IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 SEGOEDJIES VAN DIE LEWE/PRETZELS OF LIFE

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: SEGOEDJIES VAN DIE LEWE/PRETZELS OF LIFE   Wed Jun 30, 2010 1:02 pm

Toe ek 'n klein kind was, het dit vreeslik lekker gelyk om 'n grootmens
te
wees. Want grootmense het tjekboeke en motorliksense en hulle mag
nagmaalwyn drink en doen net wat hulle wil.

Vroue dra hoëhakskoene en sykouse, en ons kinders moet tevrede wees om

skool-skool te speel met geleerde sykouse en garetolletjies vasgeskroef

aan ons ou skoene. Grootmense eet die soet waatlemoenkrone, en ons
kinders moet die waterige skywe eet. Hulle mag kies watter stukkie
hoender hulle wil hê. En dan mag ons nie ons monde opblaas oor die
benerige vlerkie waaraan daar partykeer nog haartjies vassit nie.

Kinders moet altyd maak soos grootmense sê. Al is jy nie vaak nie,
moet
jy gaan slaap as jou ma so sê. Jy moet jou kool eet omdat jou pa sê jy

kry nie tiekiepoeding met eiervla voordat jou kool nie opgeëet is nie.

Nooit as te nimmer mag jy waag om in grootmensgeselskap rond te sit
nie,
want dan tel jy tande. Die slegste van alles was as jou ma jou roep om

vir die grootmense klavier te speel. En niks kan jou naarder maak as
kasterolie nie. Jy moet dit drink, want jou ma sê jy gaan wurms kry
van
speel in die sand om modderkoekies te bak en paaie te bou. Want die
werfkatte grou hulle gaatjies in die sand.

Uiteindelik het dit toe so gekom dat ek 'n grootmens met 'n man en twee

kinders geword het. Met hoëhakskoene, lipstiek, gepermde hare,
bestuurslisensie en tjekboek. Eers toe het ek gesien dis nie altyd
lekker
om 'n grootmens te wees nie. Partykeer is dit baie moeilik. Want nou
is
jy die een wat moet sorg vir kos, petrol, skoolgeld, kampgeld, klere,
medisyne, vakansie. Toe jy 'n kind was, het jy geglo die kerk gee
Gesangeboekies en Bybels en Sondagskool boeke weg. En tannie Mabel de

Waal sny jou hare verniet uit liefde. Musiekboeke en netbalklere val
seker uit die lug. Vader Krismis is 'n miljoenêr en die tandmuis kan
wrintiewaar 'n halfkroon in jou skoen sit.

Maar nou sien jy alles kos geld, en voor jy 'n tjek kan uitskryf, moet
jy
eers die geld in die bank sit. Voor jy hoëhakskoene en lekkerruikgoed
en
mooimaakgoed koop, sorg jy dat jou kinders alles het wat hulle nodig
het.
Van rakette tot handelsmerkklere, 'n skootrekenaar, selfoon. En nog en

nog. Sonder dat jy dit hardop sê, staan jy in slaafskap by jou
kinders.
'n Vrywillige slaaf, gebore uit liefde en instink. Soggens is jy
eerste
uit die bed en in die kombuis om 'n skoolhemp te stryk en
skoolbroodjies
te smeer. Saans as almal lê, maak jy kombuis aan die kant. Jy vat
nooit
die grootste peer in die vrugtebord nie, en as daar net twee
frikkadelle
in die bak is, sê jy nee dankie, want jou maag is vol. As jou kinders

hartseer is, troos jy hulle. As jy hartseer is, gaan huil jy in die
nag
by die visdammetjie.

So werk dit nog al die eeue. En as die wêreld nie intussen vergaan
nie,
sal dit oor vele eeue steeds so werk.

Ek wens ek kon net een keer weer 'n kind wees en dat my pa en ma nog
leef
sodat ek vir hulle kan dankie sê vir al die opofferinge wat hulle
gemaak
het. My ma wat op die bed se rant sit en my hoesmedisyne met 'n
teelepel
gee. My pa wat die plaasbakkie met die trekker deur die vloedrivier
trek
om ons op 'n Vrydag by die koshuis te gaan haal.

As ek my oë toemaak en terugdink, sien ek eindelose onbaatsugtige
ouer-offers. En ek wens ek kon vir vandag se kinders 'n grootmensbril

opsit sodat hulle die offers van hulle ouers kan raaksien. En betyds
kan
dankie sê, want dalk kom eendag nooit.


- ERIKA
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
SEGOEDJIES VAN DIE LEWE/PRETZELS OF LIFE
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: