IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Om (ANC) te dien en te beskerm

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Om (ANC) te dien en te beskerm   Wed Jul 07, 2010 9:14 pm

2010-06-30 22:15


function openPrintWindow() {
myPrintWindow = window.open('http://www.beeld.com/printArticle.aspx?iframe&aid=1f72fd71-4c0d-4bf2-91c4-5f6e927f74d6&cid=1979','myPrintWindow','toolbar=0,location=0,directories=0,status=0,menubar=0,scrollbars=1,resizable=0,width=750,height=600');
}






Mnr. Julius Malema, leier van die ANC se jeugliga. Foto: Khaya Ngwenya

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's




Frans Cronjé


Het mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, ’n spesiale verhouding met die polisie? Frans Cronjé bevraagteken die houvas wat die
regerende party op die veiligheidsdienste het.


Die bewering dat elemente in die ANC-jeugliga die polisie gebruik het om hul politieke opponente in April van ’n partykongres in April te verwyder, moet ernstig opgeneem word.

As die bewering waar is, kan dié gedrag ’n nuwe era in Suid-Afrikaanse politiek ná 1994 inlui.

Koerante het onlangs berig Malema het senior polisielede in Limpopo beveel om in April afgevaardigdes van ’n verkiesingskongres van die jeug­liga te verwyder.

Die afgevaardigdes was glo opponente van Malema.

Hulle wou die leierskap van die jeugliga in die provinsie betwis.

The Times het ’n video op sy webwerf geplaas wat wys hoe Malema die opdragte gee.

Koerante het ook berig dat die polisie geweld gebruik en rubberkoeëls geskiet het om sy teenstanders te laat padgee.

Die onafhanklike klagtedirektoraat ondersoek die saak nou nadat die DA ’n klag ingedien het.

Suid-Afrika se Polisiewet van 1995 skryf duidelik voor dat die polisie ’n onpartydige rol in Suid-Afrika moet speel.

Eintlik is die beweerde voorval nie verbasend nie, om die volgende redes:

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ’n lang geskiedenis van partydigheid in Suid-Afrikaanse politiek.

50 jaar lank het die polisie die NP-regering ondersteun.

Dit was dalk ooroptimisties om te dink dat daardie institusionele geheue van lojaliteit aan magtige politieke bewegings heeltemal uitgesterf het.

Aan die hoof van die polisie is ’n voormalige ANC-politikus.

Dit wek die indruk dat die polisie verantwoordbaar is aan die ANC.

Die ANC self sê ook dat senior regeringsleiers deur die party ontplooi is en daarom eerstens aan die party verantwoordelik is.

Mnr. Fikile Mbalula, adjunkminister van polisie, is ’n voormalige ANC-jeugleier en glo ’n politieke bondgenoot van Malema.

Hy was na bewering teenwoordig op ’n partytjie in Malema se huis waar dié na bewering ’n polisielid aangerand het.

Daar is ook bewerings dat verkeersbeamptes wat Malema vir spoed afgetrek het, waarskuwingsbriewe van hul hoofde gekry het.

Weer is die indruk gewek dat die polisie onder die direkte politieke beheer van die ANC as party val en nie die ANC as regering nie – ’n subtiele, maar belangrike onderskeid.

’n Tyd gelede het Malema gesê kwaadstokers het sy liga binnegedring en dié mense moet gearresteer word.

Dis moontlik dat hy verwys het na die demokratiese proses in die ANC waarvolgens jeugleiers verkies word.

Sy dreigement van arrestasie sou egter ’n duidelike waarskuwing aan sy teenstanders in die party gestuur en hulle duidelik laat verstaan het wat met enigiemand sou gebeur wat hom probeer ontsetel.

Senior ANC-politici maak altyd seker dat hulle omring is deur ’n falanks swaar gewapende polisielede.

Die blouligkonvooie wat die land se politieke leiers rondkarwei, is ’n berugte onding op Suid-Afrikaanse paaie.

Hul bullebakkery en dikwels gewelddadige gedrag is goed gedokumenteer in die media.

Laastens is daar die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge se verslag wat oor ’n paar weke beskikbaar sal wees wat daarop dui dat dissipline en beheer in die polisiemag beduidend afgetakel is.

Polisiebeamptes blyk nie aanspreeklik gehou te word vir dissiplinêre oortredings en dikwels selfs strafregtelike oortredings nie.

In so ’n omgewing is dit vir politieke leiers maklik om die swak plekke in die polisie se leierskap uit te buit en polisielede te dwing om polities partydig op te tree.

As dit waar is dat daar ’n “spesiale verhouding” tussen die ANC en die polisie bestaan, moet daar verwag word dat die ANC daardie verhouding sal misbruik.

Dit is veral so as ’n mens die bitter politieke twiste in die ANC en sy alliansievennote in gedagte hou.

Om die waarheid te sê, as mens in ag neem wat op die spel is vir mense wat politieke beheer in die ANC wen of verloor, is dit eintlik verbasend dat ons nie meer voorvalle sien waar die ANC die veiligheidsmagte misbruik in sy partypolitieke binnegevegte nie.

Sommige meen ons hét dit al gesien. Oudpres. Thabo Mbeki het ook na bewering die intelligensiediens misbruik om op sy politieke teenstanders te spioeneer totdat hulle die bordjies verhang en die intelligensiediens gebruik het om seker te maak korrupsieklagte teen pres. Jacob Zuma word laat vaar.

Dit kan so wees, maar ons het nog nie iets so kras en blatant gesien soos ’n opdrag aan ’n polisieman om ’n politieke teenstander van ’n verkiesingskongres te verwyder sodat ’n verkiesing gewen kan word nie.

As hierdie gedrag nie nóú uitgeroei word nie, kan ons verwag dat dit ’n presedent gaan skep wat met verloop van tyd ’n toonaangewende rol in Suid-Afrikaanse politiek gaan speel.

Frans Cronjé is die adjunk- uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV).

Dié artikel het in die instituut se aanlyn-nuusbrief SAIRR Today verskyn.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Om (ANC) te dien en te beskerm
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: