IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 BLANKE EGPAAR GRU OP MADAGASKAR VERMOOR

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: BLANKE EGPAAR GRU OP MADAGASKAR VERMOOR   Mon Jun 14, 2010 10:13 am

Egpaar van SA gru op eiland vermoor
2010-06-14 08:31


Me. Hannetjie Walters (45) is op die klein eiland Ile Aux Nattes in Madagaskar met ’n panga doodgekap. Haar lyk is aan die brand gesteek. Foto: Verskaf



Virginia Keppler

’NSuid-Afrikaanse egpaar is Vrydagaand op ’n klein eiland sowat 35 km oos van Madagaskar waar hulle ’n spa bedryf het, met ’n panga doodgekap en hul lyke aan die brand gesteek.

Mnr. Gareth Walters (48) en sy vrou, Hannetjie (45), eienaars van ’n spa op die eiland Ile Aux Nattes, se lyke is vermink.

Hulle was oorspronklik van Johannesburg en het die afgelope drie jaar op die eiland gewoon.

Mnr. Ockie Snyman, nog ’n Suid-Afrikaner wat ’n gastehuis daar het, was van die eerste mense op die toneel.

Volgens Snyman is die egpaar se lyke sowat 17 uur ná die moorde deur sowat 600 inwoners van die eiland begrawe.

Hy het gesê hy en die Walters-egpaar is die enigste Suid-Afrikaners op die eiland.

Hy het by vriende gekuier toe die voorval plaasgevind het.

“Tussen 22:00 en 23:00 het ek ’n oproep gekry dat Gareth en Hannetjie se plek aan die brand is. Ek moes sowat ’n uur stap om by hul woning uit te kom want daar is nie paaie waarop motors kan ry nie.

“Toe ek daar kom, was die brand geblus. Gareth en Hannetjie was verkool, maar mens kon sien dit is hulle,” het Snyman gesê.

Volgens hom blyk dit mnr. Walters het iets buite gehoor en gaan ondersoek instel.

“Hulle moes hom toe oorrompel het. Dit wil lyk of Hannetjie ná ’n tyd ook uit is om te gaan kyk waar Gareth is toe hulle haar ook met ’n panga aangeval het.”

Hul lyke is na die kamer gesleep waarin die kragopwekker is. Die kamer is aan die brand gesteek.

Snyman het gesê volgens ’n werknemer van die egpaar is geld uit mev. Walters se beursie weg.

“Hy (die werknemer) het gesê hy was Vrydag saam met haar toe sy geld gaan trek het om vir ’n toer wat gister (Sondag) sou plaasvind, te betaal.”

Niks anders word vermis nie.

Snyman het gesê meer as 600 inwoners het dieselfde nag en tot die volgende middag by die egpaar se huis gewaak. Die eiland het nie ’n lykhuis nie.

Toe die polisie eergisteroggend verder ondersoek gaan instel het, “het ons ontdek Hannetjie is in die gesig, op die kop en op die rug met ’n panga geslaan”.

“Daar was ’n stuk van haar hare uit. Gareth het ook erge beserings aan sy kop gehad,” het Snyman gesê.

Die egpaar is eergister 16:00 begrawe nadat Snyman toestemming van die Suid-Afrikaanse ambassade gekry het.

“Hulle is die eerste buitelanders wat op die eiland begrawe is.”

Volgens Snyman het die polisie van Tamatave, sowat 800 m van die eiland, gisteroggend weer die eiland besoek.

“Die stamhoof het almal bymekaargekry.

“Honderde mense het die polisie gaan ontvang om te help om die skuldiges aan te keer.

“Dit is ’n groot skok, want so iets het nog nooit gebeur nie. Ons hele bestaan hier hang van toeriste af,” het Snyman vertel.

Hy het bygevoeg hy voel veilig op die eiland.

Mnr. Manie Bosman, ’n vriend van Snyman wat die eiland verskeie keer besoek het, het gesê ’n mens stap in twee en ’n half uur om die eiland
.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
BLANKE EGPAAR GRU OP MADAGASKAR VERMOOR
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Aanval op ons mense / Attack on our people-
Spring na: