - Die besluit gister volg op ’n dooiepunt in die voortslepende geskil tussen Amsa en die ysterertsgroep Kumba oor ysterertspryse. Kumba het tot in April goedkoop ystererts aan Amsa gelewer.

Kumba het sy prys opgestoot, maar Amsa weier om dit te betaal. Sedertdien kon hulle nie ’n nuwe prysooreenkoms bereik nie, en Kumba het gister gesê hy sal binne twee weke nie meer ystererts aan Amsa lewer nie.

Werknemers van Saldanha Staal en talle maatskappye wat rondom die staalfabriek ontwikkel het en dienste aan die fabriek lewer, kan hul werk verloor.

“Die hele Weskus se ekonomie kan in duie stort,” het mnr. Ma­rius Koen, wyksraadslid vir Langebaan, gesê. “As een domino uitgetrek word, kan alles omval.

“Die staalgemeenskap is ons koopkrag. Daai mense ondersteun ons skole. Elke besigheid gaan beïnvloed word – elke winkel of restaurant die eiendomsbedryf. Die eiendomsbedryf het floreer omdat senior mense (van Saldanha Staal) hierheen getrek het.”

Die Weskus-distriksmunisipaliteit en Saldanhabaai-munisipaliteit, wat dienste lewer aan Saldanha Staal, kan inkomste waarvoor hulle begroot het, verloor.

Me. Elize Steyn, ’n raadslid van Vredenburg, die “sakekern van die Weskus”, het gesê die moontlike sluiting kan ’n “ongelooflike slag” vir die dorp en die res van die Weskus wees.
“As jy met iemand praat en vra ‘Waar werk jy?’ dan is die antwoord: ‘Saldanha Staal.’ Baie van die mense is huiseienaars wat dienste en belasting moet betaal.”

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, wil Maandag met verteenwoordigers van Kumba en Amsa vergader om die sluiting te verhoed.

Mnr. Simon Arries, koördineerder van die vakbond Numsa aan die Weskus, het gesê as die staalfabriek moet sluit, sal dit tot 4000 werkers raak wat ’n reeks diensverskaffers en kliënte soos RHI, Multiserve, Heunis Engineering, Fica, Profab Engineering en Duferco insluit.

Numsa het ’n week gelede met Amsa onderhandel oor ’n tydelike sluiting in Augustus en September weens min staalbestellings en die twis met Kumba, maar daar was nie toe sprake van ’n permanente sluiting nie.

Dr. Flip Oberholzer, voorsitter van die Saldanhabaai-sakekamer, het gesê mense moenie paniekerig raak nie.

Amsa soek nuwe markte oorsee; die staalfabriek, wat goed geleë is op die hawe, kan verkoop word en as mense hul werk verloor, kan hulle by die ontwikkeling van die nywerheidsontwikkelingsone in Saldanha betrokke raak.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Ramp dreig aan Weskus weens twis
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: