IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 NOORWEE KLA OOR GROOTKOP MANJI

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: NOORWEE KLA OOR GROOTKOP MANJI   Thu May 27, 2010 10:58 pm

JIP- SO SAL DIE LIBERALE ONDERSTEUNERS EEN-NA-DIE ANDER HULLE ANC MAATJIES LEER KEN.



Noorweë kla oor ‘grootkop’-Manyi

Mei 27 2010 07:01 Jan de Lange Druk hierdie artikel | Stuur artikel via e-pos


Mnr. Tor Christian-Hilda, Noorse ambassadeur in Suid-Afrika, het ’n klagte by die regering ingedien teen mnr. Jimmy Manyi, direkteur-generaal (DG) van arbeid, omdat Manyi tydens ’n amptelike ontmoeting private sakebelange probeer bevorder het.

Die ambassadeur wou op die vergadering hulp van die Noorse regering aanbied vir werkskeppingsprojekte in Suid-Afrika, maar Manyi het nie daarin belang gestel nie. Hy wou liewer ’n transaksieknoper wees vir private beleggers, terwyl hy hulle as ’n DG van arbeid in dié hoedanigheid te woord moes gestaan het.

Manyi verduur reeds maande lank kwaai kritiek oor die belangekonflikte wat voortspruit uit sy amp in die regering terwyl hy verseg om sy amp as president van die Black Management Forum (BMF) neer te lê.

Hy het vandeesweek dié kritiek verwerp en gesê sy kop is groot genoeg vir al twee hoede. Die BMF is ’n suiwer sake-organisasie in die private sektor wat by Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa) geaffilieer is.

Manyi het gister in reaksie op die klagte van die ambassade gesê hy het bloot aangebied om Noorse maatskappye te help met transaksies vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB).

Sake24 het vasgestel dat Christian-Hilda en sy twee mees senior ambassade-amptenare, mee. Ingrid Hkjolaas en May Elen Stener, Manyi op 2?Maart vanjaar in sy kantoor in Laboria-huis in Pretoria gaan spreek het.

Hulle was ná die vergadering bitter ontsteld oor Manyi se voorstelle en sy gebrek aan belangstelling in wat hulle te sê gehad het.

Die ambassadeur het ’n paar dae later besluit om sy misnoeë uit te spreek in ’n diplomatieke nota aan me. Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking. Hy noem daarin dat Manyi se gedrag vir hulle onaanvaarbaar is en vra ’n alternatiewe manier om met die regering oor arbeidsake kontak te maak.

Nkoana-Mashabane is vandeesweek saam met pres. Jacob Zuma op ’n ampsbesoek aan Algerië en Turkye en kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Mnr. Membathisi Mdladlana, minister van arbeid, was in ’n kabinetsvergadering, maar het deur sy persoonlike assistent, mnr. Nzobanzi Jikazana, aan Sake24 gesê hy het ’n afskrif van die nota ontvang. Hy het dit ook reeds met Manyi bespreek.

“Die DG het ontken dat hy onbehoorlik opgetree het. Die minister sê egter hy gaan by die waarheid hieroor uitkom. Hy is besig om ’n afspraak met die ambassadeur te reël,” het hy gesê.

Christian-Hilda het aan Sake24 gesê hy en sy amptenare wou gaan kennis maak met Manyi, wat in Augustus verlede jaar DG geword het. “Ons wou onder meer met hom gesels omdat Noorweë regstreeks betrokke is by die menswaardige-werkskeppingsprogram (Decent Work Programme) van die Internasionale Arbeidsorganisasie in Suider-Afrika.

“Ons wou ook met hom gesels oor ’n groep Noorse parlementslede wat met arbeidsaangeleenthede gemoeid is en wat Suider-Afrika in September vanjaar kom besoek. Hulle kom onder meer om die vordering met die menswaardige-werkskeppingsprogram te sien,” het Christian-Hilda gesê.

Hy wou hom nie uitlaat oor wat in die gesprek gebeur het nie.

Manyi het gister gesê hy het bloot aangebied “om ’n voorlegging aan Noorse maatskappye te doen oor hoe om SEB toe te pas wanneer hulle in Suid-Afrika kom sake doen”.

“Dit was ’n ontmoet-en-groet-vergadering om met die nuwe ambassadeur kennis te maak,” het hy gesê.

Christian-Hilda het egter reeds in September 2007 Noorweë se ambassadeur in Suid-Afrika geword. Manyi was uit die veld geslaan toe Sake24 hom daarop wys dat die Nore hom wou ontmoet omdat hy (Manyi) die nuwe DG van arbeid is.

Manyi was gister ook heeltemal onbewus van die komende besoek deur Noorse parlementslede. “Ek kan nie daardie besonderhede van ons gesprek onthou nie,” het hy gesê.

Volgens hom gaan die menswaardige-werkskeppingsprogram daaroor om Noorse maatskappye in Suid-Afrika te laat “huis opsit” en só werk te skep.

“Maar voordat hulle dit kan doen, moet hulle geloofwaardige SEB-transaksies sluit. Daarvoor het hulle SEB-vennote nodig.

“Ek het baie ervaring daarvan deur my ondervinding in die BMF. Ek doen gereeld sulke voorleggings. Ek het trouens twee dae gelede só ’n voorlegging aan die nasionale bemagtigingsfonds (NEF) gedoen,” het Manyi gesê.



http://www.sake24.com/Algemene_Sakenuus/Noorwe%C3%AB-kla-oor-grootkopManyi-20100527
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
NOORWEE KLA OOR GROOTKOP MANJI
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: