IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 BARBAARSE AANVALLE OP PLASE NEEM TOE OP DIERE

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: BARBAARSE AANVALLE OP PLASE NEEM TOE OP DIERE   Sat Jul 10, 2010 10:53 pm


Barbaarse beesslagting
2010-07-10 07:12


Uitgeput, vermink en getraumatiseer. Een van die koeie van mnr. Org van der Westhuizen, ’n veeboer naby Fochville, wat Maandag doodgeskiet moes word nadat veediewe haar pote stukkend gekap het. (Beeld)



Susan Cilliers

Beeld

Fochville. – Dit is ’n gesig wat taai boere aan die hart ruk: verminkte beeste wat bulkend van vrees en pyn op bebloede stompiebene probeer vlug.

140 beeste is die afgelope drie maande hier gesteel en wreedaardig deur ’n bende veediewe vermink.

Die diefstalle verteenwoordig ’n gesamentlike verlies van sowat R1 miljoen net aan beeswaarde onder agt boere in die Fochville-omgewing – sonder inagneming van inkomste­verlies, het Carl van Heerden, een van die boere, aan Beeld gesê.

Die veediewe steel die beeste snags en jaag hulle dan sowat 45 km tot by Lawley, ’n plakkerskamp naby Ennerdale, suid van Johannesburg.

“Van die beeste vrek weens uitputting op pad daarheen,” het Van Heerden gesê.

“By die plakkerskamp kap die diewe die beeste se pote stukkend sodat hulle nie kan weghardloop nie. Dan lê hulle die hele dag daar en bulk van pyn.

“Van hulle probeer selfs op hul verminkte pote opstaan voordat die diewe vroegaand terugkom en hulle slag.”

Dié hartverskeurende toneel het Org van der Westhuizen, ’n veeboer, Maandag begroet toe agt van sy beeste digby Lawley gevind is.

Ses het reeds gevrek en die Dierebeskermingsvereniging moes twee van kant maak.

“Dis ook ’n emosionele verlies, want ons het van hierdie diere met die hand grootgemaak. Ons verloor ook genetika vir teeldoeleindes,” het Van der Westhuizen gesê.

23 van sy beeste is sedert einde Mei gesteel.

Sonnyboy Shabalala, ’n boer, vertel hy het sowat drie weke gelede minstens R110 000 verloor nadat 16 van sy koeie gesteel is.

“Ek het vier teruggekry, vier is dood en vier is so erg gekap dat hulle doodgeskiet moes word.”

Shabalala het gesê die polisie doen niks en dat hy daarom genoodsaak was om twee wagte aan te stel om sy beeste op te pas. Van die ander boere moes geëlektrifiseerde heinings en alarmstelsels installeer.

“Ons huur ook ons eie vliegtuig om na die beeste te soek,” het Van Heerden gesê.

Shabalala, Van Heerden en die ander boere is veral bekommerd omdat veediefstal in hul omgewing die afgelope drie maande drasties toegeneem het, terwyl dit vir hulle voel die polisie trek skouers op.

“Hulle sê dis petty misdaad,” het Van Heerden gesê.

“Ons kry nie saaknommers as ons nie self navraag doen nie.

“Die polisie kom selde uit en het nie nagtoerusting om na gesteelde beeste te soek nie.”

Die vleis van verminkte diere wat deur die boere gevind en van kant gemaak moet word, kan nie verkoop word nie omdat beeste lewend by slagpale geslag moet word.

Van Heerden meen die polisie behoort meer klopjagte te doen om die leiers van die diefstalbendes vas te trek.

“Ons weet nie meer wat om te doen nie. As dit so aangaan, sal boere opgee. Wie gaan dan melk en vleis produseer?”

- Veediewe het vandeesweek 18 koeie en 22 kalwers ter waarde van sowat R178 400 op die plaas van André Botha, president van Agri Gauteng, gesteel, berig Sarel van der Walt.

‘Bêre boewe weg’

Freek Tomlinson, hoofbestuurder van Agri Gauteng, sê: “Ons is bewus van die probleem in die Fochville-omgewing.” Volgens hom vergader Agri Gauteng en die boere Dinsdag saam met die Suid-Gautengse veediefstaleenheid.

Tomlinson stem saam dat ’n sindikaat heel moontlik doenig is. “Veediefstal word al hoe meer georganiseerd. Dit bedreig veral die voortbestaan van kleinboere en grondhervormingsboere.

“Die enigste oplossing is om veediefstaleenhede uit te brei, beter polisiëring en om die skuldiges te vervolg en weg te bêre (in die tronk).”

‘Polisie 24 uur beskikbaar’

Die polisie gaan wel uit na boere wat veediefstalle aanmeld en daar is selfs ’n spoorsnyer wat help om beeste en diewe te soek, sê lt.kol. Hennie Maas, bevelvoerder van die Fochville-polisiekantoor.

Sy lede doen patrollies snags en is 24 uur op bystand, maar dis nie maklik om ’n veedief te vang nie. “Hulle beweeg in die nag en as die dier eers weg en geslag is, is daar niks wat die dief met die misdaad verbind nie.”

Volgens Maas is een veediefstalsaak in April, drie in Mei en vyf in Junie daar aangemeld. “As sake nie aangemeld word nie, kan ons niks daaraan doen nie. As boere ontevrede is met ons hantering van die sake, moet hulle my self kom sê.” Maas sê “die hel sal draai” as hy moet hoor sy polisielede gaan nie uit na veediefstaltonele nie. “Wat met die diere gedoen word, is barbaars.”

Hy meen ’n sindikaat is moontlik doenig, maar sê veediefstal neem gewoonlik in die winter toe.


http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Barbaarse-beesslagting-20100710

POS GESTUUR DEUR : KVB NUUSKAMER


Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
BARBAARSE AANVALLE OP PLASE NEEM TOE OP DIERE
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: