IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 kometaar van Daan Roodt

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: kometaar van Daan Roodt   Sun Jun 06, 2010 8:34 pm

In ons land is die "apartheidtyd" sedert 1994 deur die "volksmoordtyd" opgevolg. Iewers vorentoe gaan historici moet kyk na die rol van die Suid-Afrikaanse gedrukte media wat die huidige moorde, verkragtings en diskriminasie teen minderheidsgroepe verwyg het terwille van allerlei propagandaveldtogte om hierdie bankrot stelsel in stand te hou. In vandag se Rapport word my uitgebreide besoek aan Europa waartydens ek met 'n verskeidenheid partye, staatsamptenare en individue gesels het afgemaak as Roodt soek in Europa steun van neo-Nazi’s.
Juis nie. Die Sweedse groep Svenska motståndsrörelsen oftewel Sweedse weerstandsbeweging het reeds deur hul betoging voor die Suid-Afrikaanse ambassade in Stockholm ná die moord op Eugene Terre'Blanche getoon dat hulle Afrikaners steun, dus was dit beswaarlik nodig om hul steun "te werf". Enersyds was ek nuuskierig om te sien hoe lyk neo-Nazi's in 'n tradisioneel linkse land soos Swede wat reeds jare lank 'n sosialistiese stelsel in stand hou en andersyds wou ek ter plaatse kennis opdoen om te sien hoe die protes in Swede tot 'n meer doeltreffende beweging uitgebou kan word.
Ons het met heelwat ander groepe in Stockholm ook vergader, onder andere die Joodse of half-Joodse redakteur van die Sweedse Demokratiese party se koerant, Tommy Hansson, 'n feit wat beswaarlik in ons guns getel het wat die Sweedse weerstandsbeweging betref. My houding is egter een van: ons wil nie inmeng in die binnelandse politiek van Swede of enige ander land nie, maar verwelkom steun vir die Afrikanersaak, van watter oord ook al, hetsy links, hetsy regs.
Terloops, die Broederbond-beheerde Rapport het geen beswaar gehad dat ek met 'n voormalige gevangene op Robbeneiland, beskuldigde in 'n verkragtingsaak en lid van 'n terreurbeweging, Jacob Zuma, braaivleis gehou of by Libertas gaan eet het nie. Nóg Nelson Mandela, nóg enige ander ANC-leier - of selfs Rapport - het al ooit die menseregtevergrype van die internasionale kommunisme veroordeel. Honderd miljoen mense het regstreeks as gevolg van kommunisme gesterf, veel meer as wat ooit deur Nazi's of ander nasionalistiese groepe gedood is. Toe die vakbond Solidariteit 'n paar jaar gelede met Cosatu en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty vergader het, is dit allerweë as 'n positiewe stap in Rapport, Beeld en ander Nasperskoerante aangebied.
Soos in die Sowjetunie of Oos-Duitsland van weleer, beskou Rapport heel moontlik enigiemand wat nie 'n kommunis of sosialis is nie, as 'n "fascis". Daardie simbool van linkse totalitarisme, die Berlynse muur, wat 'n hele bevolking in hul eie land gevange gehou het, het mos hoeka bekendgestaan as die "anti-fascistiese skandmuur" wat bedoel was om die arme Oos-Duitsers teen "kapitalisme en regses" te beskerm, Stasi (hul berugte geheime polisie) en al...
Ek het nie eens geweet Klas Lund, die leier van die Sweedse weerstandsbeweging, was in die tronk omdat hy 'n polisiestasie aangeval het nie en het dit eers op pad lughawe toe verneem waar ons die vliegtuig Brussel toe sou haal. Ons het nooit vir Lund te siene gekry nie aangesien hy in die noorde van die land woon en nie naby Stockholm nie. Die lede van die beweging wat ons in die hoofstad gesien het, het egter onomwonde aan ons verklaar dat hulle 'n nie-gewapende stryd voer, met die klem op betogings, bewusmaking, die uitdeel van pamflette op straat en dergelike demokratiese aksies.
Enigiemand wat soos die Sweedse weerstandsbeweging die NSA-onderbroekvlag in die openbaar verbrand en agterna die reste daarvan in die posbus van die Suid-Afrikaanse ambassade in Stockholm indruk, kan nie heeltemal sleg wees nie. Die feit dat hulle hul koppe kaal skeer en hoofsaaklik swart klere dra, doen beswaarlik afbreuk aan so 'n skitterende heldedaad.
Kader Asmal, wat in die openbaar sy steun vir die Kerkstraatbom uitgespreek het en die Afrikaanse universiteite met ander saamgesmelt het om hulle te verengels, is al in 'n Rapport-rubriek voorgehou as 'n held en "'n Afrikaanse taalstryder". Ek is bevrees Rapport se bewondering vir die voorstanders van terreur of die voormalige terroriste van die ANC wat tans 'n volksmoord teen ons pleeg, het die koerant se oordeel dermate aangetas dat hy nie meer behoorlik tussen reg en verkeerd, of normale politieke/intellektuele gesprek en onderduimse geweldspraatjies kan onderskei nie.
As Nelson Mandela my more vir 'n Sweedse ontbyt nooi, moet ek nee sê omdat hy in Oktober 1962 met wapens en plofstof besig was om terreurdade teen Suid-Afrikaanse burgerlikes te beplan? Heel waarskynlik sál ek 'n ontmoeting met die skrywer van How to be a good communist van die hand wys! Die punt is egter dat linkse of kommunistiese ekstremiste vir Rapport heel aanvaarbaar is, maar diegene aan die teenoorgestelde kant van die spektrum wat nie naastenby so radikaal of gewelddadig is nie word as uit die bose beskou. Rapport is lankal sy morele en politieke kompas kwyt; vandaar dus die soort propagandaberig wat my in die opskrif aan Europese neo-Nazi's wil verbind.
Om Jared Taylor van American Renaissance, een van die beskaafdste - en in 'n sekere sin, "liberaalste" in die sin van verdraagsaamste - mense wat ek ken, as "verregs" te beskryf, verteenwoordig insgelyks die soort blindelingse etikettering wat ongelukkig 'n kenmerk van Naspersjoernalistiek geword het.
Feit is egter dat Europa vinnig besig is om te verander en dat 'n swaai na regs oral voelbaar is. Net soos die ANC, SAKP en ander malletjies as't ware deur die linkse golf in die Weste ná die revolusionêre 1960s aan bewind gedruk is, kan die Afrikaner net baat by die huidige, meer nasionalistiese klimaat in Europa.
Ons Afrikaners het reeds baie vriende in Europa, van verregs tot sentrumregs of selfs liberaal. Dis nog net die sosialiste en kommuniste wat ons as 'n verguisbare en vernietigbare volk van wit rassiste sien. Ook die problematiek van kultuurkonflik met Moslems en swartes wat die sentrale tema van die Europese politiek geword het, het vir die eerste keer sedert die vroeë 1900s die Afrikaner se probleem met verafrikanisering internasionaal verstaanbaar gemaak. In die VSA is ras en kultuur insgelyks nie ver onder die oppervlak nie. In dié trant het 'n bekende rubriekskrywer onlangs in die New York Times die uitgebreide Tea Party-beweging in die VSA as rassisties afgemaak en hom in die demografiese afgang van blanke kiesers in Amerika verlekker. Oral in die Westerse wêreld is linkses besig om - as deel van hul politieke en verkiesingstrategie - anti-blank, anti-Westers en pro-Moslem, pro-swart en pro-immigrasie te raak.
Binnekort veg ons Afrikaners ons oorlewingstryd saam met 'n miljard ander blankes in Europa en Noord-Amerika, soos wat Huntington se kultuurstryd of "clash of civilizations" die vernaamste politieke kwessie van die een-en-twintigste eeu word. Indien net een Europese staat ons aktief sou begin steun, sou die ANC se oorheersing oor Afrikaners nie ses maande hou nie. Dus, soos die Poolse uitgeweke skrywer, Jerzy Kosinski, in die vroeë sestigerjare uitgeroep het: "Die toekoms is ons s'n, kameraad!" Amusant vir my was ook hoe sowel die Sweedse regses as die politici van die Vlaams Belang die woord "kameraad" vrylik gebruik het om hul medestryders te beskryf. Miskien raak dit tyd dat ons dié woord in Afrikaans insgelyks rehabiliteer en van sy linkse konnotasie ontneem.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
kometaar van Daan Roodt
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: