IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Suid-Afrika vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Suid-Afrika vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.   Sun Jun 06, 2010 6:06 pm

"Hierdie word geplaas met die poging om ons mense aan te waker om te sien of hulle saam stem of nie"


(Aangestuur vanaf Suid-Afrikaanse)

Spring na: navigasie, soek

Suid-AfrikaRepubliek van Suid-AfrikaRepublic of South Africa (Engels)IRiphabliki yeSewula Afrika (Ndebele)IRiphabliki yaseMzantsi Afrika (Xhosa)IRiphabliki yaseNingizimu Afrika (Zoeloe)Rephaboliki ya Afrika-Borwa (Noord-Sotho)Rephaboliki ya Afrika Borwa (Sotho)Rephaboliki ya Aforika Borwa (Tswana)IRiphabhulikhi yeNingizimu Afrika (Swazi)Riphabuḽiki ya Afurika Tshipembe (Venda)Riphabliki ra Afrika Dzonga (Tsonga)
<TABLE style="BACKGROUND: none transparent scroll repeat 0% 0%; MARGIN: 0px auto; TEXT-ALIGN: center">


<TR>
<td style="BORDER-TOP-WIDTH: 0px; BORDER-LEFT-WIDTH: 0px; FONT-SIZE: 95%; BORDER-BOTTOM-WIDTH: 0px; VERTICAL-ALIGN: middle; BORDER-RIGHT-WIDTH: 0px"></TD>
<td style="BORDER-TOP-WIDTH: 0px; BORDER-LEFT-WIDTH: 0px; BORDER-BOTTOM-WIDTH: 0px; VERTICAL-ALIGN: middle; BORDER-RIGHT-WIDTH: 0px">Wapen van Republiek van Suid-Afrika</TD></TR>
<TR style="FONT-SIZE: 95%">
<td style="BORDER-TOP-WIDTH: 0px; BORDER-LEFT-WIDTH: 0px; BORDER-BOTTOM-WIDTH: 0px; BORDER-RIGHT-WIDTH: 0px">Vlag</TD>
<td style="BORDER-TOP-WIDTH: 0px; BORDER-LEFT-WIDTH: 0px; BORDER-BOTTOM-WIDTH: 0px; BORDER-RIGHT-WIDTH: 0px">Wapen</TD></TR></TABLE>
Nasionale leuse: !ke e: ǀxarra ǁke
(Verskillende mense verenig)
Volkslied: Volkslied van Suid-Afrika
HoofstadKaapstad (wetgewend)
Pretoria (administratief)
Bloemfontein (geregtelik)
33°55′S 18°25′O
Grootste stadJohannesburg
Amptelike taleAfrikaans, Engels, Ndebele, Noord-Sotho, Suid-Sotho, Swazi, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zoeloe
Regering President
Demokratiese republiek
Jacob Zuma
Onafhanklikheid Onafhanklikheid
- datum
Vanaf Brittanje:
31 Mei 1910²
Oppervlakte
- Totaal

- Water (%)

1 219 912 km2 (24ste)
Bevolking
- 2007 skatting
- Digtheid

47 850 700 (26ste)
39 / km2 (163ste)
BBP (KKP)
- Totaal
- Per capita
2007 skatting
VSA $467.95 bn (18de)
VSA $10 600(55ste)
GeldeenheidRand ([[ISO 4217|ZAR]])
Tydsone
- Somertyd
+2 (UTC+2)
geen (UTC+2)
Internet-TLDza
Skakelkode+27
¹'n klein aantal Suid-Afrikaners gebruik die naam Azanië eerder as 'Suid-Afrika', wat hulle verwerp weens die koloniale oorsprong daarvan. Hulle is meestal lede van partye wat vanuit 'n Afrosentriese tradisie kom, soos die Pan Africanist Congress of Azania, en groepe wat uit skeurings daarvan ontstaan het, soos die Azanian People's Organization (AZAPO).
² Gevorm as die Unie van Suid-Afrika op 31 Mei 1910, en het die Republiek van Suid-Afrika geword op 31 Mei 1961.
Suid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit word begrens aan die noorde deur Namibië, Botswana en Zimbabwe, en na die noordooste deur Mosambiek en Swaziland. Lesotho is heeltemal vervat binne die grense van Suid-Afrika.
Suid-Afrika is een van die mees etnies-diverse lande in Afrika. Die land het meer Europese immigrante ontvang as enige ander land in Afrika en het die hoogste bevolking van Europese, Indiese en gemengde afkoms. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land. 'n Ander belangrike faktor in die ontwikkeling van die land is die ryk mineraalbronne waaroor die land beskik. Die land se ekonomie is die grootste en mees ontwikkelde in die kontinent met moderne infrastruktuur in die hele land.
Rassekonflik tussen die wit minderheid en die swart meerderheid het die land se geskiedenis en politiek oorheers. Die tema het 'n hoogtepunt bereik met die apartheidbewind tussen 1948 en die negentien-negentigs. Nadat die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom het, is 'n stelsel gegrond op rassediskriminasie opgerig. Die wette is van 1990 af afgeskaf na 'n lang en gewelddadige stryd teen apartheid waarin swart mense die leiding geneem het. Wit, bruin en Indiër- Suid-Afrikaners het egter ook deelgeneem en buitelandse druk was 'n belangrike faktor in die uiteindelike aftakeling van apartheid. Die dramatiese verandering in die politieke stelsel is egter op die ou einde op wonderbaarlike wyse relatief vreedsaam bewerkstellig. Suid-Afrika is een van die min lande in Afrika en die res van die ontwikkelende lande wat nie 'n staatsgreep deurgemaak het nie. Die veelpartysamesprekings, waarvolgens die nuwe Suid-Afrika in plek gestel is, het gelei tot die ontwikkeling van een van die voorste grondwette ter wêreld met stewige beskerming van menseregte.
Vandag word daar gereeld na Suid-Afrika as die Reënboognasie verwys - 'n term wat aanvanklik deur Aartsbiskop Desmond Tutu bedink is en later op uitgebrei is deur die toenmalige President Nelson Mandela as 'n metafoor vir die land se nuutgevonde multikulturele diversiteit na die beëindiging van die skeiding wat deur die apartheidsideologie meegebring is. Suid-Afrika is die eerste, en sover enigste, land wat kernwapens ontwikkel het en daarna vrywillig sy hele kernwapenprogram ontbind het.

Inhoud

[versteek]


    <LI class="toclevel-1 tocsection-1">1 Geskiedenis

      <LI class="toclevel-2 tocsection-2">1.1 Prehistoriese geskiedenis
      <LI class="toclevel-2 tocsection-3">1.2 Nederlanders en Xhosas in die Kaap
      <LI class="toclevel-2 tocsection-4">1.3 Britse kolonie
      <LI class="toclevel-2 tocsection-5">1.4 Eerste en Tweede Vryheidsoorloë
      <LI class="toclevel-2 tocsection-6">1.5 Unie van Suid-Afrika
    • 1.6 Apartheid en die Nuwe Suid-Afrika

    <LI class="toclevel-1 tocsection-8">2 Ander name
    <LI class="toclevel-1 tocsection-9">3 Politiek

    • 3.1 Politieke partye in die parlement in 2009

    <LI class="toclevel-1 tocsection-11">4 Provinsies
    <LI class="toclevel-1 tocsection-12">5 Geografie
    <LI class="toclevel-1 tocsection-13">6 Plant- en dierelewe
    <LI class="toclevel-1 tocsection-14">7 Ekonomie

      <LI class="toclevel-2 tocsection-15">7.1 Mynbou
      <LI class="toclevel-2 tocsection-16">7.2 Landbou
      <LI class="toclevel-2 tocsection-17">7.3 Wynbou
      <LI class="toclevel-2 tocsection-18">7.4 Verwerkende nywerhede
      <LI class="toclevel-2 tocsection-19">7.5 Energiebedryf
      <LI class="toclevel-2 tocsection-20">7.6 Infrastruktuur
    • 7.7 Toerisme

    <LI class="toclevel-1 tocsection-22">8 Misdaad
    <LI class="toclevel-1 tocsection-23">9 Demografie

      <LI class="toclevel-2 tocsection-24">9.1 Verstedeliking
    • 9.2 Sosiale struktuur

    <LI class="toclevel-1 tocsection-26">10 Kultuur

      <LI class="toclevel-2 tocsection-27">10.1 Kuns
    • 10.2 Vakansiedae

    <LI class="toclevel-1 tocsection-29">11 Bronne

    • 11.1 Misdaad

  • 12 Verwysings

//


[wysig] Geskiedenis



Hoofartikel: Geskiedenis van Suid-Afrika.
[wysig] Prehistoriese geskiedenis


Suid-Afrika het van die oudste argeologiese terreine in Afrika. Uitgebreide fossieloorblyfsels by die Sterkfontein-, Kromdraai- en Makapansgatgrotte dui aan dat verskeie australopithecines in Suid-Afrika gewoon het vanaf ongeveer drie miljoen jaar gelede. Hulle is gevolg deur verskeie Homo-spesies insluitend Homo habilis, Homo erectus en die moderne mens, Homo sapiens. Bantoe ystergebruikende landbouers en veewagters het teen die 4de- of 5de eeu suid oor die Limpoporivier in hedendaagse Suid-Afrika in beweeg (die Bantoe-uitbreiding). Hulle het stadig verder suid getrek, waar die vroegste ystergieterye in die hedendaagse KwaZulu-Natalprovinsie uit ongeveer 1050 gedateer word. Die mees suidelike groep was die Xhosa wat tot by die Visrivier getrek het, wat vandag in die Oos-Kaapprovinsie lê. Die ystertydperkgroepe het vroeëre jagter-versamelaargroepe verplaas soos hulle suid getrek het.
[wysig] Nederlanders en Xhosas in die Kaap


Skildery wat Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap uitbeeld



Die geskrewe geskiedenis van Suid-Afrika begin op 6 April 1652 toe 'n verversingstasie by die Kaap van Goeie Hoop deur Jan van Riebeeck namens die Verenigde Oos-Indiese Maatskappy gevestig is. Vir die grootste deel van die 17de en 18de eeue was die vestiging, wat stadig aan die uitbrei was, 'n Nederlandse besitting. Die Nederlandse setlaars het uiteindelik naby die Visrivier met die Xhosas, wat besig was om in 'n suidwestelike rigting uit te brei, in aanraking gekom. 'n Reeks oorloë, wat as die Kaapse grensoorloë bekend staan, het hierop gevolg. Die oorloë is meestal deur botsende belange oor grond veroorsaak. Om arbeidstekorte in die Kaap te verlig, is slawe uit Indonesië, Madagaskar, en Indië deur die Nederlandse owerheid ingevoer. Die meeste afstammelinge van dié slawe, wat gereeld met Nederlandse setlaars getrou het, is later saam met die oorblyfsels van die oorspronklike Khoikhoi as Kaapse kleurlinge en "Kaapse Maleiers" geklassifiseer. Hierdie twee groepe verteenwoordig sowat vyftig persent van die bevolking van die provinsie Wes-Kaap. Die Europese immigrante uit Nederland is onder meer aangevul deur Duitsers en Franse Hugenote.
[wysig] Britse kolonie


Groot Brittanje neem die Kaap van Goeie Hoop in 1797 vir die eerste keer tydens die Vierde Engelse-Nederlandse oorlog in besit. Nederland is in 1795 deur die Franse weermag onder die leierskap van Napoléon Bonaparte oorwin. Brittanje wou verhoed dat die Kaap in Franse hande val en die Britse weermag, onder Generaal Sir James Henry Craig vaar na Kaapstad om die kolonie te beskerm namens die Stadhouer Prins Willem V van Oranje. Die goewerneur van Kaapstad weier aanvanklik om enige instruksies van die prins te gehoorsaam, maar na die Britte gedreig het om kragdadig op te tree, stem hy in. In Februarie 1803 lei die Vrede van Amiens daartoe dat die kolonie weer onder Nederlandse beheer kom in die vorm van die Bataafse Republiek. Ná oorlog weer uitbreek, word 'n Britse mag weereens na die Kaap gestuur en na 'n slag in Januarie 1806 op die strande van Tafelbaai gee die Nederlandse vesting van die Kasteel oor aan die Britte onder Sir David Baird, en die Britte annekseer die Kaapkolonie in 1806.
Die Britte sit die oorlog teen die Xhosas voort en stoot die oostelike grens ooswaarts tot by 'n lyn van forte, wat langs die Visrivier opgerig is, en konsolideer die gebied deur Britse Setlaars aan te moedig om hulle in dié gebied te vestig. As gevolg van druk deur afskaffingsverenigings in Brittanje, beëindig die Britse parlement sy wêreldwye slawehandel in 1806 en skaf slawerny in al sy kolonies af in 1833. Die voortslepende grensoorloë, ongelukkigheid met die wyse waarop slawerny afgeskaf is en ander verskille met die Britse owerheid lei daartoe dat 'n gedeelte van die Nederlandssprekende bevolking as deel van die Groot Trek verder in die binneland in trek buite Britse beheer. Die groep, wat eers as Voortrekkers en later as Boere bekend sou staan, kom in teenstand met swart stamme soos die Zoeloes. Hulle vestig 'n reeks Boererepublieke, waarvan die Zuid-Afrikaansche Republiek en Oranje-Vrystaat die belangrikste is.
[wysig] Eerste en Tweede Vryheidsoorloë


Boere by Spioenkop in 1900



Die ontdekking van diamante in 1867 en goud in 1886 het ekonomiese groei en immigrasie aangemoedig wat tot verdere onderdrukking van die plaaslike bevolking gelei het. Die Boere weer Britse indringing in die Eerste Vryheidsoorlog (1880–1881) suksesvol af deur taktiek wat baie meer gepas tot plaaslike toestande is, te gebruik. Die Boere het byvoorbeeld kakiekleure gedra wat dieselfde kleur as die veld was terwyl die Britte helderrooi baadjies gedra het wat hulle maklike teikens vir die Boereskerpskutters gemaak het. Die Britte keer ondanks teenstand deur die Liberale Party in die Britse Parlement in die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) in groter getalle terug. Ondanks aanvanklike suksesse en verbete weerstand deur die Boere, oorweldig die Britse magte die Boere as gevolg van hulle getalleoorwig en beter toevoerlyne. Nadat die Boer na guerillataktiek oorslaan, slaag die Britte eers daarin om die Boere tot oorgawe te dwing toe hulle die geskroeide aarde beleid en gepaardgaande konsentrasiekampe gebruik om dit vir die Boere onmoontlik te maak om verder te veg. By die Vrede van Vereeniging word volle heerskappy oor die Suid-Afrikaanse republieke aan Brittanje gegee. Die Britse regering kom ooreen om die £3 000 000 oorlogskuld van die Boereregerings oor te neem. Een van die hoofvoorwaardes van die verdrag wat die oorlog beëindig het, was dat swart mense geen stemreg sou hê nie behalwe in die Kaapkolonie.
[wysig] Unie van Suid-Afrika


Na vier jaar van onderhandelinge is die Unie van Suid-Afrika geskep uit die Kaap-en Natalkolonies en die Oranje-Vrystaat en Transvaalse Republieke op 31 Mei 1910, presies agt jaar na die einde van die Tweede Vryheidsoorlog. Die nuut geskepte Unie van Suid-Afrika was 'n Britse dominium. In 1934 smelt die Suid-Afrikaanse Party en die Nasionale Party saam om die Verenigde Party te vorm, wat versoening tussen Afrikaners en Engelssprekende blankes nagestreef het. Dit skeur egter in 1939 oor die Unie se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog as 'n bondgenoot van die Verenigde Koninkryk. Die regsgesinde Nasionale Party het met Duitsland gesimpatiseer en wou sterker rassesegregasie implementeer.
[wysig] Apartheid en die Nuwe Suid-Afrika


'n Kennisgewing in die apartheidsera.

Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: Suid-Afrika vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.   Sun Jun 06, 2010 6:08 pm

Vervolg:


Hoofartikel: Apartheid.


In 1948 wen die Nasionale Party die algemene verkiesing en word 'n reeks strawwe afsonderingswette ingestel om die apartheidsbeleid te implementeer. Onder apartheid, is mense van verskillende rasse geskei en is swart mense stemreg binne die "wit Suid-Afrika" ontsê. Implementering van die beleid veroorsaak oneindige leed aan miljoene Suid-Afrikaners deur gedwonge verskuiwings, beperkings op beweging, indiensneming en gewelddadige onderdrukking van die stryd teen apartheid. Apartheid knou ook die ekonomiese vooruitgang van veral swart Suid-Afrikaners. Terwyl die wit minderheid van die hoogste lewenstandaarde in Afrika geniet het, in baie opsigte soortgelyk aan die in die "eerste wêreld" se westerse lande, is die swart meerderheid agtergelaat in terme van byna elke moontlike meetbare standaard, insluitend inkomste, opvoeding, behuising, en lewensverwagting.
Apartheid het al hoe meer omstrede geword in die internasionale arena wat tot sanksies en onttrekking van beleggings gelei het, wat gepaard gegaan het met al hoe erger onluste. Die spanning het 'n hoogtepunt bereik in 1984-85 toe die regering met al hoe strawwer teenmaatreëls reageer. Dit het weer gelei tot feller weerstand van anti-apartheidbewegings (veral die ANC). Die land is op sy knieë gedwing deur die kombinasie van internasionale boikotte en ekonomiese sanksies, stakings, optogte, betogings, en sabotasie. In 1990 neem die Nasionale Partyregering die eerste stappe tot 'n onderhandelde skikking toe dit die ANC en ander politieke organisasies ontban en ANC-leier Nelson Mandela na 27 jaar in die tronk vrylaat. Apartheidwetgewing is geleidelik geskrap en die eerste veelrassige verkiesing is in 1994 gehou. Die ANC het met 'n oorweldigende meerderheid gewen en is steeds aan bewind.
Ten spyte van die beëindiging van Apartheid leef miljoene swart Suid-Afrikaners steeds in armoede. Dit word gereeld toegeskryf aan die nalatingskap van apartheid, maar daar is ook druk op die huidige regering om dienslewering op te knap en sosiale vraagstukke aan te spreek. Die regering het wel baie vordering gemaak wat betref behuising, elektrisiteitsvoorsiening en toegang tot water, en lewenskwaliteit het in baie opsigte verbeter.
[wysig] Ander name


Suid-Afrika het 11 amptelike tale, met slegs Indië wat meer het. As gevolg hiervan is daar vele aanvaarde amptelike name vir die land. Agt nie-amptelike tale word ook erken: Fanagalo, Lobedu, Noord-Ndebele, Phuthi, Gebaretaal, Khoe, Nama en San. Sien ook tale in Suid-Afrika.
[wysig] Politiek


Die stadskern van Pretoria, die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika



Suid-Afrika het 'n tweekamerparlement wat bestaan uit 'n Nasionale raad van Provinsies (of hoër-huis) met 90 lede, en 'n Nasionale Vergadering (of laerhuis) met 400 lede. Lede van die laerhuis word volgens proporsionele verteenwoordiging verkies: helfte van die lede word direk verkies op grond van nasionale lyste en die ander helfte word verkies uit provinsiale lyste. Tien lede word verkies om elke provinsie in die Nasionale Raad van Provinsies te verteenwoordig, ongeag die bevolkingsgrootte van die provinsie. Verkiesings vir beide kamers word elke vyf jaar gehou. Die regering word in die laerhuis gevorm, en die leier van die meerderheidsparty in die Nasionale Vergadering is die President.
Tans word Suid-Afrikaanse politiek oorheers deur die ANC wat 65,9% van die stemme in die algemene verkiesing van 2009 ontvang het. Die hoofteenstander teen die ANC se heerskappy is die Demokratiese Alliansie wat 16,66% van die stemme ontvang het. Die voorheen dominante Nuwe Nasionale Party, waarvan die voorganger, die Nasionale Party, apartheid aanvanklik ingestel het, het na 1994 spoedig steun verloor en het op 9 April 2005 gestem om finaal te ontbind.
[wysig] Politieke partye in die parlement in 2009



  • African National Congress
  • African Peoples' Convention
  • Afrika Christen Demokratiese Party
  • Azanian People's Organisation
  • Congress of the People
  • Demokratiese Alliansie
  • Inkatha Vryheidsparty
  • Minority Front
  • Onafhanklike Demokrate
  • Pan Africanist Congress
  • United Christian Democratic Party
  • United Democratic Movement
  • Vryheidsfront Plus


[wysig] Provinsies


Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert die totstandkoming van die volskaalse demokratiese Suid-Afrika in 1994, is die land verdeel in 9 provinsies (die provinsie se hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam):

  • Gauteng (Johannesburg)
  • KwaZulu-Natal (Pietermaritzburg)
  • Limpopo (Pietersburg)
  • Mpumalanga (Nelspruit)
  • Noord-Kaap (Kimberley)
  • Noordwes (Mafikeng)
  • Oos-Kaap (Bisho)
  • Vrystaat (Bloemfontein)
  • Wes-Kaap (Kaapstad)

[wysig] Geografie



Suid-Afrika is aan die heel suidelikste deel van Afrika geleë met 'n lang kuslyn van meer as 2 500 kilometer (1 550 myl) wat oor twee oseane strek (die Atlantiese en Indiese). Suid-Afrika het 'n groot verskeidenheid klimaatsones, van die woestyntoestande in die Kalahari naby Namibië tot welige subtropiese klimaat langs die grens met Mosambiek. Dit rys vinnig oor 'n bergagtige platorand tot die binnelandse plato wat as die hoëveld bekend staan. Selfs al word Suid-Afrika as semi-droog beskou, is daar aansienlike wisseling in klimaat sowel as topografie.
Waterpompe in Namakwaland (Noord-Kaap)



Ondanks sy ligging in die subtropiese klimaatsone word groot dele van die land danksy die invloed van die oseane en die feit dat die sentrale gebiede meer as 1 000 meter bo seevlak geleë is eerder deur 'n gematigde en sonnige klimaat gekenmerk. Pretoria se gemiddelde jaarlikse temperatuur is net 0,5 °C hoër as dié van Kaapstad. Kaapstad se gemiddelde 8,6 daaglikse sonskynure vergelyk baie gunstig met byvoorbeeld die Spaanse hoofstad Madrid (7,9 ure) en die Italiaanse hoofstad Rome (6,5 ure).
Die Suid-Afrikaanse binneland wissel van die bergagtige en yl bevolkte Karoo tot gras- en bosveld in die noordelike dele van die land. Die ooste van die land lê in die somerreënstreek - die oostelike kuslyn kry heelwat reën en is amper tropies in aard. Die heel suidwestelike gedeelte van die land is weer mediterreens met nat winters en warm, droë somers. Die suidwestelike gebiede van die Wes-Kaap produseer die meeste van Suid-Afrika se wyn. Dit word gekenmerk deur wind, wat die grootste deel van die jaar met tussenposes in Maart en April waai. Veral Kaapstad staan bekend vir sy Suidooster-wind.
Die felheid van die winde het die vaart om die kus van die Kaap van Goeie Hoop in die verlede lewensgevaarlik vir seevaarders gemaak en baie skipbreuke is daardeur veroorsaak. Effens meer oos aan die suidkus van die land, waar reënval in die vorm van kort buie meer konstant deur die jaar is, word die Tuinroete aangetref, wat bestaan uit 'n beeldskone groen landskap.
[wysig] Plant- en dierelewe


Fynbos, 'n plantkoninkryk uniek aan Suid-Afrika word naby Kaapstad aangetref



Suid-Afrika het meer as 20 000 verskillende inheemse plante, of omtrent 10% van alle spesies op aarde, wat beteken dat dit baie ryk aan biodiversiteit is.
Suid-Afrika se mees algemene bioom is grasveld, veral op die Hoëveld waar die plantegroei oorheers word deur verskillende grasse, lae struike en doringbome, hoofsaaklik kameeldoring en witdoring. Plantegroei is selfs yler in die noordweste as gevolg van die lae reënval. Dáár kom verskeie vetplantspesies voor wat water stoor soos aalwyne en nabome in die baie warm en droë Namakwaland. Die gras- en doringsavanne verander stadig in bosveld in die noordooste van die land met digter plantegroei. Daar is ook 'n beduidende hoeveelheid kremetartbome in die gebied naby die noordelike punt van die Nasionale Krugerwildtuin.

  • Stede van Suid-Afrika
  • Dorpe van Suid-Afrika

[wysig] Ekonomie



Sien ook: Ekonomie van Suid-Afrika, Landbou in Suid-Afrika, Politieke ekonomie van Suid-Afrika, Geskiedenis van die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika
Suid-Afrika se nywerheidsektor is die grootste en belangrikste op die vasteland van Afrika, en met sy rykdom minerale is die republiek ook een van die wêreld se voorste mynboulande. Nogtans het die land nooit daarin geslaag om tot 'n nywerheidsland te ontwikkel nie - 'n feit wat deur sommige deskundiges aan Suid-Afrika se vroeëre beleid van Apartheid toegeskryf word.[1] Een van die grootste uitdagings vir die land bly dan ook die regverdige verdeling van rykdom en hulpbronne.
[wysig] Mynbou


Suid-Afrika beskik oor die wêreld se grootste reserwes goud en platinum, asook reuse-reserwes van ander metale en minerale soos chroom, mangaan, steenkool en ystererts. Die enigste belangrike natuurlike hulpbronne, wat nie plaaslik voorkom nie, is bauxiet en ru-olie. Jaarliks word minerale en metale ter waarde van sowat 700 miljard ZAR gemyn wat grotendeels uitgevoer word. Die mynbousektor lewer 'n baie groot persentasie van die land se uitvoere en dra tussen sewe en agt persent tot Suid-Afrika se bruto geografiese produk (BGP) by. Terwyl die ontginning van goud ondanks gevorderde tegnologieë sy tradisioneel leidende rol geleidelik verloor, word platinum, steenkool en ystererts steeds belangriker. Suid-Afrika lewer tans byna 80 persent van die platinum op die wêreldmark op. In die vroeë 21ste eeu het kragtekorte die mynboubedryf belemmer en produksie met tot twintig persent verminder.
[wysig] Landbou


Naas mynbouprodukte bly die uitvoergerigte landbou die tweede belangrikste verskaffer van buitelandse valuta vir die land. Dit lewer sowat drie persent van die BGP op. Veral Suid-Afrikaanse wyn, vrugte en groente is gewild op oorsese markte. Danksy gunstige klimaattoestande trek veral die provinsie Wes-Kaap voordeel uit die - in vergelyking met die Noordelike Halfrond - teenoorgestelde seisoene. Verskeie produkte kan sodoende langer na Europese bestemmings gelewer word. Landbou in die res van die land word egter deur swak grondgehalte en watertekorte gestrem.
[wysig] Wynbou


Suid-Afrika is met 2,7 persent van die jaarlikse produksie, wat gelykstaan aan 730 miljoen liter, tans die negende grootste wynprodusent ter wêreld. Sowat 4 450 wynprodusente is in die land geregistreer.
Danksy die toenemende internasionale gewildheid van Suid-Afrikaanse wyne het die uitvoersyfers sedert die jare negentig skerp gestyg en beloop in 2005 reeds 281,1 miljoen liter (teenoor 'n skrale 25 miljoen in 1991). Dit maak van Suid-Afrika die vierde grootste wynprodusent buite Europa. Die gewildste soorte vir die internasionale mark is Chenin Blanc en Cabernet Sauvignon.
[wysig] Verwerkende nywerhede


Net soos Suid-Afrika se mynbou- en landbousektor is ook die land se verwerkende nywerhede sedert 1994 aan skerp internasionale mededinging en aanhoudende prysdruk op die wêreldmark blootgestel. Die plaaslike verwerking en veredeling van die land se minerale-skatte, swaar nywerhede en vervaardiging van masjiene het steeds belangriker geword. Die sterk groei in 'n aantal nywerheidsektore soos die boubedryf word deur die binnelandse vraag gedryf.
Die tweede grootste nywerheidsbedryf met 'n lang tradisie van plaaslike vervaardiging is die motorbedryf. Groot Duitse produsente soos BMW en VW het 'n beduidende persentasie van hul vervaardigingskapasiteite na Suid-Afrika uitgeplaas en produseer hier ook vir oorsese markte. Nogtans het die bedryf 'n sterk sikliese karakter - weens dalende vraag van oorsese ekonomieë is produksie in 2008 en 2009 merkbaar verminder. Ander belangrike nywerheidsektore sluit chemie, inligtings- en kommunikasietegnologie asook tekstiele in.
[wysig] Energiebedryf


Suid-Afrika se energiebedryf beleef in die vroeë 21ste eeu ingrypende strukturele verandering. Dit dra tans reeds sowat 15 persent tot die BGP by en sal as gevolg van stygende binnelandse vraag verdere groei toon. Om in die land se toekomstige kragbehoeftes te kan voorsien, sal nuwe kragsentrales opgerig moet word. Die nasionale energieverskaffer Eskom sal danksy 'n lening van die Wêreldbank byna vier miljard VSA-$ in sy Medupi-projek belê, tog bly hierdie konvensionele termiese kragsentrale by Suid-Afrikaanse en buitelandse nie-regeringsorganisasies omstrede. Kritici wys op die hoë koolstofdioksied-emissies van steenkoolkragsentrales.
[wysig] Infrastruktuur


Suid-Afrika het 'n moderne vervoersektor en goed ontwikkelde telekommunikasiebedryf. Vir die FIFA-Sokker-wêreldbekertoernooi in 2010 het die land hom op die verdere uitbou van sy infrastruktuur toegespits en 'n aantal langtermynprojekte aangepak.
[wysig] Toerisme


Volgens 'n ondersoek, wat deur Standard Bank gedoen is, is toerisme tans een van die belangrikste verskaffers van buitelandse valuta vir die land, met 'n inkomste van R53,9 miljard in 2003 (of sewe persent van die bruto binnelandse produk) - nog voor die goudmynbou, wat R35,3 miljard verdien het.
[wysig] Misdaad


'n Straatbord naby Witbank waarsku teen motorkapers op die N4-snelweg



Naas die vigs-epidemie word misdaad in Suid-Afrika as 'n nasionale krisis beskou. Suid-Afrika is een van vyf lande wêreldwyd waar georganiseerde misdaad 'n negatiewe effek op die ekonomie het en hoë ekstra koste veroorsaak. Volgens 'n ondersoek van 1997 van die Duitse Handelskamer het sowat 15 persent van die ondernemings wat deelgeneem het, nuwe beleggings weens die hoë misdaadsyfers gestaak. Meer as twee derdes het gekla oor inbrake en motordiefstalle.
Misdaad word volgens die ondersoek deur Duitse bestuurders en hulle gesinne ook as 'n persoonlike bedreiging beskou. Oor 'n gemiddelde tydduur van sowat 18 maande word elkeen van hulle of 'n familielid die slagoffer van 'n misdaad. Twintig persent van die ondernemings het in die twee jaar voor die ondersoek medewerkers as gevolg van moord verloor. By 47 persent van die ondernemings het bestuurders of hoogs gekwalifiseerdes die land weens die misdaadprobleem verlaat.
In 1995 was die moordsyfers in Suid-Afrika reeds die hoogstes ter wêreld - daar is gemiddeld twee mense per uur vermoor. Die provinsies Gauteng en Wes-Kaap word die meeste geraak; na Johannesburg is in dié verband in 1998 in 'n spesiale uitgawe van die Duitse tydskrif "DEG aktuell" selfs as die "wêreld se moordhoofstad van die jaar 1997" verwys.
Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake waarsku VSA-burgers dat Suid-Afrika 'n swak rekord in misdaadbekamping het[2]. Die situasie het blykbaar sedert 2006 verder versleg, aangesien nou ook buitelanders in welvarende voorstede deur kriminele bendes bedreig word. In Februarie 2007 het ses Amerikaanse diplomate in Pretoria die slagoffers van 'n gewapende roof geword, en nuusberigte staaf dat buitelandse diplomate se vrees vir misdaad ná 'n reeks soortgelyke voorvalle steeds groter word.
Dwelmhandel vier sedert die einde van die apartheid eweneens hoogty in die land, wat vroeër danksy sy isolasie nouliks deur hierdie probleem geraak is. Kaapstad dien nou naas Lagos in Nigerië as een van die Suid-Amerikaanse en Asiatiese kartelle se hoofinvoerhawe vir dwelmmiddels in Afrika. Suid-Afrika is een van die belangrikste lande vir die internasionale dwelmhandel en het ook die grootste produsent van dagga geword. Dagga ter waarde van 45 miljard rand is hier reeds in 1994 op 83 000 hektaar verbou.
[wysig] Demografie



Hoofartikel: Demografie van Suid-Afrika
Teen die middel van 2007 is die bevolking van Suid-Afrika deur Statistieke Suid-Afrika op 47 850 700 mense beraam, waaronder 38 079 900 swartes (79,6 persent van die totale bevolking), 4 354 000 blankes (9,1 persent), 4 245 000 kleurlinge (8,9 persent) en 1 173 700 Asiërs (2,5 persent). Van die totale bevolking was 24 288 100 mense vroulik en 23 562 600 manlik.[3]
[wysig] Verstedeliking


In 2000 was 95 persent van die Blanke en Asiatiese, 79 persent van die Kleurling en 41 persent van die Swart bevolking verstedelik. Behuisingstekorte en onvoldoende infrastruktuur is veral in die metropolitaanse gebiede 'n groot probleem, en as gevolg word veral die randgebiede van stede deur informele woonstrukture soos plakkerskampe gekenmerk. Die boubedryf is tans nie in staat om in die groeiende aanvraag na behuising te voorsien nie. Swart stedelike gebiede soos Soweto ly onder oorbevolking; in hierdie Swart voorstad woon nog steeds tussen drie en vier miljoen mense op 'n oppervlakte van net 130 vierkante kilometer.
Die verstedelikingsproses van die Swart bevolking sal ook in die eerste dekade van die 21ste eeu aanhou, terwyl die landelike bevolking met tussen vyf en tien persent sal krimp.
Blanke woongebiede van die middel- en opperklas is minder geraak deur die sosiale veranderings ná die einde van die geografiese rasseskeiding. Die ou stelsel van "groepsgebiede" word hier grotendeels nog bewaar, aangesien net 'n minderheid van Swartes huispryse en huurgelde in hierdie gebiede kan bekostig. Die klein getalle nie-Blanke bewoners, wat na die eertydse Blanke woongebiede verhuis, kan maklik geïntegreer word.
[wysig] Sosiale struktuur


Suid-Afrika bly 'n land wat langs ras-, etniese-, taal-, godsdiens- en klaslyne, maar ook langs die lyn tussen sentrum en periferie verdeel is. Die plaaslike historiese ontwikkeling het van die Suid-Afrikaanse samelewing 'n soort rasgebaseerde kastestelsel gemaak - ras en velkleur het daarin meer betekenis gekry as klas, taal en ander sosiale kriteria.[4]
[wysig] Kultuur


[wysig] Kuns


Thomas Baines: Kremetartboom



Die Suid-Afrikaanse kunstradisie kan as die oudste in die menslike geskiedenis beskryf word - die rotskuns van inheemse San of Boesmans het 'n ononderbroke tradisie wat tot in prehistoriese tye terugstrek en tot in die 19de eeu gedokumenteer kan word. Hul skilderye en rotstekeninge kan op meer as 3 000 plekke in die land aangetref word.[5]
Houtsnykuns, pêrelwerk, mandjiewerk en pottebakkery is al eeue lank kenmerkend vir Suid-Afrikaanse kunshandwerk wat in baie landsdele steeds beoefen word. Tans word dikwels ook moderne materiale soos kunsvesels gebruik.
Europese ontdekkingsreisigers en geograwe het Westerse invloede na Suid-Afrika gebring. Skilders soos Thomas Baines (1820-1875), Frederick Timpson l'Ons (1802-1887) en Thomas Bowler (1812-1869) is bekende verteenwoordigers van Suid-Afrika se vroeë moderne skilderkuns wat homself veral op landskapskilderye toegespits het. Hierdie tradisie is voortgesit deur skilders soos Frans Oerder (1867-1944) en Pieter Wenning (1873-1921) wat hul opleiding in Nederland ontvang en groot invloed op skilders soos J.E.A. Volschenk (1853-1936) en Hugo Naudé (1869-1938) uitgeoefen het. Ander bekende Suid-Afrikaanse landskapskilders sluit Jacobus Hendrik Pierneef (1886-1957) en lede van die Everard-groep in.

Sien:

  • Suid-Afrikaanse digters
  • Suid-Afrikaanse skrywers
  • Suid-Afrikaanse musikante
  • Suid-Afrikaanse entrepreneurs

[wysig] Vakansiedae



Hoofartikel: Openbare vakansiedae in Suid-Afrika.
DatumNaamOpmerkings
1 JanuarieNuwejaarsdagEerste dag van die jaar.
21 MaartMenseregtedag
Goeie VrydagVrydag voor Paasfees.
FamiliedagMaandag ná Paasfees.
27 AprilVryheidsdageerste demokratiese verkiesing]] in 1994.
1 MeiWerkersdag
16 JunieJeugdagDie dag van die 1976 Soweto-opstand.
9 AugustusNasionale Vrouedag
24 SeptemberErfenisdag
16 DesemberVersoeningsdagVoorheen Geloftedag of Dingaansdag.
25 DesemberKersdagDag na Kersdag.
26 DesemberWelwillendheidsdag
[wysig] Bronne


[wysig] Misdaad



  • Brandt, H.: Leben mit dem Verbrechen. In: DEG aktuell, Sonderausgabe 1/1998, S. 16-18
  • FAZ, DEG, Afrika-Verein, Safri, Deloitte & Touche: Investitionsführer Südliches Afrika. Frankfurt am Main 2000: F.A.Z-Institut für Management-, Markt- und Medieninformationen GmbH
  • Ulrich Jürgens: Alte und neue Disparitäten in Südafrika. In: Geographie und Schule, vol. 21, nommer 121, bladsye 20-29
  • Daniel D. Ntanda Nsereko: When Crime Crosses Borders. A Southern African Perspective. In: Journal of African Law, Vol. 41, nommer 2 (1997), bladsye 192-200
  • Martin Pabst: Südafrika. München 1997: C.H. Beck
  • SADC/EU (uitgewers): Regional Conference on Illicit Cross-Border Drug Trafficking (1995)

[wysig] Verwysings



    <LI id=cite_note-0>^ liportal.inwent.org: Suid-Afrika - Ekonomie
    <LI id=cite_note-mg-1>^ Overseas Security Advisory Council: South Africa 2007 Crime & Safety Report, besoek op 22 Februarie 2007
    <LI id=cite_note-2>^ Statistieke Suid-Afrika
    <LI id=cite_note-3>^ liportal.inwent.org: Suid-Afrika - Samelewing en kultuur [color:1732=#555](de)
  1. ^ Johannes Haape (red.): Südafrika. München: APA Publications 1997, bl. 89
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Suid-Afrika vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Redenaars Draad-
Spring na: