IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 ’n Winchester-geweer, ’n plaasaanval en die ‘mafia’

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: ’n Winchester-geweer, ’n plaasaanval en die ‘mafia’   Fri Jul 09, 2010 8:50 pm

2010-07-08 22:06
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel

’n .303-geweer in ’n geheime kompartement van ’n Gauteng-geregistreerde bakkie wat deur die polisie in Zimbabwe onderskep is.

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's


Julian Rademeyer
’n Winchester-jaggeweer wat in ’n plaasaanval in Limpopo gebuit is, is ’n belangrike sleutel in die verhouding tussen die sogenaamde “Musina-mafia”, onwettige renosterjag in die suide van Zimbabwe, en misdaad­bendes wat handel dryf in onwettige en gesteelde wapens.

Dié .375-jaggeweer met die reeksnommer G1179783 is in April deur die Zimbabwiese polisie naby die Bubyevallei-bewaringsgebied gevind in die besit van wildstropers wat renosters gejag het.

Die geweer was met ’n spesiaal-vervaardigde knaldemper toegerus. Knaldempers is onwettig in Zimbabwe.

Onder die ses jagters wat in hegtenis geneem is, is mnr. Andrew Bvute, ’n veeartsenykundige amptenaar by die Zimbabwiese direktoraat vir plaagbeheer. Hy word verbind met nog voorvalle van onwettige jag.

Bvute het die jaggeweer gedra en in ondervraging gesê hy het dit gekry by mnr. Johan Roos, ’n veroordeelde wilddief van Musina.

Hy het beweer Roos het dit aan hom gegee om renosters mee te jag.

Bvute is later met $100 (sowat R750) beboet en vrygelaat.

Beeld het dié Winchester .375 teruggespeur na ’n aanval op 8 Mei verlede jaar op die plaas Nekel, 4 km van die wêrelderfenisgebied Mapungubwe in Limpopo. Die slagoffers van die aanval was mnr. Faan Lemmer (91), sy seun, Faan jr. (67), en dié se vrou, Christie (60).

Hulle is deur vier gewapende mans oorval en drie uur lank geterroriseer.

Die gesin het ná die aanval die plaas verlaat en woon nou in Musina – ironies genoeg ’n paar straatblokke van Roos af.

“Hulle het my uitmekaar uit gebliksem. Daar was bloed orals,” het Lemmer jr. gesê.

“Ons was baie nalatig. Alles was oop, maar vir 41 jaar was dit nie nodig om deure te sluit nie.”

Lemmer jr. en sy vrou het in ’n woonstel net onder die hoofhuis gewoon. Lemmer sr. het alleen in die hoofhuis gewoon.

Die booswigte het Lemmer sr. aangerand en op die linkerbeen geslaan.

Hy is doof en kon nie die rowers se vrae hoor nie.

“Toe ek daar aankom, sê hulle nie ’n woord nie. Die een vat my arm en hulle lei my uit die huis uit. Toe ek op die agterstoep kom, begin hulle my slaan, vermoedelik met ’n yster,” het Lemmer jr. gesê

Die rowers wou “baie geld” hê en het gewaarsku: “As julle ’n geluid maak, maak ons julle dood.”

Lemmer jr. se vrou is ook vasgebind, maar het daarin geslaag om ’n klein messie onder ’n kartondoos weg te steek.

Die rowers het die geweerkluise op die plaas leeggemaak en is uiteindelik vort met vyf jaggewere, ’n pistool, R13 000, ’n kamera, motorsleutels en drank.

In ’n poging om hul guns te wen, het Lemmer gelieg en gesê hy het vir die ANC gestem. “F*k die ANC,” het die een man geantwoord.

’n Halfuur later het mev. Lemmer haar losgesny en die ander bevry.

Lemmer jr. het 15 steke in sy kop gekry. “My arm was geel en blou vir maande. Ek dink ek het probeer keer toe hulle my geslaan het.”

’n Dag ná die aanval het die polisie mnr. Stephen Moleya (26), ’n Zimbabwiër, aangekeer en drie van die vuurwapens gekry.

’n 9 mm-pistool en twee jaggewere, ’n 30-06 en die .375, was weg en sy makkers het spoorloos verdwyn.

Dit is onbekend hoe die .375 by Roos sou uitgekom het.

Ondersoekers glo ’n knaldemper is in Suid-Afrika vir die geweer vervaardig voordat dit Zimbabwe toe is en op 19 April by wildstropers gekry is.

Luidens ’n verslag wat ingedien is by die Mwenezi-speurtak in Zimbabwe, het lede van Bubye se bewaringsmag twee dae vantevore die spoor van twee wilddiewe in die bewaringsgebied gekry. ’n Wit dubbelkajuit-bakkie met vier insittendes het op ’n pad naby Bubye op hulle gewag.

Die polisie het hulle aangehou en ondervra. Hulle het beweer dat Roos nog vroeër dié dag by hulle was.

Hy het ’n wit enkelkajuit Ford Ranger-bakkie gery, maar het die hasepad gekies toe hy ’n Land Cruiser met polisie in die gebied sien.

Die wilddiewe is in hegtenis geneem en hul bakkie gekonfiskeer.

Twee dae later, terwyl geheime polisie-agente in die bakkie gewag het, het die twee wilddiewe uit die bos uit na hulle gestap.

Hulle het gedink die polisiemanne is hul makkers wat op hulle wag.

Een van hulle was Bvute wat die .375-geweer met die knaldemper gedra het. Hy het erken dat Roos die geweer aan hom gegee het en hulle opdrag gegee het om renosters te skiet. Hy het egter later sy verklaring teruggetrek.

Die Zimbabwiese polisie het die laaste ruk verskeie ander jaggewere gekonfiskeer.

Een van hulle was ’n .303 wat versteek is in ’n geheime kompartement van ’n bakkie met ’n Gautengse registrasienommer, PZV 958 GP.

Die loop is aangepas om ’n knaldemper te akkommodeer.

Mnr. Blondie Leathem, bestuurder van Mazunga Safari’s en ’n veteraan in die stryd teen wildstropery in dié land, sê die .303’s wat met knaldempers toegerus is klink soos .22’s.

“Dit is ’n gesofistikeerde stuk toerusting en net ’n wapensmid sal so iets kan maak,” sê Leathem.

Ondersoekers in Zimbabwe glo dat die knaldempers in Suid-Afrika vervaardig word.

Twee Limpopo-wapenhandelaars word met die Musina-mafia verbind.

Hul name is aan Beeld bekend.

Mnr. Faan Lemmer sr. (91), sy seun, Faan Lemmer jr. (67), en dié se vrou, Christie (60), wie se wapen in wildstropers se hande opgeëindig het.
Foto: Julian Rademeyer

Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
’n Winchester-geweer, ’n plaasaanval en die ‘mafia’
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Aanval op ons mense / Attack on our people-
Spring na: