IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Waar dit gaan oor lewe en dood

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Waar dit gaan oor lewe en dood   Sun Jul 11, 2010 8:51 am


2010-07-09 22:38
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel

Prof. Christof Heyns (51) gesels oor sy nuwe pos as spesiale rapporteur aan die VN se menseregteraad. Foto: Herman Verwey

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's


Marida Fitzpatrick
Al wanneer prof. Christof Heyns aan die verkeerde kant van die gereg beland, is een keer per jaar, kitaar in die hand.

“Ons het ’n ‘band’ in die fakulteit, die Outlaws, wat een keer per jaar optree.”

Die res van die tyd staan Heyns vierkant aan die regte kant en veg vir als wat goed en mooi en reg is.

Die afgelope vier jaar is hy die dekaan van Tuks se regsfakulteit en tussendeur gee hy klas in al wat ’n hogere regstema is by al wat ’n hogere internasionale universiteit is.

Volgende week vertrek hy juis weer Engeland toe om by Oxford die Britte oor internasionale reg en menseregte te gaan leer.

Nou kan Heyns nóg ’n indrukwekkende titel by sy reeds verstommende lys van grade en titels op sy CV voeg: Spesiale rapporteur aan die Verenigde Nasies (VN) se menseregteraad oor buitegeregtelike, arbitrêre en summiere teregstellings.

’n Langasem-titel vir ’n swaargewig-taak. Een wat meeste mense kortasem van angs sal maak.

Heyns moet ’n oog hou oor die héle wêreld se doodslagpraktyke.

In die Afrikaanse titel is “executions” taalkundig korrek as teregstellings vertaal, maar eintlik is teregstellings net ’n klein deel van die posbeskrywing, sê Heyns hier in ’n raadsaal by Tuks se regsfakulteit.

“Die eintlike woord is doodslag. Dit gaan oor enige doodmaak van ’n persoon wat in stryd is met internasionale reg. My eie bydrae is in die ekstreme gevalle, waar dit letterlik gaan oor lewe en dood.”

Wêreldwyd is dit 192 lande wat hy moet dophou – al die VN-lande.

En ja, dit maak hom ’n bietjie bang. “Dis baie direk, baie polities, baie konfronterend. Jy is in die spervuur. Die ‘stakes’ is baie hoog. Daar is baie min ruimte vir foute.”


Die aanstelling het vinnig gebeur. “Die Suid-Afrikaanse regering het my benoem en ek het gesê ek is beskikbaar om dit te doen. Toe ek weer kyk, word ek aangestel.”

En hy sien uit daarna, al is dit effens vreesaanjaend.

“Ek is op die regte ouderdom (51).”

Met sy grys hare en bril lyk hy soos ’n tipiese professor, maar sy swart soldatejas gee hom daai internasionale flair om by sy CV te pas.

Sy nuwe pos gaan hoofsaaklik drie take behels: om ’n aantal lande per jaar te besoek, om verslae te skryf aan die VN se algemene vergadering in
Genève en derdens om in noodgevalle in te gryp – “as iemand byvoorbeeld beweer iemand gaan onregmatig tereggestel word of daar was ’n geval waar doodstraf nie behoorlik ondersoek is nie”. Sy persoonlike mening oor die doodstraf gee hy baie versigtig, immer die diplomaat: “Ek dink dis ’n gevaarlike wapen vir ’n samelewing om te gebruik.”

Oor die Amerikaner Ronnie Lee Gardner, wat nou die dag voor ’n vuurpeloton in Utah tereggestel is, wil Heyns niks sê nie. “Ek is nog besig om my voete te vind met hierdie ding. Dis nog iets waarna ek behoorlik wil kyk.”

Maar wanneer daar oor sake van lewe en dood gepraat en besluit word, moet ’n mens onthou lewe op sigself is nie altyd lewe nie, sê Heyns, gesinsman met ’n vrou en drie kinders.

“As jy ’n persoon lewenslank aanhou, ondergaan die mens onherstelbare persoonlikheidskade. Jy bereik ’n punt waar jy eintlik ’n persoon stelselmatig doodmaak. Dis baie wreed. Dit vat meer as lewe om ’n sinvolle lewe te hê.”

Mense dink doodstraf se krag lê in die afskrikking, maar Heyns, wat self al mense in doodstrafsake moes verdedig, sê dis ’n wanopvatting. “Wat eerder iemand afskrik, is die wete dat hy gevang én gevonnis gaan word.”

Maar die doel van straf is ook vergelding. En doodstraf is in ’n groot mate die staat se manier om namens die mense die misdadiger se gruwelike misdaad te vergeld.

“’n Mens kan dit wraak noem as jy dramaties wil wees, maar ek dink vergelding het nog ’n plek in die reg.

“Strafreg is die mees primitiewe deel van die reg, maar ek dink dis reg so. Die strafreg moenie idealisties en naïef wees nie. Vergelding is deel van die menslike natuur. Mense gaan eie reg gebruik as die staat dit nie namens hulle doen nie.”

En dís waar menseregte en internasionale reg inkom: Om te sorg dat dit so menslik moontlik en volgens die regte prosedures plaasvind.

“Maar ek dink nie daar’s ’n maklike manier om dit te doen nie. Inspuitings, vuurpeloton, hang... ”

Hy blaas sy asem uit, skud sy kop.

Menseregte, sy groot spesialiteit, gaan oor “daardie minimum kern van menswaardigheid” wat by elke mens erken moet word.

“Menseregte gaan oor dít waarvoor die mens verantwoordelik is. Die vraag is: Wat skuld ons mekaar?”

En wanneer dit nié daar is nie, daardie minimum kern van menswaardigheid, voel mense hulle het nie ’n plek nie; “hulle is nie deel van die mensdom nie”.

Menseregte kan natuurlik ook oorbeklemtoon word. “Wat ons nie altyd genoeg sê nie, is dat regte ook verpligtinge het as teenkant. Ek dink ’n on­realistiese menseregte-benadering, waar jy byvoorbeeld net heeltyd op die regte van misdadigers hamer, doen eintlik die saak van menseregte ’n onguns.”

Daar moet ’n balans wees, want in ’n stabiele samelewing is daar ’n driehoekige skakel tussen menseregte, vrede en ontwikkeling, sê Heyns.

“As jy ’n vredevolle samelewing wil hê, moet jy menseregte beskerm.”

En nou is hy een van die pilare waarop daardie wêreldwye driehoek berus. Maak dit hom nie bang nie? Hy glimlag kalm.

“Jy’s darem nie op jou eie nie. Jy’s darem deel van ’n breër span.”

Die ideaal van die menseregtewêreld is utopies, sê hy. “’n Wêreld van leef en laat leef. Maar dis ’n stryd wat al baie lank aangaan en ek gaan dit nie in my leeftyd sien nie.

“Dis soos goed en kwaad: Daar’s altyd meer goed wat kom, maar ook meer kwaad.”


In 1994 het hy die kwaad ten nouste beleef toe wyle prof. Johan Heyns, sy pa, destyds verligte moderator van die NG Kerk, in ’n vermoedelik politieke sluipmoord vermoor is.

“Dit was ’n groot skok.”

Maar dís nie wat hom aangespoor het om in menseregte te spesialiseer nie. Tóé was hy al baie daarby betrokke nadat hy in die 1980’s in die VSA gaan studeer en die apartheidsregime met al sy foute van buite af kon beskou.

Sy pa se dood het hom wel gemotiveer “om baie harder te werk, om een of ander verskil te maak in ’n land wat soveel vra van sy burgers”.

Hy dink ’n ruk na, verstrengel sy vingers in mekaar. “Om op ’n manier sin te maak van die hele ding.”

En het hy? Sin gemaak? “Dis maar ’n aanhoudende proses.” Hy glimlag vredig. “Jy kan nie ooit sê jy het dit bereik nie.”

Baiemaal wonder hy wat sy pa sou sê oor die Suid-Afrika van vandag. “Ek wonder hoe hy sou gevoel het. En dis moeilik om te sê... Ek weet nie.”

Dinge kan so maklik skeefloop, mymer hy, en dís hoekom hy aanhou doen wat hy doen. By die VN, by Oxford, maar meeste van alles by Tuks se regsfakulteit. “Op die ou end gaan dit daaroor dat meer mense van ons land die kanse moet kry wat ek gekry het.”

Hy moet hardloop vir sy volgende afspraak, al wil hy nog gesels oor mense en regte en kinders en vroue.

Op ’n drafstap groet hy en wip by die deur uit; lig vir ’n man met die wêreld op sy skouers.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Waar dit gaan oor lewe en dood
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: