IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Werkers keer plaasaanval

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Werkers keer plaasaanval   Mon Jul 05, 2010 12:01 am

2010-07-04 22:05


function openPrintWindow() {
myPrintWindow = window.open('http://www.beeld.com/printArticle.aspx?iframe&aid=1a946912-983a-432f-a974-87a932a3f9c3&cid=1928','myPrintWindow','toolbar=0,location=0,directories=0,status=0,menubar=0,scrollbars=1,resizable=0,width=750,height=600');
}








Mnre. Abraham Sesing (links) en Hendrik Eksteen.

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's




Gloria Edwards


Twee werkers van ’n bejaarde melkboer van Schweizer-Reneke in Noordwes het ’n plaasaanval in die wiele gery toe hulle die boewe in sy plaashuis ingewag en een in die been geskiet het.

’n Polisieman (36) van die Amalia-polisiekantoor wat na bewering die vermeende boewe se wegkommotor bestuur het en ’n ander verdagte (20) verskyn vandag in die Schweizer-Reneke-landdroshof op aanklagte van onwettige oortreding van ’n perseel met die doel om ’n misdaad te pleeg.

Dié voorval, wat volgens Agri SA die eerste plaasaanval sedert die begin van WB 2010 is, kom skaars twee maande nadat ’n polisievrou van Roodepoort en ’n oud-polisieman van Randfontein weens ’n gewapende plaasaanval in Schweizer-Reneke aangekeer is.

Mnr. Hendrik (Tokolosh) Eksteen (44), voorman op die plaas van mnr. Toby van den Heever (80), ’n invalide, tussen Schweizer-Reneke en Delareyville naby Migdol, het gister vertel hoe hy “vinnig moes reageer” toe vier gewapende mans eergister 02:00 die kombuisdeur se veiligheidshek oopbreek.

Hy en mnr. Abraham Sesing (44), ’n werker wat saam met Eksteen en dié se vrou, Susan (47), en hul tienjarige seuntjie, Waldi, saam met Van den Heever in sy plaashuis bly, het die boewe ingewag.

Sesing het Van den Heever kort voor die voorval na die toilet en terug na sy bed geneem, waar hy gewag het totdat Van den Heever aan die slaap raak.

“Toe Abraham weer in sy eie bed klim, het hy die honde hoor blaf en geluide by die kombuisdeur gehoor en my kom wakker maak,” het Eksteen vertel.

Hy het sy pistool gegryp en saam met Sesing die vermeende rowers by die deur ingewag.

“Ons het hulle dopgehou en toe hulle die deur oopbreek, het ek een in die been geskiet,” het Eksteen gesê.

“Sy makkers het weggehardloop. Ons het die gewonde toe in die huis ingedra en beveel om op sy maag te lê met sy arms agter sy rug terwyl ek die polisie gebel het.

“Mens kan daardie vrees nie beskryf nie. Alle eer aan ons Skepper wat ons beskerm het.”

Die gewonde verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem, maar is reg om vandag in die hof te verskyn.

Volgens me. Mildred Veldman (29), Van den Heever se kleindogter, bly Sesing en die Eksteens die laaste paar maande by hom in die huis “juis om hom te help en te beskerm”.

“My oupa het sowat ses maande gelede sy een been verloor en moet dus ’n rystoel gebruik,” het sy gesê.

“Abraham en Tokolosh is helde. Ek kan my net indink wat kon gebeur as hulle dit nie stopgesit het nie.”

Die polisieman, wat glo van diens af was, is in ’n wit Toyota Avanza-motor naby die plaas gearresteer.

Dít nadat die polisie inligting ontvang het dat ’n wit motor glo in die voorval gebruik is.

Kapt. Aafje Botma, Noordwes-polisiewoordvoerder, het gesê daar is beslag gelê op die polisieman se dienspistool.

“Interne stappe sal teen hom gedoen word. Die ander drie verdagtes is nog soek.”

Volgens mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se nasionale veiligheidskomitee, is hy nie bewus van enige ander plaasaanval sedert die begin van WB 2010 nie.

“Tydens die WB weerhou politici hulle van opruiende uitsprake teen die boere.

Hoewel die verbintenis tussen uitsprake soos Kill the Boer, Kill the farmer en plaasaanvalle nie bewys kan word nie, is dit opvallend dat daar voor die WB byna twee aanvalle per dag plaasgevind het en tydens die WB bykans niks.”
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Werkers keer plaasaanval
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Aanval op ons mense / Attack on our people-
Spring na: