IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 BP IN REGSGEDING OOR EKOLOGIESE STORTING

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: BP IN REGSGEDING OOR EKOLOGIESE STORTING   Sun May 30, 2010 12:05 am

BP het ekostelsel heeltemal vernietig’
2010-05-28 23:43


Elise Tempelhoff

Johannesburg-’n Regssentrum wat hom beywer vir die bewaring van bedreigde spesies gaan die brandstofreus BP (British Petroleum) hof toe vat omdat die oliebesoedeling in die Golf van Mexiko die habitat van bedreigde spesies in die see en vleilande verwoes het.

The Southern Environment Law Center (SELC) het Donderdagr met regstappe teen BP begin omdat die oliebesoedeling – wat steeds ná vyf weke uit die diepsee na die oppervlak borrel – die habitat van 32 bedreigde spesies vernietig het. Dit sluit in die spermwalvis en verskeie visspesies, asook seeskilpaaie.

Die SELC het in ’n verklaring gesê die chemikalieë wat BP in die rehabilitasieprojek gebruik ná die ontploffing van sy Deepwater Horizon-olieboor op 20 April steriliseer boonop die omgewing.

Volgens die SELC verbied die Amerikaanse omgewingswet die vernietiging van bedreigde spesies se habitat.

Mnr. Mike Senatore, visepresident van Defenders of Wildlife, ’n nie-rege- ringsorganisasie wat sy gewig agter SELC ingegooi het, het gesê BP moet tot verantwoording geroep word vir die ernstige bedreiging wat sy oliebesoedeling inhou vir die voortbestaan van seeskilpaaie, walvisse, seevoëls en ander wild weens die Deepwater-Horizon-ramp.

“Dis nie net die olie wat steeds uit die diepsee stroom wat die wild se voortbestaan bedreig nie, maar die chemikalieë wat BP gebruik om die gebied te probeer rehabiliteer, is dodelik,” het Senatore ­gesê.

Me. Catherine Wannemaker, ’n regsgeleerde by die SELC, het gesê hulle is bekommerd oor wat hulle by die kuslyn sien, “maar ons is nog meer bekommerd oor wat in die see, onder die oppervlak, gebeur. Hierdie is ’n onmeetbare ramp vir mens sowel as dier...BP het ’n hele ekostelsel verwoes en moet tot verantwoording geroep word.”

Mnr. David Nicholas, BP se woordvoerder in Londen, het per e-pos aan Die Burgergesê hulle wil geen kommentaar op die regstappe lewer nie.

Reuters berig die Deepwater-Horizon-ramp is nou groter as die Exxon Valdez-olieramp van 1989 toe 250 000 vate olie uit ’n olietenkskip aan die kus van Alaska gestort is.

- Die Burger

http://www.dieburger.com/Wereld/Nuus/BP-het-ekostelsel-heeltemal-vernietig-20100528
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
BP IN REGSGEDING OOR EKOLOGIESE STORTING
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: