IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Die hen en die goue eiers

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Die hen en die goue eiers   Tue Jul 06, 2010 9:55 pm

2010-07-05 14:30


function openPrintWindow() {
myPrintWindow = window.open('http://www.beeld.com/printArticle.aspx?iframe&aid=b7ba8d03-3157-41f8-a529-fe6cd9bd2583&cid=1992','myPrintWindow','toolbar=0,location=0,directories=0,status=0,menubar=0,scrollbars=1,resizable=0,width=750,height=600');
}








Grafika: Jaco Grobbelaar

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's




Marida Fitzpatrick


Die jongste uitsprake deur mnr. Buti Manamela van die Jong Kommunisteliga het almal op hol.

Gaan die regering toegee aan die toenemende druk van die linkses om meer sosialisties te word?

Kenners het aan Marida Fitzpatrick gesê dis nie ’n kwessie dat dit gáán gebeur nie; dit gebeur reeds.

In waarskynlik ’n woordflater het Manamela, nasionale sekretaris van die Jong Kommunisteliga (JKL), gesê regstellende aksie sal net wegval die dag wanneer wit jong mense net so min soos hul swart tydgenote het.

Net so min.

Dié uitlating, sou die kapitaliste sê, illustreer die presiese rede hoekom kapitalisme ’n beter idee is as sosialisme: omdat die fokus van sosialisme is dat almal ewe min moet hê, dat kapitalisme die skewe verspreiding van rykdom is terwyl sosialisme die gelyke verspreiding van armoede is.

Maar Manamela het dit waarskynlik nie bedoel nie of sy woorde is dalk verdraai, het mnr. Jeremy Cronin, adjunk-sekretaris-generaal van die SAKP, vir hom geskerm.

Die vraag bly staan: Is ’n skuif na sosialisme die antwoord op Suid-Afrika se werkloosheid- en armoede-krisis, of gaan dit ons juis in nog groter ellende dompel?

Voordat hy dié vraag wil antwoord, verander mnr. Dawie Roodt, hoofekonoom van The Efficient Group, die terme: Pleks van sosialisme verkies hy die term “sentraalbeheerde stelsel”, en pleks van kapitalisme “die vryemarkstelsel”.

“Dan raak jy van die politieke bagasie ontslae,” sê hy.

Maar sy antwoord is onomwonde: Die vryemarkstelsel ís beter.

“Daar is eenvoudig geen argument daaroor nie. Wat die ekonomie betref, kan geen mens aanvoer dat ’n sentraalbeheerde stelsel beter is nie.”

Natuurlik stem Cronin nie saam nie.

“Van die 13 miljoen werknemers in Suid-Afrika verdien 3,5 miljoen minder as R1 000 per maand. Daarom kan ons nie net ’n kapitalistiese ekonomie aanvaar nie,” sê hy.

“Die sogenaamde vryemark is nié vry nie.”

Hoe dit ook sy, Suid-Afrika is besig om links te beweeg in die rigting van sosialisme, reken die kenners.

“Die eenvoudige manier om dit te meet,” verduidelik Roodt, “is om te kyk hoe groot word die staat.

En in Suid-Afrika speel die staat elke jaar ’n al hoe groter rol. Hy vat ’n groter hap uit belastings en ekonomie. Ons is besig om meer sosialisties te word.”

Mnr. Flip Buys, uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit, stem saam: “Ons beweeg al hoe meer na herverdeling toe.

“Wat vir my verbasend is, is dat mense dit nie al lankal agtergekom het nie. Ek meen, ons netto-belasting is die hoogste in die wêreld.

Behalwe Noord-Korea is ons die enigste land in die wêreld waar die staat vir mense huise bou.

“Op die oomblik ontvang 14?miljoen Suid-Afrikaners welsyntoelaes (teenoor 2,4 miljoen in 1994), en hulle wil dit opstoot na 18 miljoen.”

Die kenners is dit eens dat dit nie volhoubaar is nie. Ook Cronin, wat meen die miljoene mense op staatstoelaes is ’n “reuse-prestasie”, gee toe 5 miljoen belastingbetalers kan nie aanhou om ’n bevolking van 50 miljoen mense te dra nie.

“Dit is nie fisiek moontlik nie,” benadruk Roodt.

In die sosiologie kan jy praat van die verhouding tussen die individu en die groep, verduidelik prof. Anton Senekal, sosioloog aan die Universiteit van Johannesburg.

In die ekstreme sosialisme het die groep die oorhand oor die individu, en in die ekstreme kapitalisme het die individu geen agting vir die groepsbelang nie.

In eersgenoemde geval kry jy ’n totalitêre staat soos Nazi-Duitsland, die voormalige Sowjet-unie en die huidige Noord-Korea.

In laasgenoemde geval beleef die land anargie en kry jy naakte markgedrewe kapitalisme, waar wins voor mense gestel word en mense op allerlei wyse uitgebuit en misbruik word.

“In albei hierdie gevalle is die verhouding tussen die individu en die samelewing versteur. Dis sleg vir die individu en vir die land. Hoe meer die twee in harmonie is, hoe beter werk die land.”

Maar ja, beaam Senekal, dit lyk of Suid-Afrika wegbeweeg van harmonie en oorhel na die sosialistiese kant – waar die groepsbelang swaarder weeg as dié van die individu. En dit het verreikende gevolge.

“As jy te veel klem op die groep gaan lê, gaan die klein groepie individue wat belasting betaal en ’n bydrae lewer, moedeloos raak, verdwyn, sakeondernemings toemaak, psigies migreer.”

Want die individu en die groep is onlosmaaklik deel van mekaar.

“My regte is jou pligte en jou regte is my pligte. Dít vergeet ons,” maan Senekal.

“Regte kan alleen vervul word as iemand anders ’n plig nakom. As 50 miljoen mense regte opeis maar nie verpligtinge aanvaar nie, dan moet dit uiteindelik sosiale disintegrasie tot gevolg hê. Die samelewing breek op.”

Roodt sê Suid-Afrika se “kultuur van regte” is die gevolg van mense hier wat na ryk Westerse lande kyk en hulle beny.

“Ons sien hulle het al hierdie voordele – medies, tersiêre opvoeding, aftreepensioene. Nou wil ons al hierdie goed vir ons mense gee en ons noem dit ‘regte’.”

Die krisis is dat dié voordele nog nie vervaardig is nie; dat die welvaart om dit te finansier, nog nie geskep is nie.

Dié probleem het al in die 1990’s ingesluip tydens die onderhandelinge oor die Grondwet, sê Buys.

Dit was net ná die val van die Berlynse Muur en niemand wou die woord ‘sosialisme’ noem nie; ook nie die ANC nie.

Trouens, die ANC het met vryemark-retoriek aan bewind gekom.

Maar die party het volgens Buys sy sosialistiese doelwitte behou, dit “in menseregte-terme getooi” en dit só in die Grondwet ingeskryf gekry.

Nou het die land ’n Grondwet waarin elke burger ’n huis met water, elektrisiteit en toelae vir elke kind belowe word, terwyl die hulpbronne nie bestaan om dit vir mense te gee nie.

Buys vergelyk dit met die Amerikaanse grondwet, waarvolgens elkeen die reg het op die “ pursuit of happiness ”.

“Elkeen het dus die reg om te streef na ’n huis en na ’n goeie lewe en ’n pensioen. Maar in Suid-Afrika sê ons elkeen het die rég op ’n huis. Dán sê jy iemand anders het die plig om daai huis te betaal.”

Om dié reg en al die ander regte te verwesenlik, is die regering besig om al hoe meer van die rykdom te verdeel. As dit so aanhou, waarsku Roodt,gaan daar nie rykdom oor wees om te herverdeel nie. Dan sal die staat armoede verdeel.

Nee, sê Cronin, hy en sy mede-sosialiste bepleit allermins “’n sosialisme van armoede”.

Wat die kapitaliste vergeet, sê hy, is dat Suid-Afrika ’n baie spesifieke soort kapitalisme het en dat hierdie kapitalisme ’n lang en wrede geskiedenis van imperialisme en onteiening het; dat die sogenaamde “vryemark” deur allesbehalwe vryheid gevorm is, maar deur “siellose, hartelose bedrywe van die sogenaamde vryemark”.

Kapitalisme het na Suid-Afrika gekom met die mynrevolusie in die 1870’s en 1880’s.

Reuse-welvaart het baie vinnig hier beskikbaar geraak en is oorheers deur multinasionale, meestal Britse korporasies ná ’n uiters aggressiewe imperialistiese oorlog genaamd die Anglo-Boereoorlog, sê Cronin.

“Die sogenaamde Rand lords het hul rykdom nie op onskuldige wyse bymekaar gemaak nie. Dit was die gevolg van onteiening en imperialistiese oorloë; die onmenslike uitbuiting van werkers.

“Kapitalisme het daarom nie organies in Suid-Afrika gegroei nie. Dit is soort van op ons losgelaat.”

Dinge het intussen verander, “maar struktureel het ons ekonomie grootliks dieselfde gebly. Ons ekonomie het dieselfde enorme strukturele probleme,” sê Cronin.

Probleme wat volgens hom nie deur die eenvoudige kapitalistiese antwoorde van ekonomiese groei of welvaartskepping opgelos kan word nie.

“Die tien jaar lange ekonomiese groei tussen 1998 en 2008 was werklose groei. Dit het nie werk geskep nie. En dit was vóór die resessie.”

Die rede hiervoor is dat Suid-Afrika steeds, soos tydens die goud- en diamantstormloop in die laat 1800’s, ’n primêre uitvoerder is en ’n onderontwikkelde en swak vervaardigingsektor het, sê Cronin.

“Ons het nooit werklik ’n suksesvolle oorgang gemaak na ’n ekonomie waar ons self goedere vervaardig en vaardighede ontwikkel nie.”

Dít is hoekom Suid-Afrika se werkloosheid so hoog is en so hoog bly, ongeag ’n dekade se ekonomiese groei.

Volgens Cronin het die werkloosheidsyfer in 1994 op 24% gestaan. Veertien jaar later, konsekwente ekonomiese groei ten spyt, was die syfer presies dieselfde: 24%.

Vandag is dit nóg hoër – nader aan 27%, sê Cronin. En dit is volgens die eng definisie. “Gebruik jy die breër definisie, trek ons by 40%.”

Die jongste syfer is dalk te wyte aan die wêreldwye ekonomiese resessie, maar hoekom het tien jaar se ekonomiese groei nie teen 2008 ’n duik in werkloosheid gemaak nie?

“Dis as gevolg van kapitalisme en die spesifieke soort semi-koloniale kapitalisme in Suid-Afrika,” hou Cronin vol.

Wat die land nodig het, is ’n ander soort ekonomiese groei – een wat die vervaardigingsektor in rat in sal skop en die ekonomie in werkskepping sal skoei.

“Dit kan kleiner ekonomiese groei wees, maar een wat die patroon gaan verander; wat die samelewing meer gelyk sal maak. Dit kan welvaart skep sónder om ryk individue te skep.”

Terwyl die reeds oorlaaide staat al hoe meer stoei om aan die onrealistiese verwagtinge van die Grondwet te voldoen, verkondig die linkses aan die massas dat hulle arm is omdat die rykes ryk is.

Roodt, Senekal en Buys noem dié argument, wat sosialiste dikwels aanvoer, ’n “fundamentele denkfout”.

Maar Cronin hou vol: “Ryk mense ís grootliks ryk omdat hulle die meerderheid mense uitgebuit het. Dis voor die hand liggend in Suid-Afrika.”

Dr. Wessel Visser, geskiedkundige wat spesialiseer in arbeids- en vakbondgeskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch, sê dié denkwyse spruit uit Marxisme.

Karl Marx het in die 19de eeu Das Kapital gepubliseer toe die Nywerheidsrevolusie hoogty gevier het en daar inderdaad dinge soos kinderarbeid, uiters gevaarlike fabrieke en uitbuiterlone bestaan het.

“Marx het basies gesê die wêreld bestaan uit die meerderheid uitgebuitenes en ’n minderheid uitbuiters wat beheer het oor alle produksie en grond­stowwe.”

Hy het voorspel dat kapitalisme uiteindelik in duie sou stort en die pad voorberei “vir ’n sogenaamde sosialisme; ’n bestel waarvolgens elkeen kry wat hy nodig het”.

Geweld was noodwendig, het Marx gesê, want die kapitaliste sou nie hul mag bloedloos prysgee nie.

Sy filosofie het groot inslag gevind, veral onder die werkersklas in Wes-Europa. “Dit was vir hulle die oplossing wat nie die kerk of die staat kon bring nie.”

Vandag, 150 jaar later, is dié filosofie, soos wat Cosatu en kie. dit vir Suid-Afrika se massas opwarm, steeds baie aanloklik.

’n Sosialistiese samelewing soos Marx dit in Das Kapital wou hê en voorspel het, het nooit gebeur nie, “want anders as in die natuurwetenskap, kan jy nie ’n wetmatigheid aan die menslike karakter en natuur toedig nie. Dís waar Marx die groot fout gemaak het,” sê Visser.

Waar lande die sosialistiese eksperiment wel beproef het en een of ander variant van Marx se ideaal in werking gestel het, het dit klaaglik misluk.

“Ná die val van die Berlynse Muur was daar ’n groot ontnugtering in Oos-Europa met die sosialisme, want dit het glad nie vir mense verligting gebring nie.”

Tog bied Suid-Afrika se linkses dit steeds as ’n ideale oplossing vir Suid-Afrika aan.

“As die meerderheid van ’n land arm is, is daar nie ’n beter manier om jou ratings in die verkiesing te verhoog as om dinge vir die armes te belowe of te gee nie,” sê Buys.

“Die middelklas is die slaansakke.”

In Suid-Afrika het die ryk/arm-verdeling boonop ’n baie sterk rasse-element.

“Omdat jy ’n wit/swart verdeling van hulpbronne gehad het in die verlede, verleng mense die vyand wat hulle in die apartheidstaat gesien het, na die ekonomie,” verduidelik Visser.

“Politieke vryheid was een stap, maar mense sê hulle het steeds nie ekonomiese vryheid nie.”

Nou maak ouens soos Cosatu en mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, geluide van nasionalisering en dat die staat bates moet gryp.

“Ondanks die feit dat sosialisme hom in 70 jaar nie goed bewys het in die Oosblok-lande nie, het mense hierdie ideologiese, utopiese idee daarvan.”

En as hulle nie daarvan afsien nie, voorspel dit groot probleme vir Suid-Afrika, wat reeds ’n produktiwiteitsprobleem het, sê Visser.

“Die sosialistiese eksperiment sal vir ’n land soos ons s’n eenvoudig rampspoedig wees.”

Cronin, aan die ander kant, meen dit is kapitalisme wat rampspoed vir nie net Suid-Afrika nie, maar die hele wêreld inhou.

“Dis nie asof kapitalisme groot sukses behaal het nie. Kyk wat het met die wêreldwye ekonomiese krisis gebeur.

Kyk wat gebeur met die omgewing. Sosialisme móét moontlik wees, want kapitalisme kan ons nie wegstuur van globale selfmoord nie.

“As ons nie ’n wêreldekonomie daarstel wat gegrond is op mense se sosiale behoeftes pleks van wins nie, gaan daar geen Suid-Afrika of toekoms wees om van te praat nie.”

Visser gee toe dat kapitalisme die laaste jaar of drie ’n “bietjie van ’n slegte geur” gekry het weens roofkapitalisme en die wêreldwye ekonomiese insinking, maar hy hou vol: “Daar is nie ’n lewensvatbare alternatief nie.”

Die antwoord, is die meeste kenners dit eens, is ’n balans; ’n soort kompromie.

“Tot dusver lyk dit of die sosiaal-demokrasie die beste werk,” sê Visser.

“Jy’t ’n vrye ekonomie, maar verpligte staatsbesteding.”

Die Skandinawiese lande is volgens hom die beste voorbeeld van dié model, “waar hulle kapitalisme beoefen, maar met baie sosiale voorsiening”.

Suid-Afrika se regering probeer ook ’n soort sosiale demokrasie, sê Visser.

Die probleem, voeg Roodt by, is dat Suid-Afrika nie ’n ryk land is soos die Wes-Europese lande waar state met sterk sosialistiese elemente kan werk nie.

“Jy kan slegs vir mense behuising, gesondheid en opvoeding gee as jy rykdom het. Suid-Afrika het te min rykdom en die enigste manier om dit te skep, is om meer kapitalisties te word.”

Die teenoorgestelde is egter besig om te gebeur. Die kenners praat van ’n ideale balans tussen die twee, ’n versoening van kapitalistiese én sosialistiese elemente, maar Roodt sê ons is by daardie balans verby – “in die verkeerde rigting, in die sosialistiese rigting”.

En as die linkses hul sin kry en Suid-Afrika word ’n suiwer sosialistiese staat, gaan die stelsel uiteindelik, nes in Rusland, inplof, waarsku Visser.

“As jy geen belofte van beloning het om te werk nie, ontstaan die situasie waaruit die sosialistiese grap spruit: ‘You pretend to pay us and we pretend to work’.”

Dit is dán, maan Senekal, wanneer die staat die hen doodwurg – die hen wat goue eiers lê.

“En as jy daai hen doodmaak, is jou hen én die goue eiers weg – en dan bly net die armlastiges oor.”
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Die hen en die goue eiers
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: