IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 RADIO PRETORIA....DIE ANC SE AFRIKANER MONDSTUK- GROOTBAAS LOOP MET ANC KAART!

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: RADIO PRETORIA....DIE ANC SE AFRIKANER MONDSTUK- GROOTBAAS LOOP MET ANC KAART!   Sun Jul 04, 2010 2:43 am


JA BOET- AFRIKANER RADIO PRETORIA- NET SOOS DAARDIE ANDER VERRAAIER-STASIE "RADIO SONDER GEWETE"- IS BEIDE JUDASPERDE OM DIE VOLK- INDIEN MOONTLIK- TE VERLEI!



Baas van ‘volk-stasie’ het glo ANC-ledekaart
2010-07-03 23:20


Mnr. Clem de Klerk, die stasie se besturende direkteur.



Herman Jansen in Pretoria

Die grootbaas van Radio Pretoria, wat vir die “Boere-Afrikanervolk” uitsaai, het glo op ’n tyd rondgeloop met ’n gelamineerde kaart in sy sak wat hom as ’n lid van die ANC identifiseer.

Mnr. Louis Clements (Clem) de Klerk (68), Radio Pretoria se besturende direkteur, het glo op Sondag 3 Desember 2006 sy beursie in die ateljee in Magalieskruin, Pretoria, vergeet.

’n Tegnikus het die beursie oopgemaak om te kyk aan wie dit behoort, het ’n ander destydse werknemer van Radio Pretoria wat teen­woor­dig was Vrydag aan Rapport gesê.

Toe die tegnikus glo die ANC-kaart in die beursie sien, het hy selfoonfoto’s daarvan geneem.

De Klerk het sy eie weeklikse program, Dit is Radio Pretoria. Hy begin dit dikwels met ’n plegtige: “Geagte volksgenote…”

Hy is ook ’n lid van die toesighoudende komitee van Oranjekas, die “Boere-bank” wat in Junie 2009 geregistreer is om verskeie bank­diens­te te bied.

Die datum op die selfoonfoto van die ANC-kaart is nie duidelik nie, maar dis klaarblyklik in die laat 1990’s uitgereik.

De Klerk se ou identiteitsnommer klop met dié op die kaart, behalwe dat ’n 6 en ’n 7 in die laaste vier syfers omgeruil is.

Dit kon bloot ’n menslike fout gewees het omdat dit met die hand geskryf is, is aan Rapport gesê.

De Klerk is glo deur Radio Pretoria-personeellede daaroor gekonfronteer, maar het blykbaar gesê hy wou die ANC “infiltreer”.

Toe Rapport hom Vrydag daaroor uitvra, het hy gesê: “Dis interessant. Dís nou vir my nuus.

“Ek is nie ’n ANC-lid nie en wil nie een wees nie.

“Iemand wat my aan die ANC wil koppel, doen dit om duistere redes.”

Hoewel die foto’s al amper vier jaar gelede geneem is, het dit eers die laaste paar weke per e-pos begin sirkuleer.

Dít val saam met die summiere ontslag van Sakkie van der Merwe (67), ’n aanbieder, op 4 Mei. Dié bekende oud-SAUK-weerman en afgetrede SAL-vlieënier is aan en af by Radio Pretoria sedert die ontstaan daarvan in 1994. Hy was straks dié gewildste omroeper en sy ontslag het groot beroering onder luisteraars veroorsaak.

Ene “Liz”, wat een keer R40 000 aan Radio Pretoria geskenk het op die geldinsamelingsprogram Vasbyt, het Van der Mewe gebel en gesê sy gee “nie weer ’n sent nie”.

Ou heruitsendings word nou uitgesaai in die tydgleuwe van Van der Merwe se twee gewilde programme, Vleuels en Ek wil weet.

Hy sê die vier professore wat aan Ek wil weet deelgeneem het, het onmiddellik ná sy ontslag hul bande met die stasie verbreek.

Interne korrespondensie in Rapport se besit beweer Van der Merwe het drie skriftelike waarskuwings gekry om nie oor godsdiens te praat of “inbelle daaroor te hou nie”.

Toe hy dit wéér doen, het mnr. Jaap Diedericks, die bedryfsbestuurder, ’n handgeskrewe nota aan hom in die ateljee gegee wat lui: “Sakkie, staak die inbel oor godsdiens (Jahwe) dadelik, asseblief. Jaap. 11/5, 8.40.”

Op ’n luisteraar-klagte oor Van der Merwe se ontslag antwoord Diedericks se vrou, Ellen (’n lid van die nuuskantoor), per e-pos: “Moet so iemand net losgelaat word om ander mense se kerke te verkleineer of toelaat dat ander dit oor die lug doen?

“Hy is simpatiek teenoor die Is­rael-visie, en hoewel dit sy reg is, mag hy nie sy eie siening gebruik om die susterkerke af te kraak nie.”

Van der Merwe het ’n skikkings-aanbod verwerp. Ingevolge daarvan kon hy vanaf 21 Junie sy “diens­te hervat” indien hy sy dispuut met die radiostasie by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) onvoorwaardelik terugtrek.

Hy moes hom boonop onderwerp aan “heropleiding” van minstens drie maande onder die mentorskap van ’n mede-omroeper, Heinrich Marnitz. Marnitz staan glo sarkasties in die wandelgange van Radio Pretoria bekend as die stasie se “Goue Seun”.

Mnr. Henk Joubert, die stasie se skakelbeampte, sê hy dra al ’n geruime tyd kennis van De Klerk se “kastige ANC-kaart”.

“Maar dis nie eg nie; ek het dit ’n slag in my hande gehad. Ek het daarna gekyk.”

Joubert kon egter nie sê wáár hy die kaart gekry het toe hy dit bekyk het nie.

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Baas-van-volk-stasie-het-glo-ANC-ledekaart-20100703
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000021142



Aantal posstukke : 121
Join date : 2010-02-13
Age : 37
Ligging : Mpumalanga

PosOnderwerp: Re: RADIO PRETORIA....DIE ANC SE AFRIKANER MONDSTUK- GROOTBAAS LOOP MET ANC KAART!   Sun Jul 04, 2010 7:31 pm

Ja en so word hulle almal uitgevang. Laat hulle vir hulle kry.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
RADIO PRETORIA....DIE ANC SE AFRIKANER MONDSTUK- GROOTBAAS LOOP MET ANC KAART!
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: