IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Oorlog kom! Ek’t nooit gesê wanneer nie’

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Oorlog kom! Ek’t nooit gesê wanneer nie’   Tue Jul 06, 2010 9:45 pm

2010-07-03 23:20


function openPrintWindow() {
myPrintWindow = window.open('http://www.rapport.co.za/printArticle.aspx?iframe&aid=ac909442-e19b-4d6e-aa81-c0917f7a8168&cid=2315','myPrintWindow','toolbar=0,location=0,directories=0,status=0,menubar=0,scrollbars=1,resizable=0,width=750,height=600');
}








Gustav Zietsman Müller, leier van die Suidlanders. Foto: Alet Pretorius

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's







Pauw: Hoe groot is die Suidlanders?

Müller: Ons het nie ledegetalle of ledelyste nie. Ons het in elke dorp groepleiers. Die aktiewe lede wat nommers gee en so meer... so tussen 80 000 en 100 000. Misdaadintelligensie (van die SAPD) het in 2007 toe hulle my ondervra het, gesê hulle skat tussen 600 000 en 700 000 deel ons sentimente. Ons lei nou die jeug ook op.

- Glo jy werklik dat swart mense wit mense wil doodmaak?

Jy gaan dit sien! Ek ken Afrika, en ek het Afrika gaan bestudeer. En Suid-Afrika, sê ek vir jou... jaar, twee, drie van nou af, met die stakings en die revolusionêre klimaat onder die swartes – en óns (wittes) gaan definitief nie ’n oorlog begin nie – kan ’n geweldstoestand begin.

- Hoekom gaan dit gebeur?

Ek kan nou vir jou die ou se nommer gee. In Johannesburg was ’n swart man in ’n vragmotorongeluk gewees hierdie week, en toe het ’n paramediese ou hom gered of hom gehelp. Die swart ou het hom gister of vandag gebel en vir hom gesê: “Jy het my lewe gered, nou red ek joune. Julle wit mense moet binnekort sorg dat julle nie in die stede is nie.”
So kry ek daagliks sulke inligting.

- Dink jy nie dis uiters rassisties om te sê dat swart mense wit mense wil doodmaak nie?

Nee, hulle het nou die dag gesing “kill the Boer, kill the farmer” in ’n ANC-optog. Is dit nou net enkele radikales? Nee, kom ons wees nugter oor hierdie saak.

- Maar jy voorspel dit al lank.

En dit gaan gebeur! Ek het nog nooit gesê wanneer nie.

- Is dit nie ’n bitter gevaarlike boodskap wat jy uitdra nie? Een wat wantroue saai?

Nee, dis glad nie die doel nie. Hulle sing in optogte “maak die wittes dood”. Maar dis orraait, nè, hulle kan dit doen?

- So jy glo dit gaan gebeur?

As dit gebeur en geweld breek uit en my mense kom in gevaar, hier is fasiliteite geskep sodat ons dit oorleef.

- Maar waar in Afrika het dit al ooit gebeur?

Hoe het hulle mense in Kenia uitgejaag? Hoe het hulle die Mau-Mau in Zaïre? (Nota: Die Mau-Mau was in Kenia, nie Zaïre nie. – Pauw) Hoe het hulle in Angola?

- Jy praat van vryheidsoorloë wat gevoer is teen koloniale magte. Natuurlik sou hulle hulle uitgejaag het. Hulle het geveg vir vryheid. Hier’s nie swart mense wat veg vir vryheid nie. Hulle het vryheid.

Nou hoekom maak hulle 3 300 boere dood?

- Daar word elke jaar in hierdie land 20 000 mense vermoor. Dit beteken sedert 1995 is daar 300 000 mense vermoor, van wie 3 000 boere was. Dis net 1%. Hulle word nie in groter getalle vermoor as stedelike mense nie. Daar is geen bewyse van ’n politieke veldtog teen boere nie.

Ag, weet jy wat? Hoekom bind jy ’n huis toe met draad en steek die huis aan die brand met ’n vrou en twee kinders in?

- Dit gebeur in stede ook.

O, so dis nie polities nie?

- Nee, dis misdaad. Swart mense in die township is ook slagoffers van sulke misdaad.

So dis vir jou aanvaarbaar dat hulle ons so doodmaak?

- Nee. Ek het nooit gesê dis aanvaarbaar nie.

Die regering sê in sy witskrifte die grootste gevaar vir Suid-Afrika se stabiliteit is armoede en werkloosheid. Terwyl ek en jy vanaand in ’n warm bed gaan slaap, is daar miljoene wat in hierdie land in ’n sinkhuis gaan slaap. Wanneer stabiliteit tot niet gaan, sit jy met ’n revolusie. Dan is daar geweldpleging ter sprake. Wat is dan verkeerd om my mense te sê dat wanneer dit nou plaasvind, kom ons beweeg uit hierdie gevaarsone en bly veilig en aan die lewe. Wat is daarmee verkeerd?

- Jy’t geen twyfel dat hierdie oorlog gaan kom nie?

Jy gaan hom sien.

- Wanneer gaan dit kom?

Tyd is baie moeilik met hierdie dinge. In Kenia is ’n volksmoord oor tien jaar beplan. (Nota: Die volksmoord was in Rwanda, nie in Kenia nie. – Pauw) Hierdie stakings gaan eskaleer en as xenofobie dan nou uitbreek, gaan dit die land se ekonomie geweldig skade doen. Ons kan dit nie bekostig nie. As hierdie scenario voortduur, binne twee jaar, gaan jy my groentesaad bring op die plaas.

- Maar jy glo dit gaan gebeur met Mandela se dood?

Jy weet, baie swartes as hulle in woedebuie uitbars, dan sê hulle: “When Mandela die, we are going to kill you.” As daar iemand is wat bekommerd is oor sy veiligheid, dan gaan ons plase beskikbaar stel.

- Ek dink dis bangmaakstories sonder enige substansie.

Wat gaan jy doen as hierdie land in ’n revolusie verval? As hierdie gevaar uitbreek, gaan jy by my kamp aanklop vir hulp. Ek skakel met swartes wat nie aan geweld wil deelneem nie en ek staan hulle by met die oprigting van hul eie plekke, eie streke, eie kampe van veiligheid.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: Oorlog kom! Ek’t nooit gesê wanneer nie’   Tue Jul 06, 2010 9:46 pm

Nou verstaan ek nie mooi nie wat gaan hier aan, het Gustuv dan nie gese hy neem regs stappe nie. Nou geselfs hy dan lekker met die man.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000021142



Aantal posstukke : 121
Join date : 2010-02-13
Age : 37
Ligging : Mpumalanga

PosOnderwerp: Re: Oorlog kom! Ek’t nooit gesê wanneer nie’   Wed Jul 07, 2010 12:44 pm

Wat ek nie kan verstaan nie,is hoekom Gustav die swartes ook nou help.....dis n raaisel. Skape en jakkalse behoort net eenvoudig nie in een kraal nie.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: Oorlog kom! Ek’t nooit gesê wanneer nie’   Wed Jul 07, 2010 5:36 pm

Dis hier waar ons vrae begin antwoord word oor wat waar aan die gang is. Die vraag is egter hoekom praat hy met mense wat heel duidelik n swartsmeer komplot dryf en wat probeer hy beruik met dit.

En wat van al die beweerings van vrot wees van inligtings agente.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
Sponsored content




PosOnderwerp: Re: Oorlog kom! Ek’t nooit gesê wanneer nie’   Today at 2:23 am

Terug na bo Go down
 
Oorlog kom! Ek’t nooit gesê wanneer nie’
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: