IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Gaan blaas doppies, Blade

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Gaan blaas doppies, Blade   Fri Jul 09, 2010 8:52 pm


2010-07-08 23:22
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Tim du Plessis

Kyk, daar is altyd ruimte vir beter werkverrigting by Suid-Afrika se vrye media. Maar ’n verstokte kommunis soos dr. Blade Nzimande is die laaste mens op aarde wat vir ons sal preek.

Sy idee van hoe die media in ’n samelewing funksioneer, is seker die motgevrete model van die gestorwe Sowjetunie, waar alle media onder die totale beheer van die staat en die regerende party was.

Nzimande en mnr. Gwede Mantashe, wat bedags sekretaris-generaal van die ANC is en snags voorsitter van die SA Kommunistiese Party, sal eers tevrede wees die dag as alle media in Suid-Afrika onder die dwingelandy van die ANC se “nasionale demokratiese revolusie” gebring word. Of dan dié ANC-faksie wat op enige gegewe tydstip die botoon voer.

Nzimande en Mantashe het hul perdjies teen die koerante opgesaal ná die opspraakwekkende erkenning deur ’n gewese senior joernalis van The Cape Argus in Kaapstad dat hy vyf jaar gelede geld gevat het by die Rasool-faksie in die Wes-Kaapse ANC met die doel om oud-premier Ebrahim Rasool polities te bevoordeel en te bevorder.

So is die lewe maar, dr. Nzimande. Sommige ouens vat geld in swart sakke, ander vat dit in bruin koeverte.

Sonder om hoogheilig te wees: Wat die gewese Argus-joernalis Ashley Smith gedoen het, is bedenklik. Dubbel so omdat hy op die betaalstaat was van ’n politikus.

Mediahuise kan maar weer elke hoekie en gaatjie in hul nuuskantore gaan besnuffel en bekyk om seker te maak hul joernaliste word op geen manier bevoordeel deur magtige politici of ryk sakelui nie.

Die vrye media het ’n kritiek belangrike rol in die huidige tydsgewrig in SA, veral om ’n teenwig te wees vir ’n arrogante ANC met hopeloos te veel politieke mag.
Die media kan egter hul rol in die demokrasie net na behore speel as die publiek hul integriteit aanvaar. ­Hulle hoef nie van ons te hou of van die werk wat ons doen nie; solank hulle net kan aanvaar ons is eerlik en handel in goeie trou.

Die beste moontlike voorsorg en beheer sal nietemin nie verhinder dat ’n Ashley Smith-situasie weer gebeur nie. Soos die kerkmense sê, ons leef in ’n gebroke wêreld.

Die prokureursberoep het die beste stelsel denkbaar om trustgeld te beskerm. Tog is daar jaar ná jaar prokureurs wat trustgeld steel.

Niemand dink elke diefstal beklad die hele prokureursberoep nie. Hoekom dan sê die Ashley Smith-voorval plaas alle joernaliste in die beskuldigdebank?

Of maak dit al die media in die land “huiwerig en lafhartig” – die woorde wat die snipperige Nzimande dié week gekies het om sy reaksie te beskryf. Hy moet ons liewer vertel hoekom dink die ANC-regering dis maar in die haak om Rasool Washington toe te stuur as SA se ambassadeur terwyl daar bewerings op die tafel is dat Rasool joernaliste omgekoop het. Die korrupsie-gewer is mos nie minder skuldig as die korrupsie-ontvanger nie.

Die grootste gros werkers in die SA mediabedryf is toegewyd en streef elke dag na hoë joernalistieke standaarde. Talle joernaliste doen verslag en lewer met onwrikbare eerlikheid en merkwaardige dapperheid kommentaar op dinge wat skeefloop in die land, meestal weens ANC-vergrype en versuime.

Hulle weet hulle doen ’n ondankbare werk. Hulle is “die volk se brandsiek-inspekteurs”, in wyle Schalk Pienaar se woorde.
So, ek steur my presies niks aan die fulminasies van Nzimande en Mantashe nie. Hulle is siniese, opportunistiese politici, boonop verbonde aan ’n party wat totaal gestroop is van enige morele gesag.

Hulle verfoei die vrye media, veral die land se kommersieel suksesvolle koerante. Want dis net die koerante, tesame met die howe, die amptelike opposisie en enkele instellings van die burgerlike samelewing wat ’n teenvoeter is vir die ANC se inherente korrupsie en chroniese onbekwaamheid.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Gaan blaas doppies, Blade
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: