IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 
 MAN KOELBLOEDIG IN SY KAMER DOODGESKIET DEUR SWART INBREKERS

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin

Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: MAN KOELBLOEDIG IN SY KAMER DOODGESKIET DEUR SWART INBREKERS   Mon Jul 12, 2010 8:34 am

Rower: ‘Moenie worrie nie’
2010-07-11 23:16

Sonja van Buul

’n Man (61) van Vanderbijlpark wat ná ’n operasie tuis aangesterk het, is gisteroggend koelbloedig langs sy vrou in hul bed doodgeskiet toe twee swart huisrowers in hul slaapkamer ingekom het.

Mnr. Neels Jansen van Roodia-kleinhoewes buite die dorp is na verneem word kort gelede uit die hospitaal ontslaan ná ’n breuk-operasie.

Volgens konst. Edwin Ntsheo, polisiewoordvoerder, is mnr. Jansen een keer in die maag geskiet.

“Die swart rowers het om ongeveer 04:30 die diefwering voor ’n venster afgebreek en so toegang tot die huis gekry,” het Ntsheo gister gesê.

Mev. Jansen is op die bed langs haar man vasgebind voordat sy gehoor het hoe ’n skoot afgaan.

Sy het kort daarna, steeds vasgebind, maar nog onbewus daarvan dat haar man doodgeskiet is, vir die rowers gaan wys waar hulle geld kan kry.

Hulle het op onder meer geld en vuurwapens aangedring.

Mev. Jansen het daarna haar bebloede man bewegingloos op die bed sien lê.

“Sy het eers gedink sy operasiewond het weer begin bloei, maar gou besef hy is geskiet,” het ’n familievriend, wat nie sy naam genoem wil hê nie, gister op die moordtoneel gesê.

Mev. Jansen het die rowers glo gevra of sy haar man mag help, maar is aangesê om hom uit te los.

“Moenie worrie nie, ons het klaar die ambulans gebel,” het een van die rowers, volgens ’n betroubare bron, in Engels geantwoord.

Die rowers het hierna met onder meer ’n onbekende bedrag geld en drie selfone in ’n voertuig, wat buite onder die hoewehuis se afdak geparkeer was, gevlug.

Ntsheo het bevestig die rowers het in ’n wit Mazda-bakkie gevlug, maar kon nie sê wie die eienaar van die voertuig is nie.

Die egpaar se dogter en haar seun, haar twee dogters en twee vriende van haar kinders het ten tye van die aanval uit Kimberley op die kleinhoewe gekuier. Dit is nie bekend of hulle ook aangeval is nie.

Hul name is onbekend.

Die geskokte familie het die polisie en paramedici se hulp ontbied.

“Paramedici het na die kleinhoewe gejaag, maar kon maar net die man se doodsverklaring teken,” het mnr. Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, gesê.

Mev. Jansen, wat erg getraumatiseer is, is deur haar huisdokter vir skok behandel.

Ntsheo het gesê die rowers in die huis het op hul selfone met nog ander lede van die roofbende buite die hoewehuis gepraat.

“Ons ondersoek sake van moord en gewapende huisroof,” het hy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Rower-Moenie-worrie-nie-20100711

POS GEPLAAS DEUR: KVB NUUSKAMER
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin

Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: MAN KOELBLOEDIG IN SY KAMER DOODGESKIET DEUR SWART INBREKERS   Mon Jul 12, 2010 10:30 pm

KVB000000002 skryf:

Die het net om die draai by my seun se huis gebeur in Vanderbijlpark - daar is nog 'n voorval van 'n man wat se kop in die toilet gedruk is en dan so geskiet is - hy is breindood en wag op familie om die masjiene afteskakel. Dis net 'n paar huise veder en het ook gister gebeur.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
MAN KOELBLOEDIG IN SY KAMER DOODGESKIET DEUR SWART INBREKERS
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Aanval op ons mense / Attack on our people-
Spring na: