IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Plaasnuus: Sjoe! Nee, só kan dit nie

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000005



Aantal posstukke : 295
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Plaasnuus: Sjoe! Nee, só kan dit nie   Fri Feb 19, 2010 2:14 pm

Sjoe! Nee, só kan dit nie
deur Antjie van die plaas
2010-02-18 01:40
Sjoe! Nee, dônner (skuus) – só kan dit nie aangaan nie! Die arme boere op die plase is al vuisvoos beskuldig van alle vergrype, selfs van die regering. Nou glads is plase deel van RSA se Haïti. Belaglik!
As boere (plaasboere) nie elkers verplig word om salarisse te verhoog nie, was daar nie soveel ellende nie. Asof die regering hulle mense (werkers) se salarisse in ag neem. Ek is self van die plaas en dis sleg om van die werkers te verminder. Ons het nie ’n keuse nie, veral in die huidige ekonomiese klimaat. Rome brand en die onderdane dans en vier fees.
Nog nooit het ek ’n plaaswerker se kind in die strate se asdromme sien krap vir kos nie. En hulle kom ook op die dorp. Al eet die plaaskind net pap, is hy versadig.
Elektrisiteit-tariewe gaan op sodat die afbetaalde bestuurder nog kan kry om te mors. Moord en doodslag, op plase, is aan die orde van die dag. Ag, nog een of twee daarmee heen, maar baie meer arbeiders wat van die plase moet af. Ek is regtig uit my hart jammer oor die wrede moorde in die swart woonbuurte.
Alles wat mooi was en die vertroue tussen die boer en sy werkers, is versuur.
Niemand vertrou niemand meer nie. Alles wat probeer word, word met agterdog bejeën.
In my jong dae was “Outa” ’n erewoord en het ons slae gekry as jy die oudstes net Jan, Klaas of Piet genoem het. Nou is dit ’n skelwoord. Ag nee, kom nou.
Ná vele beloftes voor die verkiesing oor vervoer vir plaaskinders na die naaste skool, het helaas nie veel gebeur nie. Wat daar was, is daar lankal nie meer nie.
Waar is die verpligte onderwys? Sodoende verhuis die werkers na woongebiede in uiters ellendige toestande. Op die plaas het hulle darem kos, krag en water gehad.
So, mense in die hoër instansies en regering, dink twee keer voordat julle die arme boere van alles laakbaar beskuldig. Kry jul feite reg. Uitsonderings is daar wel, net soos oral in die samelewing. Bid liewer vir boere as om hulle te verguis!
Lewer kommentaar op dié storie

Jak 2/18/2010 8:38:13 AM
Antjie liewe Antjie - wat dink jy gaan daaraan gedoen word? En nog meer - wat kan jy daaraan doen?

Die antwoord is 'sweet blow all'
Dr Elma Ross 2/18/2010 8:51:37 AM
Dis baie moeilik om te boer. Terselfdertyd: as daar nie boere is wat kos voorsien nie, sal niks anders saak maak nie.

Ondersteun eerder die boere, want plase is eintlik maar primire voedselfabrieke.
http://www.volksblad.com/Content/MyVolksblad/Briewe/2047/571f370674b94b8a80cfd97e1e04fef7/18-02-2010-01-40/Sjoe!_Nee,_s%C3%B3_kan_dit_nie
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000005



Aantal posstukke : 295
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Plaasnuus: Myngroep teiken wynlande   Fri Feb 19, 2010 2:15 pm

Myngroep teiken wynlande
2010-02-19 04:44
• Artikelopsies
• Deel
• Kry Die Burger op
Jorisna Bonthuys
Kaapstad

Die mynbedryf het die hart van die Bolandse wynstreek en dele van die Kaapstad-metropool in die visier.

Wynboere en grondeienaars is omgekrap oor prospekteerreg-aansoeke wat in die Bottelary-gebied naby Stellenbosch asook aan die voet van die Tygerberg deur ’n staatsbeheerde mynboumaatskappy gebring is.

African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC) (Bpk.) wil ontginningsregte bekom in onder meer die Bottelaryheuwels-Renostersveld-bewarea, ’n deel van die Jordan-wynlandgoed en die historiese De Grendel-landgoed.

Aansoeke hiervoor is ingevolge die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleum-hulpbronne by die departement van mineralehulpbronne ingedien. Die publiek kan tot 9 Maart reageer. Die mynboumaatskappy moet nou ’n omgewingsbestuursplan indien.

Die gebied by Stellenbosch waarvoor aansoek gedoen word, strek oor 4?700?ha en sluit in die plase Anneks Langverwacht 245, Haasendal 222 en die oorblywende gedeelte van Rosendal 249 Die maatskappy wil prospekteerregte bekom vir onder meer tin-, sink-, koper-, mangaan- en silwererts.

Die aansoek om prospekteerregte in die metropool sluit in Highlands 195, Hooggelegen 193, Hooggelegen 194, De Grendel 256 en De Grendel 255. Die maatskappy wil op dié eiendomme na tin-, lood-, sink-, koper-, mangaan-, silwer- en litiumerts soek.

Mnr. Tielman Roos van die Mooiplaas-wynlandgoed en -natuurreservaat in Bottelary het gesê hy het eers Sondag van dié planne gehoor. Die gebied grens aan sy eiendom. Roos, voorsitter van die Bottelary-bewarea, het gesê hy is uit ’n ekologiese én toerisme-oogpunt besorg oor die aansoek. Die bewarea, waaraan verskeie grondeienaars deel het, huisves van die laaste oorblywende stukke graniet-renosterveld – ’n hoogs bedreigde planttipe.

Die beoogde eksplorasie-bedrywighede is in ’n gevestigde landboustreek en boonop in die buffergebied van die Kaapse Wynland-biosfeerreservaat.

Van die eksplorasiegebiede is teen die luukse residensiële gebiede Zevenwacht Country Estate, Zevenwacht Village en Klein Zevenwacht.

Mnr. Gary Jordan van Jordan-wynlandgoed, wat tot Dinsdag onbewus was van dié planne, het gesê ’n groot deel van sy plaas is in die beoogde prospekteergebied. Hy gaan beslis protes aanteken. “As hier ’n myn moet kom, sal ek my kelder moet toemaak. Wat word van die 84 mense wat vir my werk en hul gesinne?”

Ook adv. Martin Coetzee, regsverteenwoordiger van die landgoed De Grendel, het aangedui dié aansoek sal teengestaan word. Omdat Haasendal 222 aan ’n residensiële gebied grens, moes AEMFC aanvullende dokumentasie met redes vir sy aansoek hier indien.

Lewer kommentaar op dié storie

Wally 2/19/2010 8:09:12 AM
Die groot vraag is : "Die wyn of die myn?"
NASIONALISERING 2/19/2010 8:17:28 AM
Eers verloor plaaseienaars hul mynbouregte. Nou doen 'n staatsmynboumaatskappy aansoek om die regte te bekom. Hierdie is net die eerste stappie om staatsbeheer oor die bedryf te kry.AEMFC is die Trojaanse perd waarmee nasionalisering gaan plaasvind.
Gebore Bolander 2/19/2010 8:26:59 AM
Dis loutere nonsens. Die Kaap is nie die plek vir mynaktiwiteite nie! Gaan Gauteng toe as julle wil opgrawe, die Kaap gaan nie soos die Tvl lyk nie, dis hoekom almal aftrek Kaap toe, nou wil julle nog die deeltjie ook wegvat. NONSENS. Die mense wat in die ZEVEN WACHT area gekoop het, het dit difinitief nie gedoel met die idee dat hul duur betaalde eiendom in 'n sinkgat kan verdwyn agv myn aktiwiteite nie. En wat die reservaat gedeelte betref, dis waarom dit in bewaring is, sodat mense nie net kan vat wat hulle wil nie. Waar teken mens amptelik beswaar aan hierteen? Moet ons briewe skryf, WAARHEEN? As iemand info het oor waarheen di eproteste moet gaan, laat weet tog hierso asb!
Qvadis 2/19/2010 8:29:11 AM
Om n langstorie kort te maak,die uiteinde sal wees,dat "Mynbou" meer werk sal verskaf as "Wynbou" en baie meer "Lewensvatbaar" vir uitvoere sal wees,en groter inkomste vir die Staat sal wees...wat die geld en werkskepping juis nou broodnodig het,om aan bewind te kan bly.
W.Immelman 2/19/2010 8:31:31 AM
Ek wil dit nie naby my hê nie. Ek bly nie ver van Bottelarey nie. Die stof wat dit gaan veroorsaak wat gaan lei tot mediese toestande en die addisionele verkeer. My eiendom se waarde kan beinvloed word deur dit. Ek gaan geen voordeel hier uit ontvang nie in teen deel dit sal net tot nadeel wees vir my. Gauteng se water is reeds soos gif van mynwese nou wil hulle die Kaap se water ook kom op f.
EISH 2/19/2010 8:45:00 AM
"deur ’n staatsbeheerde mynboumaatskappy gebring is."

Eks jammer mense - die skrif is aan die muur vir daardie plase. Asof die regering al OOIT omgegee het vir die publiek.

Verder ook, ek lui af van die name wat genoem word dat die meeste mense wit is, so ja, dit help julle ongelukkig nie veel nie.


Jammer mense en sterkte!!
fanie 2/19/2010 9:02:54 AM
Is hulle heeltemal befok?
Johan 2/19/2010 9:20:55 AM
Dis absurd !! 'n Gejaag na geld en in die proses word die pragtige Boland en Tafelberg verkrag. Almal moet protes aanteken...ons het net tot 9 Maart
F1 2/19/2010 9:27:24 AM
Hier kon nog 'n "Wildekus" ontwikkeling. Verdomp kan niemand dan leer nie. Maar geld sal seker weer wen.
warren van wyk 2/19/2010 9:32:43 AM
Ek dink nie dis iets goed om net myne op te rig nie . Ons as mens se gesondheid is meer belangrik , en wat ek ook dink is Stellenbosch 'n mooi plek en dit nou op te kom mors met myne is nie goed nie . Ek hoop julle besef wat julle doen aan die natuur .
Diffie 2/19/2010 9:36:03 AM
Mense nou moet ons keer ons kan nie toelaat dat hulle die Kaap kom opmors met hulle vuil mynbedrywighede nie. Hier is nou weer iets aan die gang wat nie lekker ruik nie!Gaan mors daar bo in die Transvaal waar alles klaar opgemors is!
F1 2/19/2010 9:42:37 AM
Hier kom nog 'n Wildekus! Verdomp leer die mense nie? Geld sal seker maar weer wen. By Merveville is steenkool. Hoe lyk dit Eskom...daar is 'n kans vir julle ook.
Baie bekommerde Zevenzicht inwoner 2/19/2010 9:45:06 AM
Dis vir my 'n GROOT skok, aangesien ons juis in daardie area gekoop het vir die plaas gevoel en rustigheid. Ek wil nie langs 'n myn bly nie!
Hoe gaan dit ons eiendoms waarde beinvloed?
Wie gaan my vergoed as my huis se waarde daal?
Hoe na aan ons eiendom gaan die myn aktiwiteite wees?
Vir hoe lank beplan hulle dit en wanneer?
Wat van die gesondheids implikasies?!?
Ek sou graag meer feite wou he.

http://www.dieburger.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1708/2ff7a671f1584908a993fa61060abe82/19-02-2010-04-44/Myngroep_teiken_wynlande
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Plaasnuus: Sjoe! Nee, só kan dit nie
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Plaasmoorde in SA-
Spring na: