IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Afrikaanse drama verloor groot prys

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Afrikaanse drama verloor groot prys   Sun Jun 06, 2010 5:52 pm

2010-06-04 21:25


ANNA-RETHA BOUWER

PRETORIA
Die Nagtegaal-teksprys, wat die afgelope sewe jaar aan nuwe Afrikaanse dramatekste toegeken is, se vlerke is geknip.
Die stigters en organiseerders van hierdie prys, Dirk en Reinet Nagtegaal en Bev Maritz, het gister aangekondig dat die prys gestaak word.
Benewens ’n kontanttjek van R30?000 is pryswenners se wentekste tot volwaardige produksies geslyp en opgevoer. Volgens Dirk Nagtegaal was daar ook ’n verstandhouding met die nasionale kunstefeeste dat wentekste op die feesprogram sou wees.
Volgens hom was die beeïndiging van die prys nóg ’n skielike, nóg ’n maklike besluit.
“Omdat ons ook ’n produksiehuis op die been gebring het, het dit nie eties reg gevoel om aan die een kant ’n teksprys te oorhandig vir ’n produksie wat ons dan self op die planke bring nie.”
Nagtegaal het gesê dit was “absoluut ’n persoonlike besluit” om nie meer die prys toe te ken nie.
Hy het die hoop uitgespreek dat die beëindiging van die teksprys nie ’n leemte in die geledere van Afrikaanse drama sal laat nie en dat dramaturge sal aanhou om hul tekste vir sy produksiehuis te stuur.
“Ek het besef dat ons elke jaar met ’n paar rou tekste wat potensiaal getoon het, bly sit het wat onder die hand van ’n ervare dramaturg ontwikkel sou kon word, maar daar was nooit tyd daarvoor nie. Nou sal ons tekste op hierdie manier kan ontwikkel.”
Die einde van die teksprys is met hartseer en skok deur dramaturge en ander rolspelers in die teaterbedryf begroet.
Kobus Burger, programbestuurder van die Absa KKNK, het gesê die teksprys was ’n finansiële hupstoot vir skrywers.
“Kunstefeeste is altyd op soek na nuwe Afrikaanse dramas en skrywers- en tekspryse was die afgelope paar jaar ’n groot aansporing vir mense om te begin skryf,” het hy bygevoeg.
Hennie van Greunen, wat spelleiding verskaf het vir die suksesvolle Nagtegaal-tekspryswenner Die naaimasjienen ook op die Nagtegaal-beoordelaarspaneel was, het gesê dat dit “baie hartseer” is.
“Met die Sanlamprys vir Afrikaanse teater wat ook geval het, is daar nou ’n baie groot gat in die ontwikkeling van Afrikaanse dramatekste.”
Schalk Schoombee, wat twee keer op die kortlys van die Nagtegaal-teksprys was, het gesê die Nagtegaals het wonderlike werk vir Afrikaanse teater gedoen.
Draadwerkdeur Daleen Kruger is verlede jaar bekroon.



- Die Burger
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Afrikaanse drama verloor groot prys
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kuns en Kultuur-
Spring na: