IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Jy speel saam – of skoert

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Jy speel saam – of skoert   Wed Jun 30, 2010 7:53 am

2010-06-29 22:42


function openPrintWindow() {
myPrintWindow = window.open('http://www.beeld.com/printArticle.aspx?iframe&aid=500528c8-b318-400e-b5f5-4af2c6d9e651&cid=4968','myPrintWindow','toolbar=0,location=0,directories=0,status=0,menubar=0,scrollbars=1,resizable=0,width=750,height=600');
}



Henry Jeffreys


Hulle kon die pas afgelope vergadering van die tydskrifte Fortune en Time en die televisienetwerk CNN se Wêreldforum in Kaapstad net sowel die China-wêreldforum genoem het.

Die kwessie is nie “die Chinese is op pad” na die Afrika- en globale verhoog nie, dit is – om die sokkermetafoor te gebruik – “Hulle is hier. Voel dit!”

Op die forum is baie oor Suid-Afrika en Afrika gepraat en die meeste van die invloedrykes, hetsy oliebaronne, myn- of mediamagnate, bankiers, regeringslui of NRO-tipes, het die bewese en toekomstige potensiaal van Suid-Afrika en die vasteland besing.

Afrika is gesien as die nuwe globale geleentheid.

En niemand, het dit geblyk, besef dit beter as die Chinese nie.

China se teenwoordigheid in Afrika is onder meer beskryf as baie meer gevorderd as dié van die “ou moondhede”, die VSA en Europa.

Dis geskoei op konsepte van wedersydse respek (veral wat plaaslike kulture, gebruike en kapasiteit betref), dis gefokus en dis gegrond op meetbare teikens.

In ’n insiggewende artikel oor China se rol in Afrika in die jongste uitgawe van Time het ’n slim sub­redakteur ’n baie gevatte beskrywing van die verhouding gegee: “China’s new continent”.

En die andersheid hiervan is dat dit ’n verhouding is wat nie gegrond is op bakhandstaan-hulp nie, maar op handeldryf – ’n kwessie wat terloops op die forum sterk onder die loep gekom het.

Wat China in Afrika doen, skryf Time, verteenwoordig ’n verandering in die wyse waarop die res van die wêreld oor Afrika dink.

Dis ’n paradigma-skuif wat Afrika sien as ’n plek vir sake doen, eerder as ’n bestemming vir verlammende hulpverlening.

As die res van die wêreld, en veral die welmenende dog mistastende Weste, net ook kan bykom ...

China se alomteenwoordigheid in die gesprekke oor die stand van die globale ekonomie het ook sterk opgeval.

Daar was omtrent nie ’n tema (met een belangrike uitsondering) waarin die vinnig ontluikende supermoondheid nie oorheersend gefigureer het nie.

Fortune-redaksielede verwag dat 25% van die Fortune 500-maatskappye oor die volgende twee dekades van Chinese oorsprong gaan wees.

Die verwagting is ook dat China teen 2050 die wêreld se voorste ekonomie gaan wees.

Die boodskap was duidelik: Om China te ignoreer is uit ’n ekonomiese en sake­per­s­pektief onwys en dodelik, veral as jy globale aspirasies het.

Daar is egter ’n probleem met hierdie prentjie, een waaroor daar nie gepraat word in vergaderings soos dié van die Wêreldforum nie.

Dit is China se geskiedenis as ’n venynige outokrasie en reeksvertrapper van menseregte.

Die bespreking van China se interne (en eksterne) politieke situasie is eenvoudig taboe – as jy hoop op die land se deelname in jou forums en konferensies.

China is ’n dodelike plek, selfs vir sakelui.

Onlangs is amptenare betrokke by ’n melkskandaal summier tereggestel in ’n saak wat elders in die wêreld as manslag gehanteer sou gewees het en waarskynlik tot swaar tronkstraf sou lei.

China se inbreuk op sy burgers se spraakvryheid is legio en word beklemtoon deur politieke afvalliges in die land se tronke.

So sterk is China se invloed op die wêreldverhoog dat selfs pres. Barack Obama van Amerika verlede jaar die knie moes buig oor die samestelling van die gehoor vir ’n “openbare” lesing.

En so kan ’n mens voortborduur.

Dit alles, sal die hardebaarde vir jou sê, is die aard van realpolitik.

Óf jy speel saam, óf jy pak jou goed en gaan huistoe.

Maar wie weet, dalk is dit juis die snelveranderende tegnologiese wêreld waarin ons toenemend leef wat die oplossing sal bring en ook China al skoppend en protesterend druk in die rigting van die demokrasie en re­spek vir menseregte.

Intussen, ongelukkig, geld die realpolitik.

Henry Jeffreys is ’n onafhank­like kommentator.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: Jy speel saam – of skoert   Wed Jun 30, 2010 7:55 am

Ons waarsku al lank mense dat die Chinese n factor is nou ja hier kom dit perd se bek ast ware, maar wie luister dan nou ou Doomsday callers, dis dan n klom malletjies, jammer ou maat hierdie groep weet waarvan hulle praat en is tewaarheid n baie positiewe groep, maar ook realisties.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Jy speel saam – of skoert
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: News from abroad-
Spring na: