IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 ANC wil media weer in bek ruk

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: ANC wil media weer in bek ruk   Mon Jul 12, 2010 2:42 pm


2010-07-10 23:34
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Rapport op
Jou selfoon

Mnr. Gwede Mantashe

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's



JAN-JAN JOUBERT IN KAAPSTAD

Die ANC se planne om die media te onderwerp aan ’n tribunaal wat deur politici aangestel sal word, is die afgelope week uit ’n skyndood opgewek.

Dr. Blade Nzimande en mnr. Gwede Mantashe, twee van die leidende denkers in die regerende alliansie, het die kwessie die afgelope week opnuut op die nasionale agenda geplaas nadat ’n joernalis na bewering deur ’n voormalige ANC-premier betaal is.

Die ANC het al op sy nasionale konferensie in Polokwane in 2007 ’n resolusie aanvaar dat die staat ’n tribunaal moet skep met die formele mandaat dat hoër etiese norme in die media moet geld.

Die presiese samestelling van so ’n tribunaal is nie uitgestippel nie, maar die aanvaarde uitgangspunt is dat politici die bepalende sê sal hê oor wie daarin dien.

Dit het gevaarligte laat flikker onder voorstanders van mediavryheid en kampvegters vir grondwetlikheid – dermate dat me. Jessie Duarte as woord­voerder van die presidentskantoor gesê het die planne is op die lange baan geskuif. Duarte het sedertdien om onverwante redes die presidentskantoor verlaat, en nou het Nzimande en Mantashe die saak weer op die agenda geplaas.

Nzimande het die media “huiwerig en lafhartig” genoem en het, soos Mantashe, ’n beroep gedoen dat die tribunaal as “media-waghond” ingestel word.

Albei het die voorbeeld van die Cape Argus-joernalis Ashley Smith gebruik wat onlangs in ’n beëdigde verklaring ’n jare lange sterk vermoede in Kaapse joernalistieke kringe bevestig het dat hy betaal is om berigte ten gunste van mnr. Ebrahim Rasool en sy faksie in die Wes-Kaapse ANC te skryf toe Rasool nog premier was.

Smith beweer sommige van sy kollegas en ander ANC-politici het hieraan meegedoen, maar alle beweerde betrokkenes ontken dit tans ewe hard as wat dit in die jare voor Smith se onlangse bekentenis ontken is.

Die ANC self het tot dusver die gegewens deur Mantashe en Nzimande aangewend om die media as instelling aan te val eerder as om teen individue op te tree.

Rasool se dralende aanstelling as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika is skielik binne dae ná Smith se onthullings afgehandel, met die regering wat dieselfde inligting wat nou deur Mantashe en Nzimande gebruik word, as blote bewerings bestempel en as geen rede om sy aanstelling selfs te vertraag nie.

Me. Lindiwe Mazibuko, die DA se nasionale woordvoerder, het die afgelope week gesê ál rede dat die ANC ’n tribunaal wil hê, is om te probeer verhinder dat die media krities oor die regering skryf.

Die DA is ten gunste van selfregulering in die media.

Die afgelope week het egter ook potensieel goeie nuus vir die ANC in dié verband gebring.

Die skatryk ANC-gesinde Gupta-familie beplan om eersdaags ’n nuwe dagblad, New Age, op straat te hê, en die verwagting is dat dit baie simpatiek jeens die regering en die regerende party sal staan.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: ANC wil media weer in bek ruk   Mon Jul 12, 2010 2:44 pm

Intersant as die skoen aan die ander voet sit hoe hard hy druk, die waffer baas het gepraat en teveel gevra die keer en die libirale koerant wou nie die keer luister nie nou wil hulle die wet vir ander om hulle te dwing. Laughing

Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
ANC wil media weer in bek ruk
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: