IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 SA PLATTELAND 'N SLAGVELD- BRITSE MEDIA

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: SA PLATTELAND 'N SLAGVELD- BRITSE MEDIA   Sun May 30, 2010 5:14 pm

SA platteland is 'n slagveld, lees Britte

(05 April 2006 Londense Sunday Times)
www.news24.com/Beeld/Wereld/0,,3-71_1911140,00.html

Londen. - Suid-Afrika se platteland is besig om te ontaard in 'n slagveld waar amper 2 000 mense reeds vermoor is net omdat hulle wit boere is, het die The Sunday Times Magazine die afgelope naweek in 'n voorbladartikel berig.

Op die voorblad van die glanstydskrif wat elke Sondag saam met die Londense The Sunday Times versprei word, is 'n foto van die Hart-familie van Krugersdorp voor hul grasdakhuis saam met hul private veiligheidswag.

Die artikel begin met 'n reuse-foto van honderde kruise wat langs die pad naby Mokopane (Potgietersrus) geplant is met die woord "plaasmoorde" in die agtergrond. Die byskrif lui: "It is not the Somme, it is South Africa - and a memorial to nearly 2 000 white farmers murdered in the last ten years."

"Die motief is nie diefstal nie, ook nie grond nie, soos in Zimbabwe - maar weerwraak, aangevuur deur rassisme en afguns. En soos die moorde aangaan, doen die polisie niks nie." Die skrywer, Brian Moynahan, sê die buitewêreld is welbekend met Zimbabwe se situasie waar boere van hul plase verjaag en hul grond sonder vergoeding afgevat word.

Daarteenoor het Suid-Afrika 'n goeie grondhervormingsprogram waarmee die meeste mense, insluitend die wit boere, saamstem. Maar terwyl bitter min boere in Zimbabwe vermoor word, word honderde boere elke jaar in Suid-Afrika vermoor sonder dat die buitewêreld daarvan kennis neem. Volgens die artikel is daar mense wat glo dat jou kanse tien keer groter is om vermoor te word as jy op 'n plaas woon as op enige ander
plek in Suid-Afrika."Dit maak boerdery (in Suid-Afrika) die mees gevaarlike beroep in die
nie-militêre wêreld." Hy sê 'n besoek aan enige plaas in Suid- Afrika toon duidelik hoe
gevaarlik dit is.

Mnr. Werner en mev. Brigitte Wiedeck, wat naby Makhado (Louis Trichardt) in die noorde van Limpopo boer, vertel dat hulle al agt keer in drie jaar beroof is. Twee keer is hul aangerand, die ergste was verlede April "Hulle het 'n geweer teen my man se kop gedruk en hom vasgebind en my gemuilband met 'n serp," het mev. Wiedeck aan die Sunday Times vertel. "Toe het hulle my met 'n ysterpaal begin slaan. Hulle het reeds al ons geld gehad, maar het op meer aangedring. Ek het aan my eie bloed begin verstik. Ek het gemaak of ek dood is en hulle is weg." Sy het ernstige skeudelbreuke opgedoen en haar regteroog verloor. Die polisie het twee uur geneem om op te daag en het glad nie vir koeëlpunte, vingerafdrukke of spore gesoek nie. "Hulle het min of meer niks gedoen nie."

"Ek kan die misdaad aanvaar," sê mnr. Paul Hart van Krugersdorp, "maar ek kan nie die geweld wat daarmee saam gaan, hanteer nie." Luidens die artikel toon regeringsondersoeke dat die aanvalle geen definitiewe patroon het of politiek gemotiveer is nie. Hoewel die regering dus nie die aanvalle inspireer nie, kan talle kabinetsministers egter beskuldig word dat hulle nalatig is om die aanvalle te laat voortgaan, lui die artikel. Selfs pres. Thabo Mbeki sien nie die erns van die situasie in nie. Die koerant haal Mbeki aan wat sê wit mense het 'n "psigose van vrees oor hul oorlewing in 'n see van swart barbare" en dat hulle "verslaaf" is aan hul eie vrese. Dit is daarom dat boere in Suid-Afrika dit nie baie snaaks vind as adj.pres. Phumzile Mlambo-Ngcuka 'n grappie maak oor grondhervorming in Zimbabwe en die feit dat Suid-Afrika baie het om te leer by dié land nie.


Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
SA PLATTELAND 'N SLAGVELD- BRITSE MEDIA
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Plaasmoorde in SA-
Spring na: