IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 DIE WAARHEID EN DIE LIEG OOR RAPPORT SE VOORTREKKER "SLAWE."

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: DIE WAARHEID EN DIE LIEG OOR RAPPORT SE VOORTREKKER "SLAWE."   Sun Jul 11, 2010 1:11 pm

Waarheid en fiksie oor slawe
2010-07-10 15:30


Willie Spies

Vakansietye gaan ek en my familie Jeffreysbaai toe. Dan kuier ons onder andere by oom Jacobus.

Dié kuieraande gaan gewoonlik te gou verby, want by oom Jacobus eet ons die heerlikste Portugese disse, drink ’n glasie rooiwyn of port en gesels geskiedenis.

Oom Jacobus kan jou alles vertel van genealogie, in die besonder die Ferreira-familie – wie se bloed dik loop in my vrou en kinders se are; van die Portugese geskiedenis, asook die Portugese invloed in Suider-Afrika; van die Voortrekkers in die Soutpansberggebied en elders en sommer oor enige interessantheid wat die afgelope 358 jaar gebeur het.

Soos dit met enige geskiedenis gaan, is daar glorie en skandes.

Terwyl die skandes lekker geselsmateriaal is, bly die ewige uitdaging – wat oom Jacobus, as gewaardeerde geskiedkundige, ook sal verduidelik – om die glorieverhale met ’n knippie sout te neem, maar ook om nie net op al die skandes te fokus nie.

Want skandes was daar sedert die sondeval en daar sal oorgenoeg van wees tot in lengte van dae.

Maar ’n goue reël is om nooit die konteks waarbinne sowel die glorieverhale as die skandes hulle afspeel uit die oog te verloor nie.


Dis byvoorbeeld vandag baie maklik om slawerny as iets uit die bose af te maak; trouens, ons doen dit almal.
Maar min mense kan hulle vandag indink hoe moeilik dit was vir die toegewyde parlementariër William Wilberforce om die stryd teen slawerny in Brittanje te wen.

Die oorgrote meerderheid Britse parlementariërs wou destyds niks weet van die afskaffing van ’n millennium oue gebruik waarop die ekonomie swaar gesteun het nie. As eerste stap moes Wilberforce met ’n slim politieke truuk kom om eers die beweeglikheid van slaweskepe te beperk en slawerny sodoende ’n nekslag te gee voordat die finale deurbraak eers jare later sou kom.

Sonder die truuk sou hy die meerderheid nooit beweeg het om slawerny af te skaf nie.

In die VSA het slawehandel dekades later – selfs later as dr. J.C. van der Walt se beweerde Voortrekker-slawehandel – gestop. En dit het nie sommer net gebeur nie.

’n Bloedige burgeroorlog tussen die Noorde en die Suide moes eers gevoer en deur die Noorde gewen word.

Verskeie ander lande, waaronder Brasilië, het slawerny selfs nog later as die VSA, in sommige gevalle so laat as in die vroeë 20ste eeu, afgeskaf.

Dit bring my by die berig en artikel in Sondag se Rapport, wat waarskynlik reeds ’n stortvloed reaksie uitgelok het.

Eerstens was ek verras om te sien dat een van die drie geskiedkundiges op wie se werk dr. Van der Walt se beweringe berus, ons eie oom Jacobus (O.J.O.) Ferreira was.

Toe ek oom Jacobus daaroor SMS, laat weet hy hy was net so verras. Hy kon nie glo dat twee bladsye uit sy doktorale proefskrif van 32 jaar gelede (1978) nou in Rapport deel uitmaak van “nuwe inligting” wat “onthul” is in die nuwe boek nie.

Maar toe ek die tersaaklike bladsye uit oom Jacobus se proefskrif onder oë kry, was dit duidelik dat die “onthullings” van dr. Van der Walt juis daarop uit was om die konteks van die gebeure te verswyg.

Die verhaal wat op bl. 61 en 62 van die gepubliseerde proefskrif beskryf is, is een wat tipies is van die ou Transvaal in die 19de eeu en gaan min of meer soos volg: Waar oorloë en veldslae teen plaaslike stamme gevoer is, was daar uiteraard lewensverlies aan albei kante.

Gesneuwelde burgers het weeskinders en weduwees nagelaat, maar so ook gesneuweldes aan die kant van die vyandige stam. (Anders as baie koloniale magte van destyds wat dikwels gemeenskappe insluitend vroue en kinders geheel en al uitgewis het, het die Voortrekkers dit nie gedoen nie.)

Die vroue en kinders kon ook nie aan hul eie lot oorgelaat word nie en is dan by burgers ingeboek.

Voortrekkerwetgewing het die handel in sogenaamde inboekelinge verbied. Nogtans het ’n paar weerbarstiges dit nietemin gedoen, soos toe ene Landsberg wat geld aan ’n Vrystater, ene Mostert, geskuld het, sy skuld wou vereffen deur aan Mostert twee ingeboekte weeskinders te gee.

In die proses is baie skade aangerig en was dit vir M.W. Pretorius nodig om ’n brief aan sy adjunk, Stefanus Schoeman, te stuur om te eis dat strenger opgetree moet word teen burgers wat die wet oortree. Uiteraard is die brief geskryf in die taal en terminologie van die tyd, maar dit was tog tydgebonde.

Dit is dus duidelik dat feite soos hierbo uit die konteks daarvan weggeneem is, en dat ’n opgewarmde ou verhaal gepubliseer is waarin dr. Van der Walt se gevolgtrekking “dat dit niks anders as slawerny is nie” gestaaf word.

Gustav Preller skryf dat Andries Pretorius aan die einde van sy lewe gereeld besoek is deur Nongalaza, die hoofindoena van die Zoeloe-koning Mpande. Dit was reeds 15 jaar nadat Pretorius nie meer in Natal gewoon het nie.

By een van hierdie besoeke laat weet Mpande vir Pretorius dat die Britse koloniste die lewe al hoe moeiliker maak vir sy mense. Dat hulle Zoeloegemeenskappe molesteer en beoog om die Zoeloes te belas vir elke hut wat in Zoeloeland gebou is.

Hy vra of dit in orde sou wees as Zoeloe-impi’s gestuur word om al die Engelse in Natal uit te roei.

Pretorius het hom geadviseer dat daar reeds te veel bloed in Natal gevloei het. Mpande het die advies gevolg.

Indien Preller reg is, lyk dit of die beweerde “wegvoer” van Zoeloe-kinders op bevel van Pretorius ten minste nie by die Zoeloes se koning ’n wrokkigheid veroorsaak het nie.

Om dus die verhale van dr. Van der Walt te plaas nadat die verhale gestroop is van hul konteks (soos deur ’n oorspronklike navorser geboekstaaf), is dalk nie ’n aanval nie, maar dis ook nie ’n gegewe nie – dis ’n verarmende oorvertel van die geskiedenis wat ons verder neem van verstaan, verder van mekaar af en verder van die broodnodige konteks om ons mooi land met sy glories en sy skandes te waardeer.

* Willie Spies is ’n prokureur en ’n voormalige parlementslid van die VF+ van Pretoria.

- Rapport


http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Waarheid-en-fiksie-oor-slawe-20100710

POS GEPLAAS DEUR: KVB NUUSKAMER
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
DIE WAARHEID EN DIE LIEG OOR RAPPORT SE VOORTREKKER "SLAWE."
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: