IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Versmoor, gewurg, gesteek

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Versmoor, gewurg, gesteek   Tue Jun 29, 2010 7:55 am

2010-06-28 22:18


function openPrintWindow() {
myPrintWindow = window.open('http://www.beeld.com/printArticle.aspx?iframe&aid=aa8cc946-e994-4e79-9c2e-13bc3f826461&cid=1928','myPrintWindow','toolbar=0,location=0,directories=0,status=0,menubar=0,scrollbars=1,resizable=0,width=750,height=600');
}






Mev. Monica de Ville

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's




Buks Viljoen


Aanvallers het die tenger vrou van ’n DA-stadsraadslid van Standerton eers met ’n handdoek probeer versmoor en toe met ’n haar­droërkoord gewurg voordat hulle haar met ’n skêr in die nek gesteek het.

Die lem het mev. Monica de Ville (72) se hoofslagaar rakelings gemis, het haar man, adv. Rosier de Ville, gister vertel.

“As hulle die aar raak gesteek het, was sy dood.”

Die aanval het Vrydag kort voor 10:00 in hul dubbelverdiepinghuis in Leydsstraat plaasgevind.

Mev. De Ville was op die punt om ’n vriendin te bel om haar vir tee te nooi toe sy aangeval is.

’n Aanvaller het by die huis ingekom deur ’n piepklein venstertjie, die enigste in die huis wat nie diefwering het nie, te breek.

Nog booswigte het die huis binnegekom.

“Ons het elke moontlike voorsorgmaatreël getref om ons tuis te beveilig.

“Daar is mure, lemmetjiesdraad en diefwering voor die vensters. Die enigste klein ven­s­tertjie wat nie beskerm is nie, is juis die een waar hulle inkom,” het adv. De Ville gesê.

Die aanvallers het dieselfde handdoek en skêr wat hy die oggend in die badkamer gebruik het toe hy geskeer en sy snor geknip het, in die aanval gebruik.

Mev. De Ville, wat maar ’n skrale 65 kg weeg, kon gelukkig die noodknoppie druk voordat sy flou geword het.

“Toe ek in die huis kom, het my vroutjie flou in ’n plas bloed in die slaapkamer op die vloer gelê. Ek het gedink sy is dood.

“Haar tong en lippe was blou en geswel toe ek haar op die vloer kry.”

Die egpaar is al byna 50 jaar getroud.

Mev. De Ville is in die hospitaal opgeneem en gistermiddag ontslaan.

Die De Villes gaan die huis verkoop waarin hulle al jare lank woon nou verkoop.

“Monica het nou ’n heilige vrees vir die huis en die dokters het ook aanbeveel dat ek haar nie weer daarheen neem nie.

“Sy verwerk nog die skok van die aanval en om die huis te sien, kan nadelig vir haar wees.”

Intussen bly hulle by vriende.

Daar was die afgelope vyf weke nog twee inbrake by die De Villes.

Adv. De Ville het gesê hulle oorweeg dit om Kaap toe te verhuis. Hy het sedert sy dae as KP-parlementslid ’n huis daar.

“Maar dis ’n baie moeilike besluit. Al ons vriende is in Standerton. Ons wortels is hier,” het hy gesê.

Adv. De Ville was onlangs ook in die nuus oor die rol wat hy gespeel het om ’n Groot Trek-gedenkplaat wat deur die munisipaliteit vernietig is, met ’n hofgeding heropgerig te kry.

Die gedenkplaat is in opdrag van me. Queen Radebe-Khumalo, voormalige burgemeester van die Lekwa-munisipaliteit in Standerton, vernietig.

Die munisipaliteit moet die herstelkoste van die gedenkplaat dra.

Adv. De Ville meen die aanval is nie polities gemotiveerd nie.

“Ek het nog nooit dreigemente gekry nie en ek dink dit is maar net die gewone soort misdaad wat ons mense deesdae teister.”
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Versmoor, gewurg, gesteek
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Aanval op ons mense / Attack on our people-
Spring na: