IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Nóg by Zuma wil ook padgee

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Nóg by Zuma wil ook padgee   Mon Jul 05, 2010 7:39 am

2010-07-05 00:35


function openPrintWindow() {
myPrintWindow = window.open('http://www.dieburger.com/printArticle.aspx?iframe&aid=ba92ebe7-691d-4bd8-88b9-f4c67fa9d851&cid=1708','myPrintWindow','toolbar=0,location=0,directories=0,status=0,menubar=0,scrollbars=1,resizable=0,width=750,height=600');
}








Pieter du Toit


Kaapstad

Die kantoor van pres. Jacob Zuma stuur op ’n personeelkrisis af nadat dit bekend geword het dat nog senior personeellede binnekort hul poste kan ontruim.

Mnr. Vincent Magwenya, Zuma se woordvoerder, was reeds die slagoffer van vermoedelik binnegevegte in die president se kantoor. Hy het glo toenemend ongemaklik geraak met die manier waarop ANC-ontplooides toegang tot die president beheer.

Die aankondiging Vrydag van Magwenya se langverwagte bedanking is gister opgevolg met berigte dat nóg senior personeellede in die presidensie, mnr. Vusi Mavimbela (direkteur-generaal) en mnr. Vusi Mona (kommunikasiehoof), op die punt staan om hul poste te ontruim.

Dít volg op die vroeëre bedanking van mnr. Joel Netshitenzhe as beleidshoof, ’n pos wat hy onder oudpres. Thabo Mbeki gevul het, en me. Jesse Duarte, ’n kader-ontplooiing na die presidensie, as operasionale hoof.

Magwenya, wat eersdaags ’n senior kommunikasiepos by Standard Bank gaan beklee, wou berigte oor Mavimbela en Mona gister nie bevestig of ontken nie, maar het gesê dit is moeilik om waarde te heg aan gesiglose bewerings.

“Die presidensie funksioneer normaal. Daar is, soos in enige organisasie, spanning en verskille tussen diegene wat daar werk. Dis normaal. Dit wys hulle het passie vir die saak.”

Die Burger verneem egter Ma­gwenya was die teiken van mnr. Zizi Kodwa en me. Lakela Kaunda, Zuma-vertrouelinge in Tuynhuys en die Uniegebou, wat toegang tot die staatshoof wil beheer.

Hy word deur Kodwa, ’n spesiale presidensiële raadgewer, en Kaunda, hoof van Zuma se private kantoor,
verantwoordelik gehou vir die herrie oor die onthulling in Januarie van die buite-egtelike kind wat sy baas het by me. Sonono Khoza, dogter van die sokkerbaas mnr. Irvin Khoza. Hy het die hantering daarvan glo “opgemors”.

Die presidensie is voor die publikasie van die kind-onthulling deur die Sunday Times in kennis gestel dat hy die storie op sy voorblad wil publiseer. Magwenya het aanbeveel Zuma moet die verwagte openbare kritiek ontlont deur dadelik ’n bekentenis te doen en alle besonderhede te onthul, maar dié strategie is deur senior raadgewers van die hand gewys, is van onberispelike bronne verneem.

Die president het die daaropvolgende week onder hewige kritiek deurgeloop namate die presidensie toegelaat het dat die situasie in ’n openbarebetrekkinge-ramp ontaard. Magwenya se pogings om skadebeheer is herhaaldelik gestuit en Zuma se kantoor het eers ses dae nadat die bom gebars het, ’n volledige verklaring uitgereik.

Kodwa, wat soos Kaunda uiters lojaal teenoor Zuma is, is weke daarna uit Luthuli-huis gaan haal en in die presidensie ontplooi.

“Die manier waarop te werk gegaan is om mense verdag te maak, uit te werk en te beskinder is laakbaar, onprofessioneel en toon ’n gebrek aan respek vir die amp van die president,” het ’n gesagsfiguur na aan die presidensie gesê.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Nóg by Zuma wil ook padgee
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Politieke Gesprekke-
Spring na: