IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Ons groet vir Trompie

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Ons groet vir Trompie   Sun Jun 20, 2010 7:08 pm

Saterdag, 19 Junie 2010 11:58 Freek Kruger



André Theron (Trompie)
15 Januarie 1961 – 10 Junie 2010

Ek wil u terugneem 30 jaar gelede. 'n Berig in 'n koerant: "81 Swapo terroriste en vyf lede van die Veiligheidsmagte het in 'n klein veldslag in die operasionele gebied gesneuwel, toe hulle in 'n groot vyandelike hinderlaag op die grens ingeloop het."


Daar is moederharte stukkend. Elders wonder nog 'n moeder, waar haar seun is. Die gebeurtenis is in een berig verby en vergete. Miskien is daar nog 'n week lank deur die civvies daaroor gepraat, vandag is dit vergete. Wie sou weer hieraan aandag gee?

Hierdie ontsettende gebeurtenis sou egter 'n ongelooflike impak hê op die psige van 'n groep mense. Dit sou diep wonde inbrand in die siele van manne wat eintlik maar nog seuns was. Hierdie wonde het littekens geraak wat gedra is. Van hierdie wonde sou nooit genees nie. Savati ... wat 'n afskuwelike plek.

Woensdag 21 Mei 1980.

Vier Kompanies, Alpha, Charlie, Foxtrot en Echo, van 32 Batteljon het met voertuie 60 kilometer oor die kaplyn in Angola ingery. Echo is in diepte as reserwemag ontplooi. Opdrag: Wis die vyand uit, buit so veel as moontlik uitrusting en wapens en keer so vinnig moontlik terug oor die grenslyn. 'n Unita gids het die pad probeer aandui tot by 'n punt wat veronderstel was om 20km wes van die dorpie Savati te wees. Van hier af is daar te voet geloop ooswaarts. Die nag is snerpend koud en stikdonker. Die bos is ruig met plate agressiewe haak en steek.

Daar word op kompaspeiling gestrompel om met eerste lig 'n aanval op die Fapla basis te loods. Reeds gedurende die nag is die verrassing prysgegee toe daar in vyandelike magte vasgeloop is en daar 'n kort skietgeveg uitgebreek het. Die mochilas was swaar gelaai met 1ste lyn ammunisie, water, geen rantsoene, radios en wapens asook mortierbomme en pype vir die 81mm's.

Alles vir die geveg is te voet saamgedra. Al wat Suid-Afrikaans is, is die 81 mm mortiere. Die rugsakke weeg meer as 40kg. Die geveg wat bedoel was vir eerste lig, sou eers 09:00 begin met 'n baie moeë gehawende en half verkluimde groep. "Os Terriveis" The terrible ones – soos die Buffalo soldate bekend gestaan het - was op die doelwit en die skote het begin klap.

Charl Muller, Heinz Muller, Evert Engelbrecht, Tim Patrick, André Erasmus en Andy Falcus word doodgeskiet. Die res van die gesneuweldes is swart 32 troepe van Angolese Portugese oorsprong. Hulle name word nie bekend gemaak nie. Die totaal van die eenheid wat die dag sneuwel is 15 man. Wat veronderstel was om 'n verrassingsaanval te wees, het geëindig as 'n frontaanval waar die vyand gereed gelê en wag het. Die vyand was nie Swapo soos die koerante berig het nie, maar Fapla – die Angolese weermag - 'n konvensionele mag goed gefortifiseer in loopgrawe met kommunikasieverbindingslyne.

Die mag is totaal onderskat en die weerstand genadeloos. 'n Wrede bloedbad volg aan beide kante. Die leiergroep is verwese en troepe wil omdraai - veral toe André Erasmus tussen hulle val toe almal dink die geveg is verby. Die vyand vlug noordwaarts en oos deur die rivier. Die wat noord vlug loop hulle vas in die 32 recce spanne se stoppergroepe. 'n Paar man sit die vyand agterna op voertuie wat hulle intussen bereik het. Tussen Savati en die rivier lê 'n oop shona wat fataal is vir die voortvlugtendes voor die masjiengeweervuur vanaf die voertuie.

Hulle word letterlik afgemaai. Dié wat die rivier bereik word genadeloos deur die krokodille verskeur. 'n Bloedrivier (Rio de sangue). Wat 'n grusame gesig. Wie het gewen?

Louis Bothma skryf : "Falcon het later die aand op Rundu aangekom. "Hy was so wit soos 'n laken. Hy het my en klein Alwyn vasgegryp. Ek het my man nog nooit so gesien huil nie," onthou Hermien Ferreira."

Vyf jaar later ry ons tydens 'n ontplooiing verby 'n spookdorpie. Ek is deel van Alpha-kompanie. Die troepe raak stil, party hou hulle boshoede gewyd teen hulle bors vas. Ek wil nader ry, die troepe kom omtrent iets oor. Landmyne - verduidelik hulle aan my. Savati ! Noord van die dorpie staan die wrakke van 'n konvooi in 'n gelid op die opgeboude teerpad. Al monument of medalje wat Trompie en sy makkers sou kry.

Twee jaar later staan daar 'n jongman langs my bed met 'n pak klere aan – ek dag dis die kapelaan. Hy stel homself voor as Trompie. Hy kom kuier so nou en dan vir die ouens in 1 Mil - verduidelik hy. Ek sou toe nooit 'n kapelaan sien nie, maar ek sou dikwels vir Trompie sien. Hy praat nie baie nie en wil net weet of ek iets nodig het. As ek die dag hier uitkom kan ek daar by hom kom bly.

Gelfri 201 was die herberg van al ons makkers op verlof uit die bos en op herstel verlof uit 1 Mil. Hy was soos 'n moeder, getrou Woensdae by Waterklooflughawe, angstig om te sien wie klim uit die Flossie om hulle woonstel toe te bring. So was Gelfri ook die rehabilitasie sentrum, waar wonde herstel het en nooit herstel het nie. Hier het ons ook laaste heildronke gedrink op makkers wat geval het terwyl ons oor en oor Mike Bat se "Ride to Agadir" speel. Trompie het vir ons destyds baie beteken toe 'n stelsel en 'n generasie ons gefaal het.

Vir manne wat trauma en verliese moes verwerk, was Trompie daar in die afwesigheid van kerk en staat, terwyl hy self die letsel van Savati en die oorlog saam in hom gedra het. Wie sal verstaan as jy nie daar was nie. Trompie was die pel bev van Charlie nove, wat deel was van die hoofaanvalsmag. Wie sal weet as jy nie saam was toe hulle makkers geval het nie? Wat sou deur die gedagtes van hierdie erg getraumatiseerdes die volgende dag gaan toe hulle terug gestuur is om die gevalle makkers te gaan soek? Wat gaan deur die gemoed van 'n jong seun wat einlik nog in adolesensie is? Hoe dra jy die verkoolde liggaam van jou makker, hoe sluit jy af van vrees? Hoe verwerk jy die verwyte – ek kon hom gehelp het, ons het hom daar gelos om te sterf? Hoe skeur jy jou los en vlug jy weg van Savati in jou?

Dave Hodgson skryf in sy memoirs: "The only debriefing that we had as far as Alpha Company was concerned, was nil." Louis Bothma skryf : "En toe, ná die dooies begrawe, die wonde gelek en die nabetragting deur die hoë offisiere verby was, wat toe? Toe niks. "

Trompie het reeds 3 weke gelede afskeid geneem van sy vriende by die gedenkdiens vir Savati. Vandag neem ons afskeid van hom - 'n legende, een van 'n handjievol blanke leiergroep wat geskiedenis geskryf het. Die geskiedenis van Savati.

Hoe sou die storie hier kon eindig? Is daar dan geen hoop, was alles verniet? Is hierdie lewe 'n jammerdal vol verdriet? Moet ons alles vergeestelik om ons op te beur, of kan ons ook nou en hier weet God regeer?

Gen 17:7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as 'n ewige verbond, om vir jou 'n God te wees en vir jou nageslag ná jou.

Gen 17:8 En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as 'n ewige besitting; en Ek sal vir hulle 'n God wees.

Het God ons vergeet? Was alles verniet? 'n Volk verwese en lam wat in ballingskap deur heidene regeer word. Vir 'n volk wat ongehoorsaam geraak het aan God se Woord geld hierdie verbond egter nie meer nie, want dan is ons nie kinders van Abraham nie. Wie egter terugkeer na God het hierdie verbond en belofte – 'n nageslag en eie grondgebied. Die aarde en alles daarop behoort aan die Here. Die belofte is vervul.

Begin elkeen by sy eie gesin. Vertel dit alles aan julle kinders en hulle kinders en leer hulle van Bloedrivier en Savati se bloedrivier - Rio de sangue. Vertel hulle van die verraaiers in lugversorgde kantore wat weggehardloop en oorgegee het aan die onbenullige terroriste bendetjie van Madiba Mandela, sonder dat daar 'n skoot geskiet is. Hulle wat lafhartig was in die aangesig van die vyand, wat ons in die rug gesteek het. Vertel hulle van "The terrible ones – Os Terríveis ", Trinta Dois wat in die genadelose PKM, mortiere en AK vuur ingestorm het, wat geskree het avanca toe hulle makkers om hulle geval het. Vertel hulle van Os Terríveis wat 30 sikkels silwer aan die leier van die verraaiers oorhandig het.

Leer hulle weer van vryheid. Leer hulle die Psalms van Dawid wat sing van die Messias wat die dood oorwin het en in wie se bloed ons meer as oorwinnaars is.

Joh 6:58 Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het .... ; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.



http://www.praag.co.za/feuilleton-magazine-386/algemeen-magazine-470/8315-ons-groet-vir-trompie.html
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Ons groet vir Trompie
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kuns en Kultuur-
Spring na: