IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Afrikaans: is op sy eie, sê staat

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000005



Aantal posstukke : 295
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Afrikaans: is op sy eie, sê staat   Fri Feb 19, 2010 2:06 pm

Afrikaans is op sy eie, sê staat
2010-02-08 06:34

Verwante skakels
• ‘Uitreiking nodig oor Afrikaans’
• ‘Afrikaans se plek by US is in onderrig’
• Afrikaans: Volhoubaarheid lê by studente
Philip de Bruin
Johannesburg - Daar bestaan geen moontlikheid dat die regering Afrikaans só kan help ontwikkel dat dit soos Engels op ’n vlak kom waar dit “ten volle kan deelneem en die vrugte kan geniet” van wêreldwye ontwikkelinge nie.

Dieselfde geld trouens al die ander landstale buiten Engels.

Só sê Philemon Wakashe, direkteur-generaal van kuns en kultuur, in ’n beëdigde verklaring wat met die volle toestemming van pres. Jacob Zuma en twee ministers Vrydag by die hooggeregshof in Pretoria ingedien is.

Die ministers is Jeff Radebe, minister van justisie, en Lulu Xingwana, minister van kuns en kultuur.

Wakashe se verklaring is ingedien in die geding waarin Cerneels Lourens, prokureur van Brits en stigterslid van die Vereniging van Regslui vir Afrikaans, ’n bevel vra dat die parlement, Zuma en die ministers gedwing word om hul grondwetlike plig na te kom deur ’n nasionale taalwet te aanvaar.

Lourens sê hy wil nie net verseker dat Afrikaans sy regmatige plek inneem nie, maar ook al die ander landstale wat tans “ondergeskik” is aan Engels.

Wakashe het in sy verklaring ’n vroeëre omstrede stelling herhaal dat dit nie die regering se skuld is dat Afrikaans homself nie kon verhef tot die hoë status wat Engels in die land het nie.

Hy, Zuma en die twee ministers sê luidens Vrydag se verklaring hulle betwis die stelling van Lourens “oor die politieke krag van die Afrikaanse gemeenskap”.

“Daar bestaan nie iets soos ’n homogene Afrikaanse gemeenskap in die land nie.”

Volgens hom het Engels homself verhef tot ’n taal wat voorop gestel word – die regering het dit nie gedoen nie.

Op byna elke terrein van die samelewing word dokumente en inligting wêreldwyd in Engels uitgereik.

Die regering beskik “doodeenvoudig nie oor die geldelike hulpbronne” om al dié dokumente in Afrikaans of enige ander landstaal te vertaal nie.

Wakashe ontken ten sterkste dat die regering ’n beleid aanvaar het waarin Engels “nou of in die toekoms” die amptelike taal in die regspleging sal wees.

“Daarom doen die regering alles in sy vermoë om sprekers van ander tale ’n billike geleentheid te gee om hul hofgedinge in die taal van hul keuse te voer. Tolke word landwyd daarvoor beskikbaar gestel.”

(Hy sê hy moes trouens self Lourens se hofstukke uit Afrikaans in Engels laat vertaal voordat hy daarop kon antwoord.)

Dit sal “absurd” wees van enigeen om te verwag dat alle landswette in Afrikaans en die ander landstale vertaal moet word “omdat wette dan eers jare ná die aanvaarding daarvan in werking sal kan tree”.

Dit sal boonop meebring dat die regering ander belangrike grondwetlike pligte soos onderwys, gesondheid en huisvesting geldelik sal moet afskeep.

Die geding word op 8 Maart aangehoor.


Volgens die Grondwet

Die geveg oor ’n nasionale taalwet handel oor art. 6(4) van die Grondwet.

Dié artikel lui: “Die nasionale regering en provinsiale regerings moet deur wetgewende en ander maatreëls hul gebruik van amptelike tale reël en monitor. Sonder afbreuk aan die bepalings van subartikel (2) moet alle amptelike tale gelykheid van aansien geniet en billik behandel word.”

Subartikel (2) bepaal: “Gesien die historiese inkorting van die gebruik en status van die inheemse tale van ons mense, moet die staat praktiese en daadwerklike maatreëls tref om die status van dié tale te verhoog en hul gebruik te bevorder.”

- Beeld
Lees meer oor: afrikaans | taalbeleid

http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/246a3148eadf4712840da960888edc93/08-02-2010-06-34/Afrikaans_is_op_sy_eie,_s%C3%AA_staat
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000005



Aantal posstukke : 295
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: Afrikaans: is op sy eie, sê staat   Fri Feb 19, 2010 2:09 pm

Keelvol vir die Afrikaanse doemprefete
2010-02-19 07:46

As ek so na die Afrikaanssprekende kyk, bloei my hart.

As ek so na hom luister, word ek oorval deur pyn en smart.

Ons is die voormalige uitverkorenes, ons is die oudstryders, ons is die Ouroboros.

En siende dat ek nie in die mistieke, die simboliek of selfs moderne Afrikaanse poplirieke glo nie, twyfel ek of ons soos die bogenoemde slang besig is om ons eie stert te eet in ‘n poging om onsself te ‘genees’.

Party mense glo dat ons, met al hierdie gepraat van saamstaan, onsself moet afsonder om ‘n volkstaat te stig en ons kultuur in vrede en oorvloed só uit te leef – dus ons ‘volk’ te versterk.

Maar ek glo dit is ‘n idiotiese ideologie wat aangeneem en verkondig word deur pseudo-intellektuele-cum-opportunistiese selfverklaarde “leiers” wat in kwasi-Toskaanse villas woon.

Sowaar, die slang kan besig wees om homself op te vreet!

Dit is net onnosel om onse pragtige, interessante, sterk dog soms eksentrieke kultuur te wil gaan staan afsonder sodat ons kan inteel en oor dekades uitdraai as een of ander amiese kolonie waarmee gespot gaan word.

Basta daarmee! Ons kultuur is te goed daarvoor.

Toegegee, daar word maar min plek in die nuwe Suid-Afrika gegee vir ons aller pragtige taal. En dít is jammer. Want ek onthou watter vreugde dit as onderwyser was om Afrikaans aan te bied. Want moedertaalonderrig is baie belangrik.

Ja ek onthou die poësie van Ingrid, die verhale van Jan. Die lirieke van ‘n Afrikaanse vrou, die woorde van ‘n Afrikaanse man.

En toe ek onlangs my M.A. in Afrikaans voltooi het, is daar by my opnuut ‘n respek en liefde vir Uys Krige gekweek. Hy wat in ander lande tussen ander nasies sy liefde en talent vir die taal tot ‘n blink geslypte diamant af kon poets. Jinne man, om hierdie ongelooflike kunstenaars met ander te kan deel – daai’s mos nou vir jou kultuur-plesier!

Tye verander, en ons moet net bietjie aanpas.

Goed, dis seker ons reg om te kla, veral oor al die aaklige dinge wat in ons land gebeur. Die oorweldigende misdaad, die onuitputbare korrupsie... (Terloops, ek sien die Chinese maak onse Zakumi-poppe. Hoe’s daai vir werkskepping? Dalk kan ons plaaslike speelgoedfabrieke begin om JZ opblaas-sekspoppe te vervaardig. Dis nou wel nie die ware Jakob nie, maar hy sal jou lus wek om sommer 20 kinders te maak!)

Maar waarom van Afrikaans ‘n skild maak waaragter ons wegkruip? Waarom onse dierbare taal die heeltyd in die regering se neuse druk? Sekerlik gaan hul iewers gatvol raak dan sal die poppe behoorlik polkadraai!

Ek luister na Afrikaanse radiostasies en kyk Afrikaanse TV-programme, soms op ‘n slegs-Afrikaanse TV-kanaal. Boonop lees ek Afrikaanse dagblaaie, Sondagblaaie, poniekoerante, tydskrifte en webtuistes.

Nee wat, vir diegene wat meen die skrif is teen die muur, wil ek sommer sê: Dis nie teen die muur nie, dis oral waar ek kyk – en in my taal! Ons sien veel beter daartoe uit as meeste van die ander inheemse tale in Suid-Afrika.

Maar vir hierdie sogenaamde taalbulle wat namens die ‘jonger geslag’ wil veg en ons saamtrek (of “tweede Groot Trek” beplan), wil ek asseblief sê: los die jonges en ander wat nie jul sentiment deel nie, uit.

Want ons jongmense koop Deon Meyer se boeke en Karen Zoid se CD’s. Sommige van ons hou weer van Theuns Jordaan in sy denim-hemp, of Jack Parow se snor.

Ons Afrikaanses verskil mos. Party van ons is ateïste, party van ons Doppers of Moslems. Jis, van ons sien selfs Jesus se gesig in die wolke bo Mosselbaai. En ja, baie van ons sien uit na die Wêreldbeker-toernooi!

Diegene wat die Afrikaanssprekende wil afsonder is bloot net ‘n gedeelte van ons kultuur. En ek durf sê: ‘n deel waarvoor ek my skaam.

En moenie kom staan verkondig wat met ons taal gaan gebeur nie. Die dae van die ou suurgatte is verby – hoe vinniger hul dit besef, hoe beter. ‘n Webwerf-gebruiker het onlangs ‘n baie goeie punt gemaak toe sy in ‘n brief geskryf het: Die suurgatte van vandag kweek môre se suurgatte. En dit is allermins wat ons land benodig.

Natuurlik was sy byna gekruisig oor haar uitlating.

Aan die ou suurgatte: Julle is die slang wat homself opvreet en die res van ons probeer saam sleep.

Hou op om as doemprofeet vir die taal en kultuur op te tree. Daar het die Instituut vir Rasseverhoudinge hierdie week by ‘n werkswinkel van die Afrikaanse Burgerlike Netwerk bekend gemaak dat jong (wit) Afrikaanses sedert 1994 steeds ‘n hoër lewenspeil handhaaf as sy swart landgenoot. Dis nou weens ons entrepreneursvernuf. Wys jou net – ons is steeds stryders!

En by dieselfde werksessie het dit aan die lig gekom dat byna twee derdes van die jong Afrikaanses glo die lewe in die verlede was níé beter nie.

Die toekoms behoort aan die jongmense, ons Afrikaanse jongmense, wat voel dat hulle ‘n Suid-Afrikaner eerste is, en daarna ‘n Afrikaanse.

Want dié lot wil ons kultuur met ander deel. Ek sien dit in die sportspan vir wie ek op Maties speel. Dis ‘n span wat net soveel wit as bruin as swart studente bevat, en daar sien ek eerstehands dat die ”hulle” gewillig is om van my kultuur te leer, soos wat van ons oor hulle s’n ook is.

So, as jy wil gaan woon in jou Volkstaat, doen dit met alle liefde. Ek is seker daar is baie voordele daaraan verbonde. Ouens soos prof. Carel Boshoff is nie swape nie.

Daar lê ‘n fyn lyn tussen patriotisme en paranoia. Moenie namens “Ons Afrikaanses” praat nie. Want jul pleidooie val op ‘n generasie se dowe ore.

– Peet van Aardt is nuusredakteur van Nuus24.com

Lewer kommentaar op dié storie

Brentie 2010-02-19 08:25
Wie praat nou namens wie? As taal net praat was, het jy dalk 'n punt. Maar jy weet togdat taal meer as dit is.WAs hul gaan en Afrikaanse skole en Universiteite verengels tot dat daar niksmeer oorbly nie dan is dit tog duidelikwaarheen dit alles op pad is.Diegene wat saam met die stroom gespoel wordis vry om dit te doen en as jy werklik soernstig is staan op en gaan verkondig dit indie plakkerskampe reg rondom Pretoria endan se jy vir hulle 'Mense julle is nie sosleg daaraan toe nie ,Afrikaans is lewendigen wel' en as jy dan in die proses 'n paartaai klappe kry en in 'n taal aangespreekword, wat jy nie verstaan nie, moenie sedat ek jou nie gewaarsku het nie' dat jy eintlik net 'n valse prentjie geskilderhet.En ek praat namens niemand nie, dit iswat ek van dit dink.
Johann Eksteen 2010-02-19 08:39
Die kommentaar van 'n Simunye-rasieleier in 'n verslete uniform. Met sy MA(Afrikaans) en ubuntu-mantra sal hy Mzansi reg praat...foei!
Jonk, Afrikaans, Anders 2010-02-19 08:44
Die nuwe generasie Afrikaanssprekende is ‘n kreatiewe, multikulturele, oopkop, kletsrymende, avontuurlustige, positiewe groep jongmense. Basta met die knorrige oues en hulle konserwatiewe idees wat besig is om ons identiteit te versmoor. Trek uit julle kakiehemde, gooi weg daardie onverantwoordelike slagspreuke en lelike gekerm oor als. Die moderne Afrikaner eet koeksusters en sushi en mieliepap en hoenderlewers. Ons geniet dit onvoorwaardelik. Aan die ouer generasie pleit ek; “Los ons nou uit sodat ons in vrede kan leef”.
Matt Heyns 2010-02-19 09:31
Die sporadiese debat oor wie nou eintlik Afrikaners is verskaf ‘n kykie in die motiewe van sommige deelnemers. Wees verseker dat diégene wat kopsere het oor ‘n definisie van Afrikaners dieselfde persone is wat gekant is teen enige minderheidsregte aan hulle. ‘n Verlammende debat wat be-oog word is ook hopelik ‘n struikelblok omdat van Afrikaners verwag word om te wonder of hulle hoegenaamd ‘n etniese entiteit is. Dié logika verwag dat ‘n groep, wat homself nie in presiese terme kan omskryf nie, nie ‘n groep is nie en dus nie as ‘n groep op minderheidsregte kan aanspraak maak nie. ‘n Volk wat egter net met individuele regte, soos die Afrikaners, tevrede moet wees bestaan nie. Blameer vir Fish Willy vir hierdie misvatting.‘n Bekende akademikus en skrywer sê onlangs “ Die term Afrikaner beklemtoon besondersheid en andersheid” Hierdie begrippe is die wese van ‘n étniese identifikasie. Die Afrikaners is ‘n groep mense wat lotsgebonde is en voel dat hulle ‘n besonderse historiese Afrika agtergrond het. ‘n Groep mense wat begeer dat hulle simbole van kulturele andersheid, soos taal en kultuur, deur bepaalde instellings instand gehou word. Vir hulle is die gebruik van Afrikaans as publieke taal nie net ‘n instrumentele handeling nie maar ‘n belangrike eksistensiële en emosionele komponent van hulle identiteit. Afrikaans bevestig hulle betrokkenheid by die huidige on-demokratiese SA.Kan ander mense, wat nog nie volledig by hierdie omskrywing betrek word nie, hulle uiteindelik aansluit by die Afrikaners . Net soos ander mense hulle by die Portugese, Iere en Italianers kan skaar en sodoende deel word van ‘n toekomstige lotsverbondenheid is die antwoord op hierdie vraag bevestigend.Die Afrikaner volk, aan die einde van die eeu, kan aansienlik anders daar uitsien. Of dalk wesenlik dieselfde bly. Tans speel velkleur ‘n belangrike rol by SA se politieke élite vir die toekoms. Etnisiteit en kultuur word egter nog as die belangrikste dryfkragte beskou. Shalom!
Matt Heyns 2010-02-19 09:33
Jonk Afrikaans Anders: Ek het mos nie met jou gepraat nie. Ek praat van dié Afrikaners!
http://www.nuus24.com/Content/Rubrieke/PeetvanAardt/1847/f0ff1f4d8129425f8b44f423ae40cd5d/19-02-2010-07-46/Keelvol_vir_die_Afrikaanse_doemprefete
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Afrikaans: is op sy eie, sê staat
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kuns en Kultuur-
Spring na: