IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Só lyk staat se ekonomieplan

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000005



Aantal posstukke : 295
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Só lyk staat se ekonomieplan   Fri Feb 19, 2010 2:04 pm

Só lyk staat se ekonomieplan
2010/02/19 08:42:00 AM Jean-Marie de Waal

Verwante artikels
Die tekort is die kern
Werkvooruitsigte lyk donker
Gordhan gee miljarde vir sukkel-nywerhede

Johannesburg. - Byna 2,5 miljoen werkgeleenthede oor die volgende dekade en ’n herskikking van die Suid-Afrikaanse ekonomie van ’n verbruikersgedrewe een na ’n vervaardigingsgedrewe ekonomie.
Dít is die doelwitte van die nuwe nywerheidbeleidsaksieplan (IPAP2) wat dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, gister in die parlement bekend gemaak het.
Dié plan, wat in April begin, het ook ten doel om ’n beduidende verskil aan die handel- en betalingsbalans te maak, wat beskou word as ’n bedreiging vir die volhoubaarheid van die kapitaaluitbreidingsprogram wat tot op hede nie optimaal gefinansier is nie. (Lees die kassie oor die Nywerheidsontwikkelingskorporasie of NOK.)
Die ministers in die ekonomiese groepering van staatsdepartemente sal elke ses maande terugvoering oor die vordering met die plan aan die kabinet gee.
IPAP2 fokus sterk op plaaslike vervaardiging met die doel om uitvoer te diversifiseer en te laat groei op gebiede soos kapitaaltoerusting, voertuigonderdele en landbouverwerking.
Dié ambisieuse plan kom egter te midde van enorme strukturele uitdagings in die plaaslike ekonomie.
Vergeleke met sy handelsvennote is Suid-Afrika se kapitaalkoste vir nywerheidsfinansiering van die hoogste – sowat 5%.
IPAP2 sal ook ’n brug moet bou na werkskepping, want selfs toe die ekonomie teen byna 6% gegroei het, is nuwe poste nie teen dieselfde tempo geskep nie.
Die plan vereis van die NOK en ander ontwikkelingsfinansierders om meer konsessie-finansiering toe te staan.
Dit behels staatsfinansiering aan private maatskappye om openbare projekte te bou, soos die Gautrein.
Groot staatsaankope by plaaslike vervaardigers moet keer dat die handelsbalanstekort te hoog raak. Volgens Davies vind aankope tans op ’n ad hoc-grondslag plaas.
IPAP2 wil hê een aankopekontrak moet byvoorbeeld in langtermynfases ontwikkel word sodat dit verskaffers dwing om beleggings in plaaslike vervaar- diging te doen en nie sommer in te voer of fabrieke te sluit as toerusting oud raak nie.
Die plan maak voorsiening vir die skep van tot 10 langtermynverskaffingskontrakte as ’n beginpunt. Die eerste een sal spoorwegtoerusting wees.
Anders as regeringsbeleid in die verlede moet die tariefbeleid nou ingespan word om plaaslike sektore wat baie werk kan verskaf aan te spoor.
Van die kernfokusgebiede is metaalvervaardiging en die vervoersektor, veral in die vervaardiging van busse en konstruksievragmotors.
Die Mededingingskommissie moet egter ondersoek begin instel na veral die staal- en metaalbedryf, chemikalieë en by sement waar pryse van die hoogste ter wêreld is.
“Ons gaan voortdurende druk op die kommissie plaas om dít te doen.”
http://www.sake24.com/articles/default/display_article.aspx?ArticleId=6-98_2572610
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Só lyk staat se ekonomieplan
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Ekonomiese Belange / Besigheids geleenthede-
Spring na: